Author Topic: maak my bitjie kwaai  (Read 3903 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
maak my bitjie kwaai
« on: August 16, 2011, 10:48:55 PM »
So ek weet dit is tien teen een ietsie simpel om oor so geïrriteerd te voel... maar ek wil die plot sommer heeltemal verloor wanneer iemand lelik kou, of praat met kos in hul mond of as ek hulle kan hoor kou.  Veral as ek weet dit het nou al 'n stupid koutjie geword want wie sit en kou aan 'n stukkie lemoen vir 10minute lank.  Ek hou darem myself in en freak nie uit op die mense nie, maar goeie genugtig ek wil moord pleeg.....
*The one and only AWESOME-EST


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: maak my bitjie kwaai
« Reply #1 on: August 17, 2011, 06:35:50 AM »
Smile.. ja nee, dit is maar 'n sakie wat jy of doen of nie. Dit is nou om met 'n toe mond te kou en eers te sluk voor jy praat.
Ek sit nou die dag in die klas langs 'n dame wat kougomk kou dat die borreltjies bars en kort-kort op haar selfoon check of sy nie dalk 'n sms ontvang het nie.
Ek was hoogs ge-irriteerd en kon my aandag glad nie by die ou voor by die bord bepaal nie.
Sy het ook baie gegiggel en hard met haar vriendin langs haar gepraat so tussen die antwoorde en vrae.
Anyway, ek dwaal af. Maar kougom kou met 'n oopmond dat die borreltjies bars... 'n besliste no no.
Miskien moet ons nie dat die goed ons spasie opvat wat vir mooi gedagtes kon gevul wees nie, of meer aandag gee aan die facilitator voor by die bord... giggles.
My seun se juis ek moet alles wat my irriteer neerskryf en dit sal beslis 'n boek word. Nou nie juis 'n pluimpie vir my nie.
Dit het my bietjie laat dink.

Mooi dag vir jou.
Laat jou sonstraaltjies skyn, Chichi.
elle

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: maak my bitjie kwaai
« Reply #2 on: August 18, 2011, 01:08:43 AM »
Baie dankie Angelica :)

Daar is baie dinge wat my ook irriteer, die is net een van hulle wat ek net moet vasbut en aan die sonnetjie buite of die pragtige sterretjies moet dink!

LoL ek kan dink hoe frustrerend dit is! urgh ek het mense soos dit gehad in chemie 3 op universiteit, weet eerstens nie hoe hulle daar uitgekom het nie, jy moet eers 'n paar ander chemies geslaag het onder andere.  En hulle trek mens se aandag so verskriklik baie af dat jy net sowel kon laat slaap want wie is nou eintlik lus vir chemie vir 2 ure eerste ding op 'n maandag oggend.

Ek is gewoonlik bietjie vriendeliker en minder kwaai :) so my gedagtetjies is ook maar meer aan die mooi kant :)
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: maak my bitjie kwaai
« Reply #3 on: August 18, 2011, 06:15:35 AM »
Ons moes as kinders kougom skelm kou, want my ma het dit net nie toegelaat nie.  Soos wat dit is, het ek dit ook nie in my huis toegelaat nie.  Dit is taboe!  Oop"bek" kou en met 'n mond vol kos praat?  Burp en poep in 'n geselskap?  Handgemeen raak?  Ag nee, waar val hulle uit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: maak my bitjie kwaai
« Reply #4 on: August 18, 2011, 10:56:38 PM »
hehe ek moet se ek het nogal issues wanneer dit kom by mense wat nie maniere het nie!
*The one and only AWESOME-EST