Author Topic: Epitaaf  (Read 30219 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #15 on: July 25, 2011, 08:23:01 AM »
As jy dink dit is goed, doen gebruik ons dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #16 on: July 25, 2011, 08:41:55 AM »
Kom ons kyk wat verskyn nog soos die spreekwoordelike skrif teen die steen  :bootyshake: :book1:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Epitaaf
« Reply #17 on: July 25, 2011, 09:35:05 AM »
Nou skryf ek maar
hierdie Epitaaf
want ek hoor,
daar's manne met 'n graaf.

Al draai ek nou hier om
bo sal ek nie weer kom
want die kluite wat hul gooi
maak hierdie een, my laaste sooi.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #18 on: July 25, 2011, 09:42:21 AM »
PUIK PUIK!!!  :angel8: :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Epitaaf
« Reply #19 on: July 25, 2011, 10:55:02 AM »
   :hello2:    :hello2:    :hello2:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #20 on: July 25, 2011, 11:04:07 AM »
adéle ekke staan hier voor die gaatjies en wag vir jou geskriffie  :book1:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Epitaaf
« Reply #21 on: July 25, 2011, 11:36:36 AM »

hier lê ek nou, marmerkoud,
my los skroewe sò benoud,
geen vet, o gedorie,
my gewrigte te olie,
vergaan tussen koolstof en hout.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #22 on: July 25, 2011, 11:38:26 AM »
  :hello2: :notworthy: ek het GEWEEET dit is die moeite werd om hier rond te dwaal matertjie!!!  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Epitaaf
« Reply #23 on: July 25, 2011, 12:08:44 PM »
aai aai, dankie vriendin   :love7: 
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Epitaaf
« Reply #24 on: July 25, 2011, 12:37:09 PM »
Dankbaar le ek hier,
my siel uit te rus.
My buurman het g'n hond
dis die dat ek dankbaar is.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #25 on: July 25, 2011, 12:42:42 PM »
  :icon_biggrin: Naas alte dankbaar vir jou humoristiese steengeskrifte  :notworthy: en ekke wil amenteer op daai dankbaar vir geen hond! Ons het die naweek gaan kamp en sowaar as vet, elke kampeerder het 'n hond of twee MET hulle eie huisie van seil en dit was omtrent 'n Babelse lawaai van kef-kef tot onaardse geblaf as jy verby stap badkamers toe. As ekke tot rus kom sal ek beslis ook verkies om g'n buurman met 'n hond te he nie  :toothy4:
« Last Edit: July 25, 2011, 12:44:56 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #26 on: July 26, 2011, 04:36:06 AM »
Dankie vir julle  mooi bydraes.  Dit gaan 'n mooi humorblad afgee.  Wie gaan die kunswerk daarby ontwerp?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Epitaaf
« Reply #27 on: July 26, 2011, 06:18:19 AM »
Ek steek my hand op vir Naas. Het al van sy kunswerke gesien en dis PUIK  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Epitaaf
« Reply #28 on: July 26, 2011, 08:06:56 AM »
Dit gaan mal by Naas.  Ek wag om te hoor wat hy seg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Epitaaf
« Reply #29 on: July 26, 2011, 08:58:09 AM »
Naas het erge griep. (Wens dit was wingerdgriep) en moet nog voorberei om vanaand 25 ouerpare toe te spreek en more nog 24 pare. (Elke paar appart)
Vergeef maar as ek net nu en dan inloer vir 'n glimlag maar as ek nie nou my gedagtes lig hou nie gaan ek wel mal word.

Epiteef... askuus... epitaaf se kunswerk sal ek probeer as ek kans kry. Ek sukkel nog met my eie bekendstellingsblad.

Heeelp. Ek sink!



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.