Author Topic: Tel die slapies ...  (Read 13872 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Tel die slapies ...
« on: August 07, 2011, 10:38:36 AM »
Hierdie kant van die aardbol tel ons die slapies tot ons gebruiklike 'drie-maandelikse-tien-daagse-toersessie. Grote Griet maar dis mondvol, besef ek nou eers  :evil6: Vrydag DV vat ons twee oues van dae die pad en agterna is die fototjies getuie van die omswerwinge deur Gatkantlandse kangeroe paaie. Die stewels is gepoets - die inligtingsblaaie waarsku teen slange, allerhande goggarasies en skerpioene.

Sien al hoe slaap Meraai met een oog oop in die huisie van seil! Gaan julle mis  :crybaby2: maar sien ook SO uit na die toer. Enige iemand lus om saam te gaan? Kry julle dan hier hoor: http://www.carnarvongorge.com/nationalpark.html
« Last Edit: August 09, 2011, 11:05:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #1 on: August 07, 2011, 11:59:44 AM »
Nou toe, geniet en wees veilig.  Veilig van goggos en goed wat seil en goed wat brul en spring en hop. Neem genoeg spaarbande saam. En sonskerm roompies. O ja, en water.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Tel die slapies ...
« Reply #2 on: August 07, 2011, 03:48:37 PM »
geniet namens my asb en neem genoeg kameras, geheue en fotos.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Tel die slapies ...
« Reply #3 on: August 08, 2011, 09:17:47 AM »
Ek het nou vir 'n oomblik gedag dis in daai sloot wat my oupa met sy muilwa so vasgeval het dat hulle die muile met block en tackles moes uithaal. Maar toe ek nou op die webblad gaan loer onthou ek dit was op sy toer deur Amerika wat hy na oorvertelling blykbaar in 'n baie Grand afferre van 'n sloot vasgeval het.
Julle moet maar versigtig wees vir die abhorsies (Aboriesenies of so iets) Hulle teken blykbaar sommer op enigiets wat hulle in die hande kry as jy vir hulle inkleurkruite gee.
Pas tog vir Outop mooi op.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tel die slapies ...
« Reply #4 on: August 08, 2011, 09:34:15 AM »
 :hello:

Geniet dit!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #5 on: August 09, 2011, 11:11:42 AM »
As dit somer is daar moet julle maar lig loop.  As dit winter is dan "slaap" die meeste "gevaartes".  Hou julle skoene toe vir skerpjoene en julle oë oop vir mooi foto's vir ons! 
Geniet dit en weet ons gaat vir djulle mis!   :love7: 
Kom veilig terug.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #6 on: August 09, 2011, 11:11:19 PM »
Met al die mooie wense van mede maters gaan ons beslis heerlik kamp.  :icon_cheers: Ongediertes of te not. PM hoeka vir my gelyk Outoppie laai meer spidercontrol in as kastrol vir sy potjie pap saam die braaivleisie  :toothy4: Naas ek sal daai sloot mooi afneem dat jy dit kan vergelyk met jou oupa se baie grand affering!

Gaan julle almal missss  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #7 on: August 10, 2011, 06:12:39 AM »
Geniet dit julle "twiekies".  Die twee goed waarmee ek altyd sukkel is,  dit vat so lank om slapies af te tel en as die tyd aanbreek,  dan glip die slapies so gou verby.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #8 on: August 10, 2011, 12:25:33 PM »
As hier nou 'ek hou van!' knoppie was het ek hom sommer drie keer gedruk  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #9 on: August 11, 2011, 07:30:42 AM »
Ons het ook die geleentheid gekry om gou weg te glip.  Oudste het sommer net aangekom en gesê ons moet pak, ons ry.  Dit was heerlik.  Ons was nog nooit in Marlothpark nie.  So 'n paar kilometer van Krokkedilbrug af, kon ons twee dae deur die wildtuin ry.  Snags kon ons die seekoeiekoeie en die seekoeibulle hoor.  Die leeus en jakkalse het lekker baljaar.
Vir die eerste keer in my lewe het ek nagapies gesien.  Ons het langs die vuur gesit en op die stoep se muurtjie piesangstukkies gepak.  Dit was 'n fees om hulle te sien spring-spring, 'n stukkie in daardie piepklein vingertjies te vat, terug te spring in die boom en dit te sit en eet.  Dit was 'n fees,  maar voor ons weet was die tyd verby. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #10 on: August 11, 2011, 11:16:35 AM »
Waar is die klikbekkie-weergawe dat ons kan saam geniet? Klink na fees  :bootyshake: :icon_cheers: Net wat die dokter vir julle besige bytjies bestel het ne!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #11 on: August 11, 2011, 12:56:05 PM »
O ja Raaitjie, aan die begin het ek niks "gestretch" nie,  maar hoe meer dinge skeef geloop het hoe meer het ek gerek!  :dontknow:
Nou is alles weer aan die rol en die paar dae rus het my goed gedoen.
Ek sal nog die foto's aflaai sodra ek 'n kansie kry.  Moet eers deur al die e-pos en bladuitlegte wat ek ontvang het werk.
Dit is so tydrowend. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #12 on: August 11, 2011, 11:32:13 PM »
Ek loer gou weer hier in voor die groot pak begin, wou net lyntjie los om te vertel dat ekke aan jou sal dink en in die gees oral met my saamneem hoor :bootyshake:

Sterkte matertjie. Een van die slapies druk jy jou droom teen jou hart vas en streel met die hande oor die kreatiewe abc's en loer na die sneppies van wyde en syde  :book1: :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #13 on: August 12, 2011, 10:33:29 AM »
En hier sit ek ... nog steeds by die huis  :toothy4: Outoppie moes laat werk en nou hou ons die eerste aand van ons verlof tuis - rustig. More oggend dv vat ons dan die pad. Hoe geseend kan twee oumense wees? Kon ek weer gou loer wat gebeur op die forum  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tel die slapies ...
« Reply #14 on: August 12, 2011, 11:16:56 AM »
Ja wat, sulke dinge gebeur en liewers veilig wees as om in die donker te gaan ry.  Julle paaie is seker vol gangeroesse.  :icon_biggrin:  Heerlik om jou nog 'n rukkie by ons te hê.
Raaitjie,  Henk sal seker vir almal wat vir om werk stuur,  die skakel stuur van "dropbox".  Daar is al 70 plus bladsye in die boek en almal kan daar gaan loer.  Iets seg vir my dit was jou slim plan.   :hello2:  Ek het hierdie laaste twee maande vir lugtyd betaal asof ons dit wil opgebruik voor die kinders dit in die hande kry.   :toothy4:
Hoop julle kuier lekker matertjie.
Hannes kon nie gister die kode kry nie.  Die bank was van lyn af.  Ek wil net graag weet hoekom die banke en die mislikepaliteit, die enigste instansies is wat altyd van lyn af is.  :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tel die slapies ...
« Reply #15 on: August 12, 2011, 12:01:03 PM »
Dit was onse eie Stoffel wat my bekendgestel het aan 'dropbox' en ek sal hom ewig dankbaar bly vir dit!  :headbang: Ek gaan nou dadelik loer na die boek se bladsye daar. Oe ek lieffff tegnologie al leer ek so drupsgewys  :icon_bigsmurf: