Author Topic: Epitaaf  (Read 30172 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #30 on: July 26, 2011, 09:13:14 AM »
Moenie sinkie, kyk links .... gryp die spaan Naas!!! Diekant klou ek en Outop namens jou  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #31 on: July 26, 2011, 09:51:42 AM »
Kyk regs, hier's nog een om aan te gryp!   :icon_biggrin:

Baie dankie Naas en voorspoed!  Hier is 'n sakdoekie vir die ...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #32 on: July 26, 2011, 10:56:57 PM »
Hierdie twietjies  is *raakgelees en nou spesiaal geplaas vir ons natneusmatertjie (met respekte  :notworthy:)

*Anna Wallace

Die kinders van Israel het brood gevra,
en die Here het vir hulle gestuur:
Manna.
Ou klerk Wallace het 'n vrou gevra,
en die duiwel het vir hom gestuur:
Anna.

*In 'n kerkhof in Thurmont, Maryland:
Hier lê 'n ateis - Mooi aangetrek en nêrens om heen te gaan nie.
« Last Edit: July 26, 2011, 11:00:18 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Epitaaf
« Reply #33 on: July 27, 2011, 06:18:33 AM »
Vir ou laas,
hier le Naas.
Deur die lewe gehaas.
Op pad na erens,
kom hy toe nerens,
behalwe hierdie plaas.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #34 on: July 27, 2011, 11:15:11 AM »
Ek geniet hierdie struktuur!!! Naas jou humorsin altooslik deur 'n ster wat selfs deur die dag helder skyn  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #35 on: July 27, 2011, 03:00:31 PM »
Ryg hulle in.  Dié plekkie is bespreek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Epitaaf
« Reply #36 on: July 27, 2011, 03:47:56 PM »
uit Finansies & Tegniek

Spike Milligan se grafskrif wat hy gekies het kort voor sy afsterwe onlangs op iets in die tagtig: “Ek het julle mos gesê ek’s siek.”
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #37 on: July 28, 2011, 07:05:15 AM »
En niemand wou luister nie ... kyk nou!! hheehehehhe Adele dit is kostelik. Ek het vandag by die boek se afdeling vir strukture ook die epitaaf gaan aanbring en ek dink julle bydraes gaan wye glimlaggies op menige leser se gesig laat plooi  :toothy4:
« Last Edit: July 28, 2011, 07:30:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Epitaaf
« Reply #38 on: September 07, 2011, 01:24:42 PM »
Vir oulaas, 'n epitaaf

Ek is dood en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel oor my heen
kom skop sand oor my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #39 on: September 07, 2011, 01:46:42 PM »
Wow Naas, dit klink oes my maat... vir oulaas!   :dontknow:
Ek hoop nie dit gaan so sleg met jou longe nie.   :evil6:

Kom skryf maar nog, ons wag vir jou. 
 :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #40 on: September 08, 2011, 07:56:38 AM »
Oe hene Naas ek hoop dit gaan beter jongie! Sterkte. Jou epitaaf laat mens bekommerd man  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #41 on: September 23, 2011, 02:39:29 AM »
Langenhoven se epitaaf geskryf deur homself:

Soek nie om sy verdienst na te gaan
Sy swakhede te delf uit hierdie graf
(Albei rus daar waar hoop en vrees bestaan)
Die boesem van sy vader en sy God
 


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #42 on: September 23, 2011, 06:39:08 AM »
Dit sê nogal 'n mondvol.  Iemand het 'n rukkie gelede gesê, dit is so vreemd dat 'n afgestorwe persson se foute saam met hom begrawe word.  Niemand sê ooit 'n lelike woord van hom/haar nie.  Ek is te bang hulle kom spook by my.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #43 on: September 30, 2011, 02:41:45 AM »
 :angel4:  :bootyshake: :notworthy:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Epitaaf
« Reply #44 on: September 30, 2011, 01:09:44 PM »
Hier lê Trapsoetjies, sy wou nie Soetjiestrap nie.

Met die draai van die lewe
het sy deur gejaag
..wie sou kon raai dat sand
haar tot ruste sou bring!

Na nog het sy gestrewe
tog was alles so vaag
..bring dit haar tot die rand
waar almal net mooi woorde sing!

Toemaar sy is vergewe
al het sy soms haar lewe gewaag
..met 'n geweer wat in haar hand brand
is sy deur haar lewens kring!

 :angel12: