Author Topic: Die konstruksiewerf  (Read 8885 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die konstruksiewerf
« on: August 02, 2011, 05:36:11 AM »
Die konstruksiewerf is onlangs geskep om die gedigstrukture in rat te skop vir die boek.  Soos julle kan sien het Meraai dit vir julle oopgestel om te sien wie se voorbeelde gebruik gaan word,  julle ook genooi om julle voorbeelde daar te kom plaas.  Die tyd is vinnig besig om uit te loop.  Raaitjie het weer van voor af begin, al die kommentare en vrae verwyder en die opgegradeerde struktuur weer geplaas.  As ek 'n seekat was sou sy versmoor het van agt arms wat haar styf vas sou gryp en hartlik liefie.  Baie dankie Raaitjie,  jy is 'n staatmaker.

Adéle is besig om te verhuis,  maar sy doen haar bes om die proeflesing te doen.  Ek doen 'n beroep op julle om seker te maak dat die voorbeelde reg is.  Elke i'tjie 'n kolletjie op het en die t'tjie 'n strepie deur het.

Ek neem aan dat niemand enige besware het teen die gebruik van hul voorbeelde in die boek nie.  As iemand 'n beswaar het is dit nou die tyd om dit te bespreek.

Dankie vir almal se harde werk.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die konstruksiewerf
« Reply #1 on: August 02, 2011, 06:23:05 AM »
Groot plesier en voorreg mater  :love7: dankie vir my seekatdrukkies  :love7: Jou werk agter die skerms gee my slapelose nagte as ek net daaraan dink  :notworthy: