Author Topic: Renosters en tenders  (Read 4560 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Renosters en tenders
« on: August 08, 2011, 10:34:39 AM »
Ek is nou so ontsteld, so kinderlik ongelukkig.

Deel van my werk is om o.a. moontlike IT tenders onder my baas se aandag te bring.

Vanoggend het ek die volgende tender raakgelees: Proposals are hereby invited to Undertake a feasibility study to determine the viability of the legalisation of the trade in rhino horn in South Africa.

Ek kan nie glo dat daar so 'n tender uit is nie.

Hoe voel julle daaroor?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Renosters en tenders
« Reply #1 on: August 08, 2011, 10:55:28 AM »
Daar is altyd twee kante, en altwee is vol bloed.
Ek is hewig teen die uitroei van lewe op die planeet... Renoster, olifant, perlemoen ens. Ongelukkig gaan dit nie stop nie maar eerder erger raak omdat daar altyd geld by betrokke is. Hoe gevaarliker en skaarser, hoe meer wins hoe meer skelms wat uitroei en moor. En as hul gevang word... dan beroep hul hulself op hul wetlike menseregte en word nie gestraf soos hul dit verdien nie.
Tonne perlemoen, renosterhoring, olifanttande ens word gekonfiskeer wanneer die skelms gevang word. Dit is egter net die punt van die ysberg want daar is nie genoeg geld om behoorlike polisiering toe te pas nie. Die laaste perlemoen saak het vier jaar se bymekaarmaak van getuienis gekos om te verseker die skelms kom nie weg daarmee nie. Intussen is letterlik tonne perlemoen vernietig en vekoop (onwettig)
Wat word van die "Tonne perlemoen, renosterhoring, olifanttande ens word gekonfiskeer wanneer die skelms gevang word." Dit word vernietig deur dit te verbrand.
Daarom se ek. As die "Proposals are hereby invited to Undertake a feasibility study to determine the viability of the legalisation of the trade in rhino horn in South Africa." gebruik gaan word om die "Tonne perlemoen, renosterhoring, olifanttande ens word gekonfiskeer wanneer die skelms gevang word." wettig te verkoop sodat die geld aangewend kan word om stroping te voorkom... Wel, dan het die laaste renoster, olifant, perlemoen nie verniet gesterf nie.



 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Renosters en tenders
« Reply #2 on: August 08, 2011, 11:20:37 AM »
 :hello:

Dit kan moontlik 'n mate van beheer skep- ek wens net met my hele hart dat geen kant bloed by gehad het nie.

Vernietiging vir iets so simpel soos geld.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Renosters en tenders
« Reply #3 on: August 08, 2011, 08:28:01 PM »
Ons is geskok oor dinge wat uitroei wettig maak. Want dit is maar wat dit is, wettiging van uitroei tot niks oorbly nie. Maar wat anders?  Wat van die wettiging van die rook van dagga, van straatvroue en bordele.... Skokkend, maar dan is daar 'n mate van beheer oor die bedrywighede. Hoe hulle enigsins beheer daaroor gaan kry, weet die hemele alleen.
Wat nou gebeur, die uitroei van lewe op die planeet, kan net nie so voortgaan nie. Daar is net geen keer aan nie. Die geld is te groot.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Renosters en tenders
« Reply #4 on: August 09, 2011, 07:52:14 AM »
Wat maak ons as die wat moet polisieer ook korrup is. Moet ons as mens nie die planeet oppas nie?
Ons moet darem onthou dat wettige jag en boerdery die wildgetalle laat toeneem. Boere en Toerismeboere wil egter nie meer met renosters boer nie omdat dit te gevaarlik geraak het en hulle te veel geld verloor met die stropery.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

AT Strydom

  • Guest
Re: Renosters en tenders
« Reply #5 on: August 14, 2011, 11:43:18 AM »
Ek stem met Naas saam, wettig en reguleer.

As jy wel van hierdie produkte op die swartmark kry, vergiftig dit en glip dit terug in die swartmark.  As die eindgebruiker agterkom dat mense begin om hul manlikheid te verloor of hul lewens te verloor en dat die oorsaak juis die opkikkers is, gaan die mark beslis 'n knak of twee kry.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Renosters en tenders
« Reply #6 on: August 14, 2011, 04:12:57 PM »
Ek het gister gehoor van 'n gastehuis op 'n plaas wat toegemaak het juis oor misdaad. as jy openbare plek soos gastehuis en restaurant op jou plaas het kan jy nie mense keer om daar te kom nie en nou kom die misdadigers daar "wettig" en roof die mense.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Renosters en tenders
« Reply #7 on: August 14, 2011, 05:35:08 PM »
Naas, ek mis jou,  ons lees en skryf by mekaar verby.   :dontknow:

AT, ek dink juis dit is die "swartmark" wat die meeste probleme skep.  Hoekom is mense so geldbehep dat hulle verbode- of gesteelde goed aankoop.  Besef hulle nie dat dit juis hierdie afsetgebied is wat die probleme veroorsaak nie?  Ag nee man! 

Lox, ons was die laaste paar maande op verskillende plase en jy sal nie glo hoe erg is die sekuriteit nie.  Jy moet voor die tyd jou ID stuur en jou bankrekeningnommer en dan kry jy 'n kode wat van dag tot dag verander, om by die hek in te kom.  Dit is werklik nou van kardinale belang.
Om te weet is om te verstaan.