Author Topic: 2de vermiste Pretorianer gevind  (Read 4242 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
2de vermiste Pretorianer gevind
« on: July 29, 2011, 07:52:46 AM »
2de vermiste Pretorianer gevind
2011-07-28 11:11

Kaapstad – ‘n Moderator van ‘n NG Kerk se seun wat onlangs in Pretoria verdwyn het, is weer gevind.

Dié inligting is Donderdagoggend op Missing Children SA se Facebook-blad en @CrimeLine32211 op Twitter bekendgemaak.

Gerrie van Rensburg (29) was die tweede jong man wat onlangs in die stad verdwyn het.

Sy verdwyning kom nadat ‘n Tuks-student, Duncan Allan (20), sedert verlede Maandag vermis is.

Beeld berig 'n "getraumatiseerde" Van Rensburg is Donderdagoggend vasgebind in sy motor in Watloo gevind.

Ds. Jacie van Rensburg, sy pa, het Woensdag aan Beeld gesê hy en sy seun het Dinsdagoggend van Potchefstroom na Pretoria gery.

Van Rensburg jr. het sy pa teen 10:45 by die NG Kerk se algemene sinodale kantoor op die hoek van Pretorius- en Duncanstraat afgelaai vir ’n vergadering.

Van Rensburg jr. werk as lewensafrigter en sou mense in Elarduspark gaan spreek, maar dié afspraak is gekanselleer, het die koerant berig.

Van Rensburg jr. sou sy pa teen 13:00 oplaai, maar het ’n SMS gestuur om te sê hy word opgehou weens ’n ongeluk op die pad.

Teen 13:30 het hy per SMS laat weet dat hy nog sowat 15 minute ver is. Toe hy teen 14:00 nog nie daar was nie, het sy pa gebel, maar sy selfoon was af.

Daarna het niemand van hom gehoor nie. Hy is egter Donderdag weer gevind.

Volgens Missing Children SA mag die organisasie nog nie enige inligting oor Van Rensburg jr. se saak bekendmaak nie.

Hul Facebook-blad sê hy is by die huis.

“Hy is bietjie getraumatiseer, maar hy is veilig met sy familie.”

Crime Line het getweet dat Allan nog vermis is.

Mense met inligting oor ­Allan kan ao. Denny Phatshwane, ondersoekbeampte, bel by 082 319 9647.
Om te weet is om te verstaan.

AT Strydom

  • Guest
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #1 on: August 14, 2011, 11:40:03 AM »
Ja, nou is albei hierdie sake opgelos.

Ek hoop die jongman wat by die huis is kom weer op sy voete. Maar seker hartseer vir 'n ouer as jy sien jou kinders het seergekry en sukkel om meer te herstel.

Die ander jongman se familie het ook swaar. Die mens is nie gemaak dat jou kind voor jou sal sterf nie, ons behoort almal ons kleinkinders te sien en dan gaan, sonder dat enige van hulle ons vooruit gaan. Hoe betoon jy simpatie vir 'n ouer wat 'n kind verloor het?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #2 on: August 14, 2011, 04:44:48 PM »
Nee, daar is nie woorde nie.  Dit is die tyd om liewers niks te sê nie.  Mense probeer simpatiseer maar hulle maak dit net erger.  Jy kan nie sê jy weet hoe dit voel as jy nog nooit self 'n kind verloor het nie.  Daardie pyn gaan ook nooit weg nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #3 on: August 14, 2011, 07:37:41 PM »
Ai ek kan nie eers dink hoe verskriklik erg dit moet wees nie.  My vriendin het 'n miskraam gehad vir die 2de keer in 6 maande, ek het nie 'n idee gehad wat om vir haar te se nie, het haar maar uit gevat en haar bietjie gaan bederf maar ja, ek self was nog nooit swanger of enigiets nie... Ek dink mens simpatiseer, en het empatie met die wat dit nodig het tot in 'n mate. 
*The one and only AWESOME-EST


AT Strydom

  • Guest
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #4 on: August 15, 2011, 07:02:28 AM »
'n Mens moet ook nie van die pa vergeet as daar 'n miskraam was nie. Hulle beleef dit nie so fisies nie, maar dis ook hulle kind en hulle wat die wanhoop en die hartseer van die ma moet aanskou en moet ondersteun as die voordeur eers toegemaak is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #5 on: August 15, 2011, 07:25:57 AM »
Dit is waar woorde daardie.  Vanaand as die ligte af is en net die ouers met hul eie gedagtes...
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #6 on: August 15, 2011, 11:41:41 AM »
En nou is die Duncan kind ook gevind maar onder ander omstandighede wat uiteraard baie hartseer is. My innige simpatie aan sy ouers en ander familie wat nou met die trauma moet saamleef.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2de vermiste Pretorianer gevind
« Reply #7 on: August 15, 2011, 03:11:21 PM »
Ek sidder vir sy ouers.  Ek stem saam, dit is hartverskeurend.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.