Author Topic: Stof se 'Luis Digstruktuur'  (Read 9396 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Stof se 'Luis Digstruktuur'
« on: July 13, 2011, 09:19:55 AM »
Stof aan die woord: Laat ons hierdie toetsstruktuur, wat hier geplaas is om die nuwe bord te toets, maar die LUIS digstruktuur noem.

Dit bestaan uit een vers as kern, met agt daaropvolgende verse.  Elke reel in vers een, wat 'n sinmakende eenheid behoort te vorm,  is ook 'n opskrif vir een van agt daaropvolgende verse.  Dit simboliseer die luis se lyf as die kern, met die agt satelietverse as pootjies.  die laaste vers, wat op die kernvers en die agt pootverse volg, is net twee reels lank.  Dit simboliseer die luis se twee kort voelertjies.  Die ideaal is dat die finale konklusie van die gedig, in die voeler-vers verwoord word.

Dit is wenslik dat die deurlopende rympatroon kruisrym sal wees, aangesien 'n luis se pootjies nie saam met mekaar beweeg as dit loop nie, maar oorkruis.


Meraai: Hier is die naaste wat ek aan jou riglyne kon kom Stof :evil6:
Ek nooi julle uit na die 'Stofferige vertoning'.  Gebasseer op die 'Luis Struktuur' waar elke strofe op sy eie kruisrympaadjie kruip van die verhoog, tot die gehoor en die 1ste strofe as kernvers, 'n omskrywing is van die res van die 8 satelietverse ala pote  :headbang:

Die gordyn sak dan oor die opsommende koeplet as die voeler-vers  :love7:

'Phtiraptera - Die Parasiet'

Ons stel (met 'n ril) aan u voor -
Pediculidae en Pthiridae!
En hier is twee erelede van die koor -
Menoponidae en Haematopinidae!

Gordyne open sysag ...
die musikant pluk 'n snaar
Die gehoor grynslag ...
'n man sit en staar

met 'n krap-krap hier
en 'n krap-krap daar
is kolle wat ontsier
as bewyse bewaar!

Tra la la ...
weerklink die wysies
Ka ka ka ...
eggo die laggies!

Bedags skuil jy kamma sku
in donker gleuf en vou
maar snags kom suig jy slu
aan onwillige gasheer of -vrou
 
As jy nie so arig grillerig was,
sou ek straks 'n versie kon maak;
selfs dalk potig met die kwas,
kriewelrig ons kon vermaak!

Wie sal dan tog wou hoor
van Stof, die 'onkuise luis'
al was die applousende gehoor
wel 'n dawerende teenbewys!


Tra la la ...
weerklink die wysies
Ka ka ka ...
eggo die laggies!

Soos verwelkte blomme in 'n duur vaas
sak die gordyn ... met die laaste kwatryn.
Op die program in sy hand, lees Stof vir oulaas
die voetnota (voordat dit in die asblik verdwyn)

*Vampier van die insektewêreld*
     "Die Vlerklose Dracula"

©Meraai vannie baai  
« Last Edit: July 17, 2011, 10:27:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stof se 'Luis Digstruktuur'
« Reply #1 on: July 13, 2011, 09:57:27 AM »
  :icon_biggrin:  Daar wys Meraai toe vir Stof dat 'n mens nie met iemand wat talent het mors nie!   :icon_biggrin:

Skote, of moet ek sê pote, Raaitjie!  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stof se 'Luis Digstruktuur'
« Reply #2 on: July 15, 2011, 01:07:28 AM »
  :bootyshake: Ek het dit SO geniet! Dankie onse eie Luisie vir die uitdagende riglyne  :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stof se 'Luis Digstruktuur'
« Reply #3 on: July 04, 2018, 09:40:55 AM »
Al lesende oor 'n gas se skouer kom vergaap ek my weer aan Luis se struktuur. Mensig ons het moed gehad he  :icon_biggrin: :bootyshake: :book1:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Stof se 'Luis Digstruktuur'
« Reply #4 on: July 07, 2018, 06:58:29 AM »
Ek het natuurlik die voorreg gehad om vir Stof te ontmoet in lewende lywe.  Ek en my seun was in 2016 na 'n teaterproduksie in Pta en het ons hom en nog 'n vriend en die se vrou by 'n restaurant daar by die teater ontmoet.  Dit was heerlik.  Maar ek het intussen ook weer heeltemal kontak verloor.  Die lewe doen dit mos aan 'n mens.  Wat my opgeval het is sy mooi manier hoe hy mense hanteer.  Nog nooit iemand 'n kelnerin so mooi sien hanteer nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!