Author Topic: Ek wil net graag weet!  (Read 38058 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek wil net graag weet!
« on: July 05, 2011, 09:45:04 PM »
Ja juis, dit is al laat al en ek is al vol wyn al, maar ek wil net graag weet!  Hoekom is skrywers, of kunstenaars oor die algemeen, altyd so platsak dat hulle vir niks kan betaal nie?    Ja, jy wil by my kom kuier en 'n hond uit 'n bos uit kuier, maar as ek nie nie die kos en wyn, of die drank van jou keuse, kan voorsien nie,  dan het jy iets anders aan en kan dit nie maak nie.   Hoekom plyt jy armoede?  As iemand my op hierdie vraag kan antwoord sal ek uit my eie vel uitspring en die volgende byeenkoms sponser!  Gee asseblief net vir my 'n logiese antwoord!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #1 on: July 05, 2011, 09:52:30 PM »
gits ek voel as een by jou omkuier eet en drink hy/sy wat voorgesit word en as jy bang is die wyn is nie na jou smaak nie dan bring jy jou eie wyn saam. kos eet jy wat voorgesit word. ongelukkig kan ek nie jou vraag antwoord nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #2 on: July 06, 2011, 01:26:52 AM »
Dink ek so by myself, hierdie soort van kuiergas behoort mens nie te mis nie  :icon_biggrin: Ek sal bordjie laat maak in die plek van die gewone welkom: Hou verby. Menu van jou keuse by die Golden Inn.  :bootyshake:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #3 on: July 06, 2011, 08:36:28 AM »
Hoekom laat almal my altyd skuldig voel omdat ek arm is?  :dontknow:
Dit IS altyd lekker om by PM te kuier maar ongelukkig Bly sy vir my salaris aan die ander kant van die wereld.  :hello:
Nou kuier ek maar by trappies en eet sommer net pitza of vliessop en brood of lekker stamp. Arm mense se kos is darem ook lekker.  :headbang:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #4 on: July 06, 2011, 08:47:32 AM »
ekhet eenkeer iewers gelees, die kos en drank is eintlik 'n bysaak, dit moet liewer gaan oor die lekker kuier.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #5 on: July 06, 2011, 09:22:19 AM »
Ek stem saam. By PM kuier mens lekker. Ek is nie juis lief vir wyn nie, maar PM het lekker koffie.  As jy sekere goed nie, eet nie, eet iets anders of eet brood of eet niks.  Ek stem saam, vat my soos jy my kry of hou verby.  Ek probeer moeite doen as iemand 'n siektetoestand het of ek weet iemand hou nie van iets nie, sal ek dit nie aspris maak nie, maar ek maak kos volgens my budget.  Kuier is hoofsaak. Ons sien mekaar hopeloos te min andersins.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #6 on: July 06, 2011, 09:29:31 AM »
Op die punt van lekker kuier.  Het die res van die forumlede al hulle uitnodigings na Vrydag se ope verhoog-aand gekry?  Stof is hartseer, want die organiseerder het hom nie genooi nie.  PM het gesê hy is regtig welkom, maar hy voel sleg om sommer net op te daag as die organiseerder hom nie genooi het nie.  Kan van dié wat uitgenooi is dalk vir Stof sê hoe laat dit gebeur, want hy is lus om in te sluip...  Die ding kan mos net lekker wees.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #7 on: July 06, 2011, 10:26:58 AM »
Ope verhoog aand?
Ek bly seker te ver...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #8 on: July 06, 2011, 11:19:48 AM »
 :hello:

Ek was ook al daardie platsak een, maar 'n mens probeer dan regtig om wel iets saam te bring- al is dit klein en as jy so platsak is dat jy nie eers 'n brood of slaaitjie kan bring nie, probeer 'n mens maar om iets kunstig/kreatief te maak soos bv. 'n kaartjie net om te wys dat jy dankbaar en bly is om daar te kan wees.

Ek moet ook skuld erken met die kossmake. Ek sal heel gewilliglik brood eet en dit geniet, maar brand goeters brand net te veel en dan is dit trane en nie meer lag nie. ;-)

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #9 on: July 06, 2011, 11:20:34 AM »
Ope verhoog aand?
Ek bly seker te ver...


 :icon_bigsmurf:

Nee wat, dis teen die noordelike hang van die Magaliesberg.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #10 on: July 06, 2011, 12:37:30 PM »
Ek is bly om te sien julle is weer hier.  Ek was skoon siek omdat die forum so lank af was.  Groei pyne!!!  Gelukkig is ons nou weer hier!    :hello2:

Ons is gelukkig dat ons alles eet en selfs 'n broodjie is lekkerder as iemand anders dit gemaak het.  Normaalweg vra ek nie vir iemand om iets saam te bring nie,  maar as daar 'n groot groep is dan verwag ek dat elke ou 'n bydrae moet doen. 

Vrydagaand wil ons, soos Stof sê, 'n bymekaarkom hier by ons huis in Annlin hou.  Natalie bring haar klanktoerusting en die wat wil sing, sing, of lees van sy gedigte voor, of vertel 'n grappie, of kuier net lekker saam.  Ek maak 'n groot pot sop en broodjies en koffie of tee.  Die toegang is R20.00 per persoon.  As jy wil kom en jy kan nie betaal nie was jy
skottelgoed,  :bootyshake:  maar jy is nog welkom.   Elke ou bring sy eie ander drinkgoedjies saam.

Ons nuutste nuweste lid, Marie vannie NZ, is hier in SA en sy kom kuier saam. 

Naas, ek wens jy en al die ander Kapenaars kon ook hier wees.  Julle is eintlik genoeg om ook 'n lekker forumaand te hou.  Gawie en Adéle bly ongelukkig ook ver, om nie eers van Raaitjie te praat nie,  maar ek hoop die nadere ouens kan dit maak. 

Fransi, ek belowe daar sal niks brandgoete in die sop wees nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #11 on: July 06, 2011, 08:55:46 PM »
oor die vraag wat jy vra PM kan ek waarlik nie 'n antwoord gee nie. het nog altyd lekker gekuier en ge-eet so saam met jou en H.

stof ek dink nie daar het uitnodigings uitgegaan nie maar ja ek sal my klank daar he so saam met 'n stellenrijk rouge - ek dink stellig ek mag dalkies 'n 1720 oesjaar in my kelder he  :angel12:

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #12 on: July 06, 2011, 09:43:03 PM »
stof ek dink nie daar het uitnodigings uitgegaan nie...

Dan is Stof se waarneming waarskynlik heeltemal foutief en afwykend.  Hy was defnitief onder die wanindruk dat die organiseerder wat op versoek van PM, die uitnodigings sou stuur, aan dieselfde tafel gesit het as hy, toe sy gese het sy sal sorg dat elke lid persoonlik en betyds 'n uitnodiging kry.  Ai, dis sleg as 'n stofluis se begin koekoe raak.  Dat die simpel luis nou sowaar hom al dinge begin verbeel.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #13 on: July 07, 2011, 11:59:47 AM »
Lepinotus

As ek reg onthou het jy 'n thingamajig op die forum geskep vir die spesifieke doel maar ek kan nie sien dat daar soiets op is nie - miskien is daar 'n stellenrijk rouge newel oor my geheue - ek sal maar 'n paar knope in my naelstring moet maak sodat ek nie vergeet om mikrofone ens. saam te bring nie. Gaan jy die opname ding bedryf?

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #14 on: July 08, 2011, 01:23:08 PM »
"Fransi, ek belowe daar sal niks brandgoete in die sop wees nie!   "

 :hello:

Dankie PM.  :icon_biggrin:

Julle moet die aand geniet.