Author Topic: Dis die lewe dis die lot  (Read 1754 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dis die lewe dis die lot
« on: June 13, 2020, 01:55:29 PM »
Glo jy dat jou lot vooruitbepaal is?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dis die lewe dis die lot
« Reply #1 on: June 14, 2020, 11:23:23 AM »
Nee, ek glo nie daarin nie.  As dit so is kan 'n mens mos maar net voortploeter en maak soos jy smaak want dit maak dan nie saak wat ek doen of hoe ek dit doen, die goed is bestem om op my pad te kom... ??

Die lewe is hard en wreed, punt.

Jou denkwyse moet doelgerig en positief wees. Jou handelinge, reaksie en benadering bepaal die uitkoms na die een of ander kant toe, maak nie saak wat die situasie ook al is nie. Dit is soms buite ons vermoe om hartseer en trauma van die lewensgang altyd te verhoed en in ander gevalle moet ons gesonde verstande gebruik en die deursettingsvermoe om dit wat jy kan vermy of verhoed te systap en dit wat jy graag wil bereik, suksesvol aan te pak en deur toe voer na die beste van jou vermoe.

As jou lot vooruitbepaal is, is dit vir my onsettend wreed en onregverdig dat onskuldige kindertjies kanker kry, dat oumense wreed gemartel en vermoor word. Dat siektes en verhongering die dood en lyding van miljoene onskuldige mense veroorsaak. Hulle lot was vooruitbepaal? Dat hulle vasgevang was in die situasie is verseker maar dat Iemand besluit het dit is hoe jou lewenspad gaan lyk, finish en klaar is vir my totaal onaanvaarbaar.

No ways. (My tiener kleinseuns se geliefkoosde uitdrukking).

« Last Edit: June 14, 2020, 11:27:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dis die lewe dis die lot
« Reply #2 on: June 24, 2020, 01:21:08 PM »
Ek het nou 'n paar dae gewag in die hoop dat ek nog 'n paar opinies kan kry, maar dit lyk vir my ek wag verniet.  :dontknow:


Baie dankie vir jou inset Raaitjie.  Dit is 'n onderwerp waaroor ek dikwels top en kan nog steeds nie 'n antwoord vind nie. 



Ek sou regtig graag wou hoor wat ander ook seg. 
Om te weet is om te verstaan.