Author Topic: Inspirasie uit die natuur gevind vir bleikmetodes.  (Read 5035 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Inspirasie uit die natuur gevind vir bleikmetodes.
« on: November 25, 2019, 02:22:11 AM »
In ons geweste is daar 'n nuwe ou neiging vir 'knoop & doop' en onder andere die bleikmetode om klere 'n stukkie kreatiewe sprankel te gee. Die gogga het my ook gebyt na sekere dele van Aus weer die knie moes buig vir bosbrande wat wyd en syd amok gemaak het. Indien jy hierdie metode wil toepas sal ek ten sterkste aanraai dat jy 'n baie goeie masker aanskaf en 'low odour' bleikmiddel verdun met 50% water gebruik.

Sorg dat daar ook genoeg ventilasie is! Ek (en die asemdief) was gewapen met geleende asems en drie waaiers wat giftige gasse uit die lug verwyder en ook bakterie vernietig.

Takkies uit die tuin is neergesit en liggies van 'n afstand af, om dit gesprei. Een bloesie het ek 'n ketting neergesit en dieselfde gedoen.



Ek het 'n salon spreibottel gebruik om die verdunde bleikmiddel in te span en sommige dele soos die voorpante was net gedeeltelik gebleik. Beplanning vooraf is dus nodig veral as jy wil meng en pas.



Die syserpie het ook pragtig gebleik en die uwe was baie in haar skik met my meng-en-pas reeks.



Toe was ek nuuskierig om te sien hoe bont materiaal sal reageer as dit ook met hierdie metode bygedam word en die eindproduk was heel verrassend! Ek het twee van dieselfde ligte jassies gehad en een gedeeltelik gebleik.



Die volgende inspirasie het ek in die buiteblad van my resepteboek gevind...



« Last Edit: November 25, 2019, 02:30:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Inspirasie uit die natuur gevind vir bleikmetodes.
« Reply #1 on: October 31, 2021, 11:41:09 PM »
Loer ek saam oor iemand se skouer en wonder wat kan ek vandag gryp en bleik  :icon_biggrin: :toothy4: maar vir eers is dit terug boeke toe lol.
« Last Edit: November 01, 2021, 03:52:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Inspirasie uit die natuur gevind vir bleikmetodes.
« Reply #2 on: November 01, 2021, 07:47:18 AM »
Ek dink dit is wel gedaan.  As jy nog iets bleik moet jy asseblief die skakel deel. 
Om te weet is om te verstaan.