Author Topic: deel 7 A  (Read 4493 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
deel 7 A
« on: July 05, 2011, 06:13:14 PM »
DEEL 7

Saterdagoggend het ons die pad na Kasane gevat. Langs pad die watergat gesien

Foto 195 A



Foto 196 A wys savuti se noordhek.



Die pad voor die noord hek is sleg en die volgende 45 km daarna is slegter en sommer ‘n simpel pad soos Faffa dit genoem het. Gelukkig nie sinkplaat nie maar wel so op en af soos klein duine. Dit neem sowat 1 uur om daai 45km te ry en as hy langer was het sommige van ons, ek inkluis, seker seesiek geraak. Dis heeltyd “low range” 2 de en 3 de rat tussin 3 en 4 duisend rpm.
197 A  sandpad



Na die 45 km kry ons ‘n kruispad en draai regs op dubbelpad wat sowat 40% beter as die simpel paadjie
is.

198 A al is dit ‘n dubbelpad is dit nog nie die N1 tussen Paarl en Kaapstad nie.



200A  ons het vinniger as Faffa gery aangesien hy ‘n sleepwa getrek het. Hier gou gestop om te wag en seker te maak hulle is nog oppad.



Op Kasane gekom het ons by die Chobe Safari Lodge ingeboek en kamp opgeslaan. Terwyl ons nog so doenig was, het hierdie vlakvarksog en haar 3 kleingoed deur die kamp gedraf.
201F




202 F ons kamp in kasane en ek het weer na ‘n week kontak huistoe gemaak. Was lekker om weer Antionette se stem te hoor.



204 F die geboue by die lodge, so effe duur vir ons sak.




205 F wys die kuier area en swembad by chobe safari lodge en links agter is die eetplek waar ons die aand buffet gaan eet het.



Nadat ons kamp opgeslaan het en als reggekry het is ons dorp toe. Het gaan petrol ingooi. Foto 207A wys die lorrie wat kom diesel aflewer, kyk onder die lorrie staan ‘n emmer wat die diesel wat mors opvang.



Ons het by Cresta Mowana Safari Lodge gaan inloer. Dis baie mooi daar.  Op foto 208F staan Alida voor die ingang van die plek.



Die plek is ontwerp dat die kremetartboom die middelpunt is. Die gebou is so half rondom die boom gebou.
Foto 209 F wys die boom van die ingang se kant af.



210 A wys die kremetart van