Author Topic: Gebore om dood te gaan  (Read 2652 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Gebore om dood te gaan
« on: December 02, 2019, 11:22:05 AM »
1ste Januarie word ‘n jaar gebore…
31ste Desember gaan hy dood.
Tussenin gebeur die lewe…

In pyn word lewe gebaar…
Met liefde gekoester en gegroei…
Wanneer Desember aanbreek…
Pyn… lyding… harsteer… afskeid…

31ste Desember is alles verby…
Die lewe het gebeur…
Verlange en vrae bly…
……………………………..???


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #1 on: December 03, 2019, 04:06:51 AM »
Die lewe is hard my maat... kliphard en die meeste vrae gaan daar nooit antwoorde voor wees vir ons nie  :crybaby2:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #2 on: June 03, 2020, 09:36:46 AM »
Ja Oom Naas. So sit ons nou covid-gelym in 2020 vas. Loer ons by die deur uit is ons jaar verby...

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #3 on: June 03, 2020, 10:49:37 AM »
Vreesbevange was nog nooit so deel van 'n mens se lewe nie. As ek nou 'n groep mense bymekaar sien voel dit of iemand my keel toedruk. Ek leef soos 'n kluisenaar :crybaby2:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #4 on: September 08, 2021, 02:03:27 AM »
Heen en weer
in tronksel huise,
geslot met kouewit grendels,
vasgekerker in vrees
word lewens ingeperk.

Een prik...
Twee prik...
Phizer
kan kettings breek.
Maar onkunde,
selfsugtige domastrantheid
se vrees,
keer
dat
virus
ent.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #5 on: September 08, 2021, 11:29:18 PM »
 :notworthy: :hello2: :book1:

Lig my hoed en knak my knieg! Daardie laaste woorde som die domastrandheidsprobleem een vir een perfek op!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #6 on: September 09, 2021, 05:32:30 AM »
 :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #7 on: September 12, 2021, 06:07:25 PM »
Wel gedaan Assie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #8 on: September 12, 2021, 09:14:10 PM »
Naas, na aanleiding van Elmarie se stryd met oumense wat weier om geprik te word, maak hierdie baie sin. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #9 on: September 12, 2021, 09:50:34 PM »
Jip. Ek beleef die virus in sy naakte ongurigheid en het geen tyd vir domonnosel idiote wat hulself en ander in gevaar stel omdat hulle selfsugtig is nie.
Niemand kan in vandag se tegnologie se hulle is nie ingelig nie.
Maar hulle glo al die stront wat leke vir hulle optower.
Op die ou end wanneer hulle siek word en onskuldiges aansteek dring hulle aan om gehelp te word.
Wag laat ek liewer stilbly...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #10 on: September 12, 2021, 09:55:46 PM »
Help my nou uit asseblief.  As ek geprik is ervaar ek net die siekte in 'n ligter graad. Reg?
Kan ek nog ander mense aansteek?
Is ek gevrywaar van die siekte?
Is die inenting nie net vir my eie beskerming nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #11 on: September 12, 2021, 10:11:06 PM »
Die eerste prik werk eers na 14 dae so in daai tyd kan jy nog lelik siek word.
As jy die prik gehad het en. Jy word siek verminder jou kanse om ernstig in die hospitaal te beland met 90%
Ja jy kan nog ander aansteek en ja jy kan nog siek word maar jy sal nie so ernstig siek word nie.
Die bejaardes by ddie ouetehuis wat ingeent is word sommer gou gesond en sukkel nie te veel met asemhaling ens nie maar die sonder entstof gaan maklik dood. Soos ek se, reeds 4 sedert Woensdag en nog 'n paar sukkel met asemhaling terwyl Elmarie nerens suurstof of plek in hospitale kan kry nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #12 on: September 12, 2021, 10:14:53 PM »
Hier by ons glo die mense dat kouwwit sal ophou sodra almal geprik is.  Ek weet darem nie.  Ons is maar steeds baie versigtig en ruik soos alkohol op wiele. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #13 on: September 12, 2021, 10:18:18 PM »
Covid is hier om te bly maar soos polio en al die ander siektes kan ons dit beheer deur vaksinering.
Die probleem is dat die virus aanhoudend gaan miteer as ons dit nie onder beheer kry nie en dan gaan ons nog baie jare sukkel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebore om dood te gaan
« Reply #14 on: September 12, 2021, 10:24:12 PM »
Ek glo dat tegnologie sal oorheers.  Soveel aaklike siektes is oorkom met entstof en ek glo nie covid sal 'n uitsondering op die lys wees nie.  Dit is net 'n kwessie van tyd.  Wat is jou siening aangaande die 3de prikkie?  Dink jy ons staan 'n kans, of dink  jy dit is nie nodig nie?
Daar is soveel spekulasie om die derde prik.  Die who meen ook dat dit nie beskikbaar sal wees voordat almal 'n tweede prik gekry het nie.  Hulle praat ook van 'n prik per jaar.  Hoe dan nou?

Om te weet is om te verstaan.