Author Topic: Kuier  (Read 2716 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Kuier
« on: December 07, 2019, 11:22:26 AM »
Soos in nou, is hier 175 gaste wat hier deur die gange dwaal en wonder ek oor die voor- en nadele van ons forum; wonder ek oor die positiewe/negatiewe gemoedere wat hul hier vind. Geen geselskap bied net positiewe gedagtes nie, nee ... dis alledaagse dinge soos skole, politiek, kerksake, geloof, die weer, beurtkrag, tuinpraatjies, siek vriende/familie, die nuutste flieks, gevare op ons paaie ....

Hier kan iets van alles wees as julle almal wil aansluit en saam gesels. Hier is bemoediging en skouers om op af te pak, wat verstaan wanneer om stil te bly ....

Maar die deelname is 1% van die saamlees. Dit voel vir my of hierdie net 'n blog is vir enkele van ons skrywers. Ons waardeer en gee nie om as julle almal lees nie, maar terugvoering oor wat dit julle bied, wat jul hierin ervaar, sal ons arms ook hoog hou.

Aan ons lede hier, kom klim terug en skenk ons ook die vreugde van julle skrywes en raad en ervaring ens ens ....
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kuier
« Reply #1 on: December 08, 2019, 07:59:59 PM »
Vandag was hier 231 op 'n sekere tyd, dankie aan elkeen van julle wat kom inloer het  :love7:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kuier
« Reply #2 on: January 16, 2020, 10:48:38 PM »
En vannag by julle en vandag by ons lyk die besoekersgetal so... Most Online Today: 259. Most Online Ever: 474 (November 19, 2019, 11:00:02 AM)
Dankie tog vir gaste wat deur die donker forumgange dwaal  :hello2: :notworthy: