Author Topic: Ek kan nie meer inteken nie  (Read 10300 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #15 on: August 11, 2011, 07:40:09 PM »
Ek verstaan ten volle, Naas, dankie. Maar nou is ek klaar met Woes.
Dit is maar soos ek is.  Kan nogal skoon breek as ek moet of wil.
Dit sal naief wees om te se dat iemand oor daardie skrywes van my sal liries raak.
Nee, dis verby en ek is bly ek het die guts bymekaar geskraap om die fluitjie te blaas.
Nou kan dit uit borrel en skoon kom.
Met Barend se nuwe vraelys oor wat kan gedoen word om Woes beter te maak, hoop ek dit realiseer en dat almal wat nou daar is en diegene wat ontevrede, en kwaad, was, kan net nog beter doen en sukses as skrywers wees.
Ek sal nou hier op die Forum probeer om beter te doen as op Woes.
En wie weet, dalk word ons almal nog hengse skrywer-celebs as die grotes ons Boek onder hande kry.
En PM, dankie vir die geleentheid om my eie beskeie skryfsels in 'n boek te sien.
elle

AT Strydom

  • Guest
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #16 on: August 14, 2011, 11:27:00 AM »
Wat sal gebeur as 'n mens jou Woes-werke weer hier publiseer en in 'n boek publiseer of aan 'n tydskrif gee.  Sekerlik sal 'n mens nie gedagvaar kan word omdat jy jou eie werke (her)gebruik nie?

Miskien moet 'n mens so 'n "toets"-saak begin.  Angelica, is jy nie die prokureer van die Forum nie? Kan jy verduidelik wat dan sal gebeur?


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #17 on: August 14, 2011, 04:03:59 PM »
Ek weet min van kopie reg en daai goed maar ek meen dis mos in elk geval jou werk? en ek sien woes is so stil deesdae, veronderstel woes maak toe, wat dan? wie se goed is dit wat jy daar plaas dan jou eie nog of niemand sin of almal sin?

Wat daarvan as jy aan die begin jou goed plaas op 3 verskillende forums soos ek met my fotos maak? Wie kan almal aanspraak maak op jou goed?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #18 on: August 14, 2011, 04:40:03 PM »
AT, nee, ek is nie die prokureur nie. Weet nie hoe jy daarby uitkom nie... giggles. Ek is maar net die een wat die bye-nes geroer het: kon nie/wou nie langer stilbly oor wat ek weet nie. Nee, ons sal maar iemand moet vra wat WEET. Elk geval, dit is jou eiendom reg van die begin af en jy kan met jou eiendom maak wat jy wil. Tensy PM vir jou se dat jy nie mag nie, dink ek jy mag seker maar.
Kan iemand vir ons asseblief die regte ding uitvind of laat weet as jy weet.
Behoort goeie inligting te wees.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #19 on: August 14, 2011, 05:06:46 PM »
AT, Natalie  is ons prokureur.   :icon_biggrin:
As iemand jou werk by jou gekoop het en daarvoor betaal het, dan is dit sy wettige eiendom.  Woes, en die Die Afrikaanse Forum, stel dit uitdruklik dat almal hul kopiereg behou. 
Toe ek die Afrikaanse leesprogram ontwikkel het,  is daar skrywers wat my gehelp het met hier en daar 'n storie.  Hulle is betaal vir hulle werk en het 'n dokument onderteken dat hulle kopiereg afstaan,  nog,  ek sal nie daardie mense se werk gebruik sonder om net weer toestemming te vra nie en ek belowe jou, as ek geld maak in die proses sal ek hul deel uitbetaal. 
Soos ek verstaan het Woes gesê dat hierdie afgelope kompetisie se werk wat gepubliseer word, nie meer die skrywer daarvan se eiendom sal wees nie.  Dus,  die wenners is hul werk kwyt as dit gepubliseer word en as hulle 'n dokument onderteken het dat hulle kopiereg oordra.  Sonder dit, dink ek nie iemand staan 'n kans om jou werk te gebruik nie.  Ek praat onder korreksie,  maar ek glo nie een van die Woesters se werk het gewen nie.  Ek het verlede week op al die wenners se profielblaaie probeer ingaan en daar is nie een aktiewe lid nie. 

Lox, niemand kan aanspraak maak op jou werk nie.  Dit is joune en ek voel steeds, hoe meer plekke 'n mens dit plaas hoe meer blootstelling kry jy. 

AT, 'n tydskrif koop jou werk by jou en dan teken jy ook 'n dokument dat jy kopiereg afstaan.  Tensy jy dit gratis gee en jou kopiereg behou.

Ons prokureur kan nou kom lees en sê waar ek die bal mis slaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #20 on: August 15, 2011, 05:47:02 AM »
Dankie PM vir al die inligting. En jy het sommer vrae beantwoord wat nie gevra is nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #21 on: August 15, 2011, 07:29:54 AM »
Ek hoop dit is reg Elle.  Dit is belangrik vir ouens wat hul kopiereg wil behou, om deeglik na die voorwaardes te kyk, voordat hulle hul werk iewers plaas.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #22 on: August 15, 2011, 10:04:51 AM »
 :hello:

Jammer, ek sê nou eers weer iets- is bietjie siek.

Ek kon toe darem weer later inteken en afhaal. Dit lyk my dit is dus 'n veiligheidsmeganisme. So jammer oor my aantyging.

Dankie PM oor die kopiereg inligting.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #23 on: August 15, 2011, 10:38:29 AM »
Jammer om te hoor jy voel nie so goed nie.  Hoop dit gaan sommer gou stukke beter met jou Fransi.

Die inligting is my plesier en daar is baie ouens wat 'n groot bohaai gaan opskop het oor dieselfde ding.  Lyk my die verstelling is net verstel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #24 on: August 25, 2011, 08:15:30 AM »
 :hello:

Baie dankie PM- ek dink dit was dalk nie net my bloedruk wat ge-eb het nie, maar my yster ook. Voel baie beter en kan weer heerlik swaai sonder om hoenderkop te word.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #25 on: August 25, 2011, 08:23:22 AM »
Dit is goeie nuus meisiekind.  Ek is bly jy voel weer "gatskoplekker".  Was bekommerd omdat jy so stil was.

Ek het so pas 'n inbetaling van R160.00 van jou ontvang Fransi, baie dankie.  Lig my in vir wat dit is asseblief.
Jou werk moet nog na Henk toe gestuur word.  grafies@afrikaanseforum.co.za  As hy die kunswerk moet doen vra hy R20.00 per bladsy wat ook in die Afr. Forumrekening inbetaal moet word. 
 
Henk het al 132 bladsye in die boek en almal dink dit lyk baie goed.

 :love7:  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.