Author Topic: Amakeia  (Read 341 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9548
  • Gender: Female
Amakeia
« on: March 17, 2020, 11:57:26 AM »
Amakeia
('n Voorval uit die Sesde Kafferoorlog)

In die skadu van die berge,
Bos-beskut aan alle kant,
Staan alleen die hartbeeshuisie

Op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
Op die wal van Kei-rivier,

Tot hy slaap, die tere wiggie
Van die blanke pionier:

‘Stil maar, stil maar, stil, Babani,
Kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
Stil maar, al is Mammie ver.’

Amakeia had belowe
Toe haar nonna sterwend was,
Om die hulpelose kindjie
Tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
Tot vir hom die lewenslig
Straal uit aia Amakeia's
Vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
Oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
Uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
Met die wit kind op haar rug,
Na die Amatola-berge
Het sy ylings heen gevlug.

‘Stil maar, stil maar, pikanienie,
Oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
Môre sal ons huis toe gaan.’

Ag, dat oë van verspieders
Ook haar skuilplaas moes ontdek!
‘Spaar hom, hy's so klein nog,’ smeek sy
Met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
‘Sterf of gee die wit kind hier!’
‘Oor my lewelose liggaam...’
Antwoord Amakeia fier.

‘My belofte aan my nonna -
Beste wat daar ooit nog was -
Waar hy gaan, moet Amakeia
Saamgaan om hom op te pas.’

 ‘Is jul lewend nie te skei nie,
Bly dan in die dood vereen -
Kort proses met haar, 'Maxhosas,
Laat die blink asgaaie reën!’
*

In die Amatola-klowe
Sing nog net die winterwind
Deur die riete in die maanskyn:
‘Tula - Tula - stil, my kind!’
« Last Edit: March 17, 2020, 12:11:41 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1764
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Amakeia
« Reply #1 on: March 25, 2020, 05:01:20 PM »
Saam met Vergewe en Vergeet van Totius het ek dit aan moedersknie geleer .... vandag nog bekend ....
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9548
  • Gender: Female
Re: Amakeia
« Reply #2 on: March 25, 2020, 09:12:37 PM »
Dankie Adele, jy kan dalk vir ons Vergewe en Vergeet aanlas.  Ek mis jou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1764
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Amakeia
« Reply #3 on: March 26, 2020, 06:22:22 AM »
Vergewe en vergeet - Totius

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
vat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap."

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie m e r k word groter
en groei maar aldeur aan.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9548
  • Gender: Female
Re: Amakeia
« Reply #4 on: March 31, 2020, 10:13:26 PM »
Dit is werklik verbasend, as ons deur "die bos" ry, dit is nou ons reservaat, en ons sien waar 'n boom "gewond" is, en hoe die merk saam met die boom gegroei het.  Ons sien dit ook deur ons geskiedenis, dat 'n wond groei en groei.  Dit is so jammer dat ons nie kan plek maak vir "nuwe groei" nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.