Author Topic: Ek kan nie meer inteken nie  (Read 10297 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Ek kan nie meer inteken nie
« on: August 09, 2011, 10:01:38 AM »
Waarskuwing: Ek is l.u.n by Woes. Na aanleiding van die afgelope gebeure daar het ek kommentaar gelewer dat ek klaar is met Woes. Ek het begin om van my werk te verwyder- daar was o.a. in die 90 gedigte wat ek daar geplaas het. Terwyl ek daarmee besig was het ek ewe skielik 'n boodskap gekry dat ek 'n funksie probeer wat slegs 'n lid kan doen- ek het toe weer probeer inteken, sodat ek die res van my werk kon verwyder, maar ek het nie meer toegang tot my eie blad of werk nie. Ek kan dit lees, maar nie verwyder ens. nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #1 on: August 09, 2011, 10:44:30 AM »
Dinge lyk sleg daar by Woes Fransi.  Die ouens is kwaad en dit lyk nou vir my asof dit nie gaan verbeter nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #2 on: August 09, 2011, 10:54:23 AM »
 :hello:

Ja, daar word op die oomblik baie karakter-skending gepleeg- die dat ek besluit het om maar te gaan. My man sê dat die wagwoorde ens. dalk 'n veiligheids-ietsie kan hê wat 'n mens tydelik verban indien abnormale gedrag (soos werk wat die een na die ander verwyder word) opgemerk word. Ek het nou al sewentien keer probeer inteken- sonder sukses. Indien my man reg is, sal ek dit so 'n paar dae gee en dan die res van my werk verwyder. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #3 on: August 09, 2011, 10:59:56 AM »
Is jy 'n premiumlid Fransi?  Ek sien 'n hele paar van die ouens het hulle werk reeds verwyder.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #4 on: August 09, 2011, 11:26:13 AM »
 :hello:

Ja, ek is premium. Ek was juis besig om van my werk te verwyder, toe ek die volgende oomblik die boodskap kry dat ek nou 'n funksie probeer doen wat slegs 'n lid voor toegang het. Ek het daarna weer probeer inteken en inteken en inteken, maar dit bly vir my dieselfde boodskap gee.
So ek sal dit nou maar eers 'n blaaskansie gee en kyk of my "verbanning" slegs tydelik is en ek wel later weer toegang sal hê om die res van my werk te gaan verwyder.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #5 on: August 09, 2011, 11:31:43 AM »
Ek ruik 'n muishond.   :dontknow:

Miskien moet jy 'n briefie skryf en hoor wat die probleem is?  As jy 'n antwoord kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #6 on: August 09, 2011, 05:11:41 PM »
Ek wonder of dieselfde sal gebeur as ek bv my werk afhaal. Ek het nêrens gesê dat ek klaar is met woes nie, al is ek lankal klaar met hom.  Willem beweeg nou op dun ys. Daar gaan nog groot drama kom.  Dalk moet mens by MCE hoor of sy dieselfde ondervind.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #7 on: August 10, 2011, 06:16:32 AM »
Sterstof het ook gegroet.  Dit sal interessant wees om te hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #8 on: August 10, 2011, 03:32:13 PM »
Ek het met MCE gesels.  Daar het van haar kommentare en goed op geheimsinnige manier verdwyn.  Sy dink ons word dopgehou en dat dit wel moontlik kan wees.  Pateties as julle my vra. 

Ek het gisteraand my kinderverhale verwyder en twee kortverhale.  Ek kan darem nog inteken. 

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #9 on: August 10, 2011, 07:59:49 PM »
Die eerste keer dat PM se kommentaar verdwyn het, was toe ek die spreekwoordelike fluitjie geblaas het met die De Kat storie.
Ek het op 'n ad in De Kat afgekom waarin hulle hul lesers vra om te registreer vir die beoordeling van ons Woes inskrywings vir die kompetisie. Ek het egter eers verlede week daarmee vorendag gekom.
Toe ek dit noem, was Willem onmiddelik by om die kommentaar daarna te verwyk en weer daarna is van MCE se kommentaar net verwyder.
Die feit dat Willem nie die name van die beoordelaars kan/wil bekend maak nie, is die hoofrede waarom daar baie onenigheid en kwade gevoelens is op Woes. Ons het gevoel hy steek dinge weg, ag ons nie waardig nie, ens ens.
Die wen-gedig is ook blykbaar nie waffers nie en niks beter as ons ou Woesters s'n.
Ek is soos 'n idioot behandel gedurende die kompetisie asook voorheen deur soms ge-ignoreer te word of snedig ge-antwoord is.
Daar is baie vrae wat nie be-antwoord word deur Willem aan ons skrywers nie.

Ek kon ook nie my profiel en skrywes verwyder nie en het Willem gevra waarom dit so moeilike of onmoontlik is om te verwyder maar het ook nie 'n antwoord gekry nie. Ek moes deur admin@woes.co.za gaan en dit is uiteindelik verwyder. Ek het aangedring op 'n reply waarin Mandie toe vir my gese het dat dit verwyder is.

