Die Klaskamer > Taal Definisies

Homofoon

(1/3) > >>

PM:
Homofoon:
‘n Homofoon is ‘n woord wat dieselfde klink as ‘n ander woord,  maar soms anders gespel word en ook ‘n ander betekenis het. 

Byvoorbeeld:
Bod – iemand bied ‘n som geld aan vir ‘n artikel op ‘n veiling.
Bot – die bome bot.  (Spruit uit)
Bot – die persoon is kortaf en onbeleef.

Meraai vannie Baai:
Trippel ek van woordgenot by die erfie van jou PM! Hierdie woorde sal ook nie maklik as spelfoute herken word deur 'n woordmeule/speltoetser nie indien die verkeerde woord gebruik was nie.

Ingespan in versvorm, kan dit in vraestelle/oefeninge 'opgedis' word vir die jong leerling waar hulle dan die woorde moet vervang soos vereis word in die betrokke sinsgebruik. Hier is 'n voorbeeld:

Piet Skiet was 'n goeie skud
en as hy so end gaan rei
met die faal velt viets,
spring daar fier ryers
soos 'n peil uit 'n boog
in die vlaktes, langs die vly

Die biere aan die oorkant van die rand
se siviele ys in die hof, oor loot in 'n bout
het die regter met sy gestyfde boortjie,
spontaan laat skut van die lag.

Homofone gebruik:
Skut/skud
ent/end
rei/ry
vaal/faal
vier/fier
fiets/viets
peil/pyl
vlei/vly
biere/bure
rand/rant
ys/eis
boortjie/boordjie
loot/lood
bout/boud

PM:
Pragtige bydrae,  dankie Raaitjie!  Ek verkies om nie hierdie goed te lees nie, want more weet ek nie meer watter woord beteken wat en hoe spel 'n mens dit nie.   :sign10:

Baie dankie.   :love7:

Jeannedarc:
Meraai

Jissie ek het nou bietjie geskrik - ek wou nou vir jou sê "kan jy nie spel nie" toe sien ek wat jy gedoen het. Great

Naas:
En al die tyd dag ek 'n homofoon is 'n spesiale Nokia vir 'n man met knypboutjies. 'n Nokihom.



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version