Author Topic: Sintuiglike Vers  (Read 3429 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Sintuiglike Vers
« on: September 20, 2019, 04:48:49 AM »
Dieselfde beginsels word toegepas soos in ons sintuiglike gedigstruktuur waar al vyf die sintuie kreatief ingespan word.

Daar is een groot verskil met die skep van hierdie sintuiglike vers: Elke reël in my enkelvers het agt lettergrepe en die titel bestaan ook uit agt lettergrepe. Die aantal reëls in jou vers is onbeperk solank jy al die sintuie ingespan het in jou woordwa. Met die gewone gedigstruktuur was daar geen ander vereistes rakende lettergrepe of aantal verse nie. Daar was ook nie 'n verseisde vir titels nie.

Ek het die voorbeeld wat geskep was vir ons ou sintuiglike gedigstruktuur in die woordskuur, geskommel en versnipper as voorbeeld.

*Bitterbessie Lewensseisoen

Onverpoosd fel heeljaarswinters
geraamtes wat nog asemhaal
'wyl dood bly hang soos bloekombas
knibbel gal en edik stom voort...

© Meraai vannie baai.

Verskuilde sintuie:
Heeljaarswinters - voel die koue van kroniese depressie.
Asemhaal - hoor die snakkende asemteue.
Dood wat hang - kenmerkende reuk van die dood wat hang soos die 'swartjas'.
Bloekombas  - sigbare voorkoms van verweerde gees, siel en liggaam.
Gal en edik - bittersmaak van selfverwyt van hulle wat agterbly.

*Hierdie vers is geskep na die selfmoord van ons seuns se jarelange skoolmaat in Suid Afrika.

« Last Edit: September 21, 2019, 06:57:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #1 on: September 20, 2019, 10:43:49 PM »
Geskoei op nuwe fondasies kan die riglyne vir 'n sintuiglike vers aangepas word deur die aantal lettergrepe per reël te verander na gelang van lettergrepe in die titel. Die lettergreep vereistes dwing die digter om ritmies en kreatief te delf in ons ABC skatkis.

Deur die vyf sintuie in een vers te gebruik dra jy 'n kort boodskap oor aan jou lesers wat hulle verbeelding prikkel en emosies kreatief oordra. Soos gewoonlik bied streng riglyne 'n uitdaging wat ek intens geniet.

Vou daardie vyf getroue vriende om 'n stukkie lood of doop jou pen in ink en skep jou eie  :headbang: :hello2: :book1:


« Last Edit: September 20, 2019, 11:19:35 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #2 on: September 21, 2019, 06:40:59 AM »
Hier is my voorbeeld van 'n sintuiglike vers met vyf lettergrepe per reël:

Seëning van Bo

Rammel donderweer
deur hemelruim grou;
heuningsoet die groet
van aroma-plof
wat prikkelend terg.

© Meraai vannie baai.

Ek het 'Seëning' getel as 3 lettergrepe. Indien dit net twee is, kan die meervoud gebruik word 'Seëninge'. Altyd onseker oor hierdie ene  :icon_bigsmurf:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #3 on: September 22, 2019, 05:08:51 AM »
Verskuilde Sintuie

As stilte my doof maak (Naas)
en die blare versmoor (Adele)   
dan ruk en pluk die rou (PM)
soos dryfhout vaal verweer (Angelica)
is die wraak yskoud soet. (Jeannedarc)

Ek het ure se genot gehad terwyl ek deur ons maters se woordskatte gedwaal het opsoek na 'sintuie wat sin sal maak' in saamgestelde vorm.
« Last Edit: September 22, 2019, 05:12:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #4 on: September 22, 2019, 07:39:09 AM »
Ek ruik die reën se kom
Proe die nat op my tong
Hoor hoe die druppels plof
Voel die yskoud naalde
Sien hoe die plaas jubel
Nou loop my hart weer oor.

 :mumum:
Tel emosie as 'n sesde sintuig.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #5 on: September 22, 2019, 10:57:17 AM »
Lig my hoed en knak my knieg Assie. Prrragtig!!  :love7: :hello2: :icon_salut: Inderdaad is emosie die sesde sintuig!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sintuiglike Vers
« Reply #6 on: September 15, 2021, 03:05:42 PM »
Ek voel op my vel en ek voel ook in my hart.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.