Ons wys as statistiek alhoewel ons dormant is.
Die statistieke word gebruik om nuwe borge / adverteerders te kry.
Ongeveer die helfte van die lede-statistiek is dormant en kan maar net sowel verwyder word.

Dit is jammer dat dit moes gebeur, maar aan die ander kant is dit goed.
Kompetisies sal nou baie beter aangebied word.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #10 on: August 10, 2011, 08:22:23 PM »
Mense, mense, mense. Jy kan nie jou werk van Woes af verwyder nie.
Wanneer jy jou werk verwyder raak dit net weg insoverre dat dit nie meer beskikbaar is om te lees nie. Dit bly egter op die Woes webblad se geheue. Jy het dan weer die opsie om die werk wat jy afgehaal het terug te plaas vanuit hierdie databasis.




Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #11 on: August 10, 2011, 08:36:59 PM »
Ek is so O-vol vir woes, ek gaan plak sommer weer my hygstorie terug - net om 'n paar anties en omies na hulle vlugsout te laat gryp.  Flippet!  Party wiele is groot en draai stadig, ander is klein en draai vinnig.  Kom ons hoop maar dis 'n wiel wat iewers gaan draai.  Intussen moet ons maar net onthou om nie te vergeet nie.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #12 on: August 11, 2011, 06:08:29 AM »
My e-pos hieronder moet lees 'MCE' en nie 'PM'.  Jammer.
Naas, ek het alles self gestoor.
Dit bly natuurlik my eiendom wat op hul server le en ek het dit ook so vir die Admin Afdeling laat verstaan.

En daarmee wuif ek totsiens aan alles wat na Woes ruik.
 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #13 on: August 11, 2011, 06:48:42 AM »
Angelica, jy verstaan my verkeerd.
Jy kan en mag maar jou werk verwyder en self stoor maar dit is onmoontlik om dit van die Woes databasis te verwyder. Dit bly daar en bly deel van hul statistiek al kan dit nie meer gelees word nie.
Daarom is daar 'n opsie om dit te "ontskrap" as jy besluit om dit terug te sit.
Jou werk is dus nooit weer regtig joune nie.
Ek plaas niks, NIKS meer daar nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #14 on: August 11, 2011, 07:16:13 AM »
Ek verstaan dat daar baie onenigheid was oor die kopieregkwessie.  Ek sal net graag wil weet hoekom mense wil geld maak uit 'n ander se werk.  Kyk na ons boek, elke ou gee toestemming dat dit gepubliseer word, elke deelnemer koop 'n boek aan teen kosprys en verkoop dit dan self teen 'n wins.  Al die skrywers behou hul kopiereg.  As jy later weer 'n boek wil uitgee of iemand anders wil jou werk publiseer,  hoekom nie,  of is ek net "plain commen en stupid"?  Hoekom sal iemand jou werk wil opeis?   :dontknow:

As jou werk oor en oor gelees word mag jy dalk net bekend raak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #15 on: August 11, 2011, 07:40:09 PM »
Ek verstaan ten volle, Naas, dankie. Maar nou is ek klaar met Woes.
Dit is maar soos ek is.  Kan nogal skoon breek as ek moet of wil.
Dit sal naief wees om te se dat iemand oor daardie skrywes van my sal liries raak.
Nee, dis verby en ek is bly ek het die guts bymekaar geskraap om die fluitjie te blaas.
Nou kan dit uit borrel en skoon kom.
Met Barend se nuwe vraelys oor wat kan gedoen word om Woes beter te maak, hoop ek dit realiseer en dat almal wat nou daar is en diegene wat ontevrede, en kwaad, was, kan net nog beter doen en sukses as skrywers wees.
Ek sal nou hier op die Forum probeer om beter te doen as op Woes.
En wie weet, dalk word ons almal nog hengse skrywer-celebs as die grotes ons Boek onder hande kry.
En PM, dankie vir die geleentheid om my eie beskeie skryfsels in 'n boek te sien.
elle

AT Strydom

  • Guest
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #16 on: August 14, 2011, 11:27:00 AM »
Wat sal gebeur as 'n mens jou Woes-werke weer hier publiseer en in 'n boek publiseer of aan 'n tydskrif gee.  Sekerlik sal 'n mens nie gedagvaar kan word omdat jy jou eie werke (her)gebruik nie?

Miskien moet 'n mens so 'n "toets"-saak begin.  Angelica, is jy nie die prokureer van die Forum nie? Kan jy verduidelik wat dan sal gebeur?


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #17 on: August 14, 2011, 04:03:59 PM »
Ek weet min van kopie reg en daai goed maar ek meen dis mos in elk geval jou werk? en ek sien woes is so stil deesdae, veronderstel woes maak toe, wat dan? wie se goed is dit wat jy daar plaas dan jou eie nog of niemand sin of almal sin?

