Author Topic: Die 12de Augustus se funksie.  (Read 8682 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die 12de Augustus se funksie.
« on: August 14, 2011, 11:22:11 AM »
Vrydagaand was een van daardie aande wat 'n mens nie ligweg sal vergeet nie.  Nog 'n bietjie wankelrig, maar ek glo met tyd sal ons dit vervolmaak.
Natalie het weer haar "gewigtige" klankstelsel gebring, alles opgestel en die grootste gedeelte van die aand gesorg dat daar aan almal se musiekbehoeftes voldoen word. 
Natalie,  jy is 'n ou doring en ek en Hannes waardeer jou moeite uit ons harte uit.  Baie dankie.  Sonder jou inset sou dit nie dieselfde gewees het nie. 
Ons het 'n wye verskydenheid gaste gehad, tot 'n klein-klein mannetjie wat nie sy bewondering vir die kitare kon demp nie.
Ons was Vrydagaand so bevoorreg om deur die Visser mans, Pa Johann en  en twee seuns, Jacques
en Jaun, vergas te word.  Hou maar hierdie twee seuns dop hoor, hulle gaan dit nog ver bring.  Twee seuns om op trots te wees!  'n Ouerpaar waarop die seuns ook trots kan wees.  Dit moet wonderlik wees om soveel liefde en aandag aan twee seuns te gee met sulke pragtige resultate.  Johann self sing 'n bars hou!
Anthony en Timothy het ons vasgenael gehad met hul bydraes en Chrisman (verskoon as ek sy naam verkeerd spel) met sy "hung" en kitaar begeleiding was 'n treffer. 
Hiermee wil ek net graag almal wat teenwoordig was hartlik bedank vir hul bydraes om 'n onvergeetlike aand te maak.
Ons maak weer so! 
Ek het julle ander wat so ver woon gemis hoor.  Wens julle kon ook hier wees.   :love7:

 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die 12de Augustus se funksie.
« Reply #1 on: August 15, 2011, 11:33:42 AM »
Goeie more all forumers

Moet sê Vrydagaand was vir my besonders. Weereens PM 'n groot dankie aan jou en Hannes wat jul plek so ruim beskikbaar stel. Ek waardeer dit opreg. 'n CD van die verrigtinge sou natuurlik die aand verder onvergeetlik maak maar nou ja ...... Ek dink ampers ek het so 'n opname program op my rekenaar, ek sal kyk en dan sal dit sommer net klopdisselboom gaan met die volgende geleentheid.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die 12de Augustus se funksie.
« Reply #2 on: August 15, 2011, 03:18:04 PM »
O ja en ons moet 'n datum vasstel. 
Ek het die aand baie geniet Natalie.  Wens ons het genoeg geld gehad om sulke parmantige toerusting soos joune aan te skaf.  Dit is so 'n shlep om alles uit te laai en weer in te laai.  Ek kry jou jammer om alles alleen by die huis in te laai en weer daar uit te laai.  Volgende keer doen ons dit in die sitkamer.  Soos jy sê, dit is ruimer daar. 
Johann-hulle het ook 'n uitstekende plan met 'n piekniekmantjie, of wat seg u mevrou?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die 12de Augustus se funksie.
« Reply #3 on: August 16, 2011, 09:45:49 AM »
what a great idea. dan moet elkeen sy/haar eie versnapperinge inpak. my seun sê ek het 'n recording progam op (behringer) en ek sal dit uittoets dan weet ons vir die volgende funksies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die 12de Augustus se funksie.
« Reply #4 on: August 16, 2011, 02:06:12 PM »
Ons doen dit dan so. 
Volgende keer pak elke ou sy eie mandjie.
Ons moet kyk na die 8ste Oktober.  Dit sal dalk ook beter wees as ons dit op 'n Saterdagmiddag hou.  As ons so teen 4uur kan begin? 
Om te weet is om te verstaan.