Author Topic: Bekaai(d)  (Read 4801 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Bekaai(d)
« on: July 22, 2020, 10:45:26 PM »
Dankbaar teenoor Elsabe vir die wys op hierdie uitdrukking wat dui daarop dat jy die slegste afgekom het uit 'n situasie en dus bekaaid gelaat is  :icon_biggrin:  :book1: :hello2:

Die moontlike herkoms van die woord is blykbaar van die Nederlandse bekaaien wat op sy beurt weer gene deel met bekauwen/bekeeuwen. As visse kom lug skep in erg besoedelde water. Die uitdrukking is dan glo ook gebruik as 'n skip se seile slap hang in windstilte.

Kom ons hoop ek kom nie vandag bekaaid anderkant uit met die aanvang van 'n nuwe module nie  :bootyshake:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Bekaai(d)
« Reply #1 on: July 23, 2020, 09:33:47 AM »
Dit voel of ek nuut in st 6 is .... nog nooit gehoor nie, dankie Raaitjie  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekaai(d)
« Reply #2 on: July 23, 2020, 01:53:23 PM »
Bekaaid!  Nadat die skip die hawe verlaat het en jy jouself op die kaai bevind?  Verlore?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bekaai(d)
« Reply #3 on: July 24, 2020, 05:18:08 AM »
Ek dink hy werk PM  :icon_biggrin: :notworthy: inderdaad is jy dan seker 'bekaaid'  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekaai(d)
« Reply #4 on: July 24, 2020, 12:14:52 PM »
Inderdaad.  Nog 'n mooi woord nê.
Om te weet is om te verstaan.