Author Topic: botswana deel 9 A  (Read 2700 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana deel 9 A
« on: July 05, 2011, 08:07:07 PM »
Deel 9

Sondag vroeg oggend op Kasane opgestaan opgepak en rivier toe gery om met die ferrie oor die rivier na Zambië te gaan. Ons was so half 8 se kant oppad. Naby die doeane is toe 2 lang rye lorries wat wag en wag en wag.

Ons het getel en in totaal voor die doeane en na die doeane tot by die rivier was daar iets soos 93 gewees.
Net voor die doeane het ek by een gestop wat ons nasie is en ons taal praat. Hy gee toe paar tips en vertel wat om te doen en nie te doen nie. Ek vra hom toe van die “runners” wat ek gehoor het mens help met die papier werk aan die ander kant. Hy sê dis goed om van hulle gebruik te maak maar hulle gaan ons verneuk wees versigtig.
Ek vind ook toe by hom uit dat die wisselkoers is 450 zambie kwatsa (ZK) vir een rand en aan die anderkant is ‘n swartman wat hulle die bynaam olifantwinkel (of olifantfontein) gegee het by wie jy kan omruil.
Die ferry het 20 US$ gekos om oor te gaan. Ons het by die huis reeds dollars omgeruil. Dit moet  in dollar betaal word.

Die blanke lorrie drywer sê toe ek moet vir Humps vra om ons te help, hys darem nie so erg skelm nie, dalk net minder opsigtelik skelm as die ander?
Die wat jou so graag wil help is nou die “runners.”  Hulle kom van Zambie se kant met die eerste ferrie oor en kom vra dan of hy jou papierwerk solank kan gaan doen op die ander kant. Dis nou die ferrie betaal en carbon tax en kazangula se distrik tax. Hy sê ook wat dit kos vooraf en dan gee jy hom jou voertuig se besonderhede nie die regestrasie papiere nie.
Ek kannie al die kostes onthou nie.

Ons is toe eers deur Botswana se doane, gelukkig kry ligte voertuie voorkeur en jy mag by al die lorries verby ry. Daar was so 6 ligte voertuie voor ons in die ry. En daar staan ons en wag en wag. Hoor toe dat die ferrie moes al 6 uur begin werk het en nog niks gebeur nie. Al 2 ferries is Zambie sin en word in die aand aand die noorde kant van die rivier gelos vir die nag. Van die mense daar sê hulle wag toe al van 6 uur af en niemand weet hoekom nie en ook nie hoe laat hulle gaan begin werk nie.
Dus wag ons maar saam.
Foto 273 F wys so naby maar so ver. Die ferries wat stil staan anderkant



274 F mense wag, so af en toe het daar so klein bootjie oor gevaar om mense heen en weer te neem. Die meeste mense wag egter vir die ferrie want hulle gaan verniet oor as passasiers.





267 F so wag ons steeds en gesels maar.



277 K later raak ons bekommerd want hier staan ons en hoe lank nog? Ons begin wonder of ons nie dalk  moet omdraai en deur zim of  caprivi Zambie ingaan nie. Caprivi om is 140 km en 1 grenspos ekstra wat R160 gaan kos vir pad belasting in Suid Wes. Zim is selfde afstand maar duurder agv die belastings wat ook in Zim betaalbaar is en ek het 60 liter brandstof in jerrykanne gehad wat ons nie geweet het of dit afgevat en/of belasbaar is nie. Dit raak al later 9 uur en ons besluit om teen half 10 te besluit nog wag of  omdraai of wat ook al.



As ek reg onthou was dit so 10 oor 9 se kant toe sien ons die rook uit die ferrie se skoorsteen en weet daar is nou effe aksie in Afrika.
278K ferrie oppad en eerste een het so half 10 gestop aan Botswana se kant.



279 F eerste wat jy sien is die horde mense wat voor op die ferry staan.



280 F hier kom die runners en hulle sal jou uit die pad hardloop om eerste daar te wee som besigheid te doen met wie ook al. hulle sê ook hulle mag nie lank bly nie en  wanneer die ferry weer vertrek moet hulle op wees anders word hulle toegesluit vir onwettig in  Botswana wees.



Ons het toe vir Humps gekry, hy het nogal ‘n kaart met foto en naam op en besluit ons maak van hom gebruik. Gee hom die inligting en skryf op voor die tyd wat die koste is vir die voertuie en ook wat sy fooi is ( R50 per voertuig) en dat ons nie kwatcha het nie en hom in rand kan betaal teen wisselkoers van 450 teen 1. Hy stry toe eers vir 400 teen een maar ek sê ek het uitgevind die koers is 450 en hy stem toe in.

So is hy en die ander runners weer op die ferrie en oor anderkant toe en ons wag steeds ons kans af.
281K

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.