Author Topic: Hoe diep lê jou liefde.  (Read 9297 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe diep lê jou liefde.
« on: July 13, 2011, 02:51:48 PM »
'n Mens sien so dikwels dat 'n klein flentertjie onbenulligheid,  tussen twee mense kan kom staan.  Dit laat my wonder:  Hoe diep, of hoe vlak, lê daardie liefde? 
Moet ek liewers vra:  Hoe diep moet iemand jou wond, om daardie gaping tussen julle te veroorsaak.
Is ons maar net van nature mense wat ligweg seerkry en dan ons eie seerkry stilswyend koester? 
Is die regte ding om te doen nie, om jou "pyn" bloot  te lê en jou "geliefde" 'n kans te gee om spoegies aan te smeer nie?
Lê jou liefde net nie diep genoeg nie, of wat is die antwoord?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #1 on: July 14, 2011, 11:34:03 AM »
 :hello:

Moontlik is daardie onbenullige flentertjie iets slegs die simbool van 'n ander, baie dieper, groter seerkry wat tussen daardie twee mense gebeur het? Ek weet bv. van 'n vriendskap wat verbrokkel het omdat die een vriendin uitgevind het dat die ander een gesê het dat haar nuwe skoene afskuwelik is. Dit klink so onbenullig, maar ek dink die skoene was slegs simbool van bv. vroeër verwerping wat moontlik in daardie verhouding gebeur het. Ek kan natuurlik dit heeltemal mis hê. :-)

Die groot seer moet aangespreek word, anders sal die klein jakkalsies die hele wingerd verwoes.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #2 on: July 15, 2011, 06:28:29 AM »
Dit kan wees dat klein seerkrytjies wat "gesnoer" word,  uiteindelik die kameelperd se rug breek.  Hoekom praat die meeste mense nie oor daardie klein seerkrytjie nie?  Sê op 'n mooi manier wat skeel en dan maak ons dit reg en/of sorg dat dit nie weer gebeur nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #3 on: July 16, 2011, 09:03:02 PM »
Is dit nie dalk ook 'n geval dat die mens wat seermaak dit meeste van die tyd nie so bedoel het nie? Mense wat ander doelbewus seermaak moet liefs maar vermy word soos aambeie.

Meeste seerkry is dalk maar 'n oorsensitiwiteit of 'n persepsuele issue aan die kant van die "ontvanger" eerder as doelbewuste pogings van die seermaker??

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #4 on: July 17, 2011, 07:38:12 AM »
Welkom Blouetjie,  ons het jou regtig gemis.  Lekker om jou weer raak te lees.

Ek stem, die normale mens gaan tog nie uit om 'n ander doelbewus seer te maak nie. 
Die gedagte hier is,  hoe diep lê jou liefde?  Is dit 'n teken dat die persoon wat nou "so seer gekry het" nie eintlik bedoel het dat hy/sy jou lief het, toe hulle dit gesê het nie?  Die liefde verstaan mos,  dit vergewe.  Die liefde soek nie skoor nie!
As jou vriendskap werklik vir my saak maak sal ek alles in my vermoë doen om die saak reg te stel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #5 on: July 17, 2011, 07:28:45 PM »
Ai PM jy vat dit so raak.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #6 on: August 01, 2011, 08:53:42 PM »
In my persoonlike opinie, my eie persoonlike enetjie....

my hartjie is 'n baie klein enetjie, so ek is een van daai wat maklik seerkry al is dit 'n onbenulligheidjie.  So ek het altyd dit dadelik gesê en dan was daar net altyd bakleiery en ek hou nie van baklei nie, so toe het ek besluit om dit net af te vee.... en niks daaroor te se nie, en al wat toe op die einde gebeur het, dit het opgebou en opgebou en op die ou einde het ek eendag net vir 'n baie baie klein dingetjie my toys uit die kot gegooi en baie baklei.

So toe het 'n baie klein dingetjie 'n baie groot ding geword, en my liefde vir die outjie le baie diep en dit het meer seergemaak om te baklei, maar wat ek geleer het uit die saak uit is, as dit pla, praat daaroor!!!!

net my 2 sent!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #7 on: August 02, 2011, 06:13:55 AM »
Ek stem saam Chichi.  Kommunikasie is baie belangrik, al maak dit seer.  Dit is beter om dit wat pla "uit die perd se bek" te hoor as om dit later by iemand anders te hoor, of net stil te bly en dan ook weg te bly.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #8 on: August 02, 2011, 04:34:12 PM »
Ek het 'n leuse (of eerder 'n uitgangspunt. "Dit is nie wat jy se (wat seermaak) nie maar eerder hoe jy dit se. Skoonsus se ek is so taktvol as ek iemand "warmplek" toe stuur dat na 'n ruk begin hulle eintlik uitsien daarna.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #9 on: August 02, 2011, 11:16:26 PM »
Miss Piggy!!!  :snorting:  Amper spring ekke bo-oor onse tikkertjie, wonder ek is dit nou onse mevrou varkie van weleer - toe lees ek die gesegde en ekke weeeeeeet. Dis ynste symste sy! Hoeka die lyne gesteel en gaan bewaar  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #10 on: August 03, 2011, 08:52:40 AM »
Baie hartlik welkom Miss Piggy!  :hello2:
 Jy het werlik my dag gemaak!  Ek sit hier met 'n breë smaailtjie op my bakkies!  Dankie tog vir my ore, anders was my kop af.   :icon_biggrin:   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #11 on: August 03, 2011, 06:57:15 PM »
Ek sal maar net eers nou en dan saamgesels. My skryf-inspirasie het na 'n lang en uitmergelende lyding morsdood gesterf. Tenminste leef ek darem nog. Net-net.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #12 on: August 04, 2011, 02:48:00 AM »
Hierdie jaar het begin met 'n vaart en het net spoed opgetel.  Ek hoop een van die dae sal dit rustiger wees.
Watter voorbeelde wil jy aandra vir die boek Miss Piggy?  As jy wil bladsye bestel kan ons 'n plan maak.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #13 on: September 01, 2011, 11:34:16 AM »
Woorde, fluisterend; uitgebasuin
Magtig soos ‘die swaard
Kragtig; ‘n megaton bom

Woorde, geklee in simpatie
Skerper as die skerpste kris
Swiepend soos die dunste rapier

Woorde, toegedraai in vriendskapskleed
Ploffend soos handgranate
Ruk die siel aan flarde

Woorde, verskans in ‘n claymore
Striemende missiele, kletterend
Van die woordeboek geweer

Woorde, versier met die heuning van liefde
Afgevuur, gelanseer
Tref sekuur, telkemaal ‘n kolskoot

Woorde,  fluisterend; uitgebasuin
Skepper van slagting sonder bloed
Van dood sonder lyke

hierdie is maar my beskeie mening. ek persoonlik dink dat wanneer iets krap dit dadelik aangeraak moet word want om te los, laat die probleem eskaleer en groter word. wanneer daardie enkele woord dan op 'n stadium gebesig word, breek dit die kameel se rug en dan word 'n krakie n breuk

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe diep lê jou liefde.
« Reply #14 on: September 01, 2011, 06:37:59 PM »
Pragtig gestel Natalie.  Hierdie waarheid lê naak, in geen wolletjies toegedraai, spreek slegs die feite aan.
Om te weet is om te verstaan.