Author Topic: Vandag, 'n nuwe genade!  (Read 11045 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Vandag, 'n nuwe genade!
« on: July 11, 2011, 08:24:09 AM »
Vanoggend het Stof 'n afspraak wat hy al amper vier jaar voor wag.  Die legger het 'n paar keer "weggeraak", dan weer misterieus verskyn, en net voor die prosedure tot 'n punt kom, gewoonlik weer voete gekry.  Hierdie keer het Stof guns gevind en is voorsien dat niks weg is nie.  As alles goed gaan, is nog een van sy papiere in plek.  Sal my forummaatjies vandag saam met my in gees daar wees?

En sodra dit afgehandel is, word meer detail met dankbaarheid gedeel.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #1 on: July 11, 2011, 08:29:04 AM »
Ek hou al my duime vir jou vas Stoffie,  mag die saak spoedig afgehandel word.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #2 on: July 11, 2011, 12:34:59 PM »
Psssss, Stof, kyk so bietjie op jou linker skouer....
ek is daar hoor... :angel12:
Sien jy my...dis okay ek is daar,
laat hulle nou net moeilik raak dan haal ek my "horinkies" uit
en hulle sal alles doen soos dit hoor.  :icon_biggrin:

~Sterkte~

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #3 on: July 11, 2011, 03:14:04 PM »
Alles het goed verloop.  Stoffie moet nou net sy eksamen slaag dan kan hy doen wat hy graag wil doen.   :icon_biggrin:  en dit kan hy self kom vertel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #4 on: July 11, 2011, 07:28:10 PM »
Om die konteks hiervan te verstaan, moet jy eers na die verhaal van Stof se dood gaan luister. 
http://www.stof.co.za/spook.htm
Daarna sal jy verstaan dat die oomblik as iemand afsterwe, verloor hy bepaalde kwalifikasies en outoriteite.
So het dit ook gegaan met Stof se huwelikslisensie.  Skielik kon 'n dooie man nie meer ander se huwelike staatkundig vasmaak nie.
Die afsterwe is al opgelos in Desember 2008.  Maar van die res van die kwalifikasies, is nog steeds 'n paar soek.  Vandag het die "hoofkantoor", bestaande uit engelsmanne en xhosas, uiteindelik 'n uitreiking gedoen wat dit nou moontlik maak dat Stof baie binnekort net die aanvullende eksamen oor die wetswysigings moet afle, dan het hy sy papiere terug.  Maar beter nog, alle korrespondensie gaan nou na Akasia kantoor, waar daar hoofsaaklik boertjies, Sotho's en Tswanas werk.  En dis seker al algemene kennis, met 'n Sotho en 'n Tswana mens, kom 'n mens baie verder as met 'n xhosa.  Al die papier en nuwe wette is nou in Stof se hande.  Hy moet net, sodra hy gereed is, Akasia laat weet, dan doen hy die ekstra eksamen, en daarna kan hy weer al sy pligte nakom.  Sou iemand dus 'n permit benodig om 'n medemens wettiglik op hok te mag hou, sou Stof dus daarna weer die vonnis kon vel...

Nou vra Stof net elkeen se saamstem oor die saak, dat die laaste myl wel sal gaan. 
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #5 on: July 12, 2011, 08:52:00 PM »
Genade Stof dit klink asof jy deur diepe diepe waters moes wandel! Bly om te verneem dat dat jy darem nou weer as't ware amper aan wal is!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #6 on: July 13, 2011, 07:46:23 AM »
 :hello:

Ek hoop dit het baie goed gegaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #7 on: July 13, 2011, 08:27:49 AM »
Hier kom ons twee ook aan met net die beste wense, dat alles voorspoedig sal verloop matertjie. Dat jy weer siele kan verbind in die eg  :notworthy:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #8 on: July 13, 2011, 10:07:21 AM »
Stof se vraestel word nou gemerk.  Die eerste uitslag was 78%  Ek hoop die ander s'n is effens hogerer!  :icon_biggrin:

Kom vertel Stof,  ons wag!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #9 on: July 13, 2011, 01:23:17 PM »
Moed hou mense, julle wat so troulustig is.  My afspraak is versoek word nog verwerk.  Ek sal D.V. in Volgende week week wanneer die gegriffltjie gebeur.  En eers daarna, kan julle kom vra vir lisensies om julle gades wettiglik op hok te hou!

Maar dis nie meer lank nie.  Net om die draai.


Dan wil Stof ook, in dieselfde asem, weer die volgende stelling toets by die forumdieretuin:

Die kerk, wat God as hoogste gesag erken, aanvaar slegs 'n ateistiese staat se vorm van huwelik as heilig...

Dink daaroor, en gesels saam.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #10 on: July 16, 2011, 01:31:22 PM »
ek weet van een of twee huwelike wat voltrek is net met die kerkseremonie, sonder dat die lands-wetregister geteken is. maar ek weet nog steeds nie of enige kerk dit as algemeen "getroud" aanvaar as dit so gedoen word nie. vir my is dit egter "meer" getroud as voor die landdros of binnelandse sake.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Vandag, 'n nuwe genade!
« Reply #11 on: July 16, 2011, 08:55:13 PM »
Ja Stof dis nogal 'n interessante observasie. Die kerk moet hom seker aan die llandsweete gehoorsaam hou. Gee die Keiser wat hom toekom en al daai goed.

Op die onderwerp van trou: Die gesegde lui dat trou nie perdekoop is nie. Die vet weet skei beslis ook nie.