Wat daarvan as jy aan die begin jou goed plaas op 3 verskillende forums soos ek met my fotos maak? Wie kan almal aanspraak maak op jou goed?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #18 on: August 14, 2011, 04:40:03 PM »
AT, nee, ek is nie die prokureur nie. Weet nie hoe jy daarby uitkom nie... giggles. Ek is maar net die een wat die bye-nes geroer het: kon nie/wou nie langer stilbly oor wat ek weet nie. Nee, ons sal maar iemand moet vra wat WEET. Elk geval, dit is jou eiendom reg van die begin af en jy kan met jou eiendom maak wat jy wil. Tensy PM vir jou se dat jy nie mag nie, dink ek jy mag seker maar.
Kan iemand vir ons asseblief die regte ding uitvind of laat weet as jy weet.
Behoort goeie inligting te wees.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #19 on: August 14, 2011, 05:06:46 PM »
AT, Natalie  is ons prokureur.   :icon_biggrin:
As iemand jou werk by jou gekoop het en daarvoor betaal het, dan is dit sy wettige eiendom.  Woes, en die Die Afrikaanse Forum, stel dit uitdruklik dat almal hul kopiereg behou. 
Toe ek die Afrikaanse leesprogram ontwikkel het,  is daar skrywers wat my gehelp het met hier en daar 'n storie.  Hulle is betaal vir hulle werk en het 'n dokument onderteken dat hulle kopiereg afstaan,  nog,  ek sal nie daardie mense se werk gebruik sonder om net weer toestemming te vra nie en ek belowe jou, as ek geld maak in die proses sal ek hul deel uitbetaal. 
Soos ek verstaan het Woes gesê dat hierdie afgelope kompetisie se werk wat gepubliseer word, nie meer die skrywer daarvan se eiendom sal wees nie.  Dus,  die wenners is hul werk kwyt as dit gepubliseer word en as hulle 'n dokument onderteken het dat hulle kopiereg oordra.  Sonder dit, dink ek nie iemand staan 'n kans om jou werk te gebruik nie.  Ek praat onder korreksie,  maar ek glo nie een van die Woesters se werk het gewen nie.  Ek het verlede week op al die wenners se profielblaaie probeer ingaan en daar is nie een aktiewe lid nie. 

Lox, niemand kan aanspraak maak op jou werk nie.  Dit is joune en ek voel steeds, hoe meer plekke 'n mens dit plaas hoe meer blootstelling kry jy. 

AT, 'n tydskrif koop jou werk by jou en dan teken jy ook 'n dokument dat jy kopiereg afstaan.  Tensy jy dit gratis gee en jou kopiereg behou.

Ons prokureur kan nou kom lees en sê waar ek die bal mis slaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #20 on: August 15, 2011, 05:47:02 AM »
Dankie PM vir al die inligting. En jy het sommer vrae beantwoord wat nie gevra is nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #21 on: August 15, 2011, 07:29:54 AM »
Ek hoop dit is reg Elle.  Dit is belangrik vir ouens wat hul kopiereg wil behou, om deeglik na die voorwaardes te kyk, voordat hulle hul werk iewers plaas.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #22 on: August 15, 2011, 10:04:51 AM »
 :hello:

Jammer, ek sê nou eers weer iets- is bietjie siek.

Ek kon toe darem weer later inteken en afhaal. Dit lyk my dit is dus 'n veiligheidsmeganisme. So jammer oor my aantyging.

Dankie PM oor die kopiereg inligting.




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #23 on: August 15, 2011, 10:38:29 AM »
Jammer om te hoor jy voel nie so goed nie.  Hoop dit gaan sommer gou stukke beter met jou Fransi.

Die inligting is my plesier en daar is baie ouens wat 'n groot bohaai gaan opskop het oor dieselfde ding.  Lyk my die verstelling is net verstel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #24 on: August 25, 2011, 08:15:30 AM »
 :hello:

Baie dankie PM- ek dink dit was dalk nie net my bloedruk wat ge-eb het nie, maar my yster ook. Voel baie beter en kan weer heerlik swaai sonder om hoenderkop te word.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kan nie meer inteken nie
« Reply #25 on: August 25, 2011, 08:23:22 AM »
Dit is goeie nuus meisiekind.  Ek is bly jy voel weer "gatskoplekker".  Was bekommerd omdat jy so stil was.

Ek het so pas 'n inbetaling van R160.00 van jou ontvang Fransi, baie dankie.  Lig my in vir wat dit is asseblief.
Jou werk moet nog na Henk toe gestuur word.  grafies@afrikaanseforum.co.za  As hy die kunswerk moet doen vra hy R20.00 per bladsy wat ook in die Afr. Forumrekening inbetaal moet word. 
 
Henk het al 132 bladsye in die boek en almal dink dit lyk baie goed.

 :love7:  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.