Author Topic: Giggelgeel plesier!  (Read 10922 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Giggelgeel plesier!
« on: April 08, 2011, 04:39:16 PM »
Stof is ‘n geseënde luis.  Dit het die voorreg gehad om een van die eerste ritte in PM se giggelgeel nuwe wiele te geniet.  Die kombinasie van voertuiggemak en ‘n veilige bestuurder komplementeer mekaar om by te dra tot die geheelgenot van die rit.

PM, dankie vir die voorreg, om in die vreugde van jou vrolike nuwe ryding te kon deel.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Giggelgeel plesier!
« Reply #1 on: April 08, 2011, 10:28:57 PM »
Ag ou Stoffie!   Dit was my grootste plesier!  Dankie dat jy so rustig, sonder om aaklige aanmerkings te maak tussen die ratverwisselings en die koppelaar se gehom en geha en die uiters sensitiewe rempedaal, die rit mee gemaak het.  Dankie dat jy die roete so rustig aangewys het:  "Hou links,  beweeg nou in die middelste baan,  gaan nou heeltemal regs, by die volgende robot gaan ons nou regs draai,"  ens.  Jy is 'n sterretjie op my horison.  Ek moet net bysê,   :icon_biggrin: ek het baie vinnig tuis gekom!   Woerts warts,  uit en tuis en by die huis!   :icon_biggrin: 

PM se "giggelgeel"  (gaan bars Stof!) karretjie het 'n naam gekry.  Tweety!  Dankie aan Leopatra wat vir Stoffie vertel het dat dit die naam van die verfkleur is waarin PM se kanarie gedoop is!   

Stoffie,  wat het jy nou weer kwyt geraak van blou plakkertjies met die naam "Tweety" vir PM se tjorrietjie?  Ek is net so twee maande agter om inligting te prosseseer.  As jy my soek,  ek is op Mars!  (Venus is vir verliefdes.  :icon_biggrin: )

In my hele bleddie lewe sou ek self nooit kon glo dat ek so 'n kanarie geel tweety kleur kar vir myselwers sou kies nie!  :laughing7:  Geel is my gunsteling kleur,  maar dit is darem een te erg!  MAAR  vra maar vir Stof,  dit is 'n 2006 model,  22,000 kilos op die klok,  'n volledige diensrekord en dit stink nog pure nuut!  Miskien kan PM dalk net hier vir Hannes 'n lansie breek,  'n diep kniebuig maak en hartlik baie F-woord dankie sê!  Weet tog net dat ek liewer vir jou is as vir vyekonfyt! 


PM,  daardie F-woord het jy seker by Leopatra geleer:  "Freeslik"  dankie. 
« Last Edit: April 09, 2011, 07:49:01 AM by Bestuur »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Giggelgeel plesier!
« Reply #2 on: April 14, 2011, 10:30:13 PM »
Baie dankie Liewe Bestuur!   Natuurlik het die F-woord vir Freeslike baie Feestelike dankbaarheid vir Fyekonfyt sy ontstaan by Leopatra gehad.   (Waar de Frik dink jy het die Friendelike meisie heen Ferdwaal in elk geval?)  Eish!  Maar nogtans dankie vir jou inset,  al was dit 'n bietjie ongfraagd.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Giggelgeel plesier!
« Reply #3 on: March 16, 2024, 10:09:16 AM »
En nou het Tweetie 'n nuwe baas gekry. Uber en Bolt is my voorland.  Dit is nog goedkoper as lisensies, versekering, brandstof en onderhoud.  Wat 'n "cheep-cheep" manier om jou eie chauffeur te kry.
Geen meer parkeergeld en langafstand stap nie.  Laai jou reg voor die deur af en weer daar op.  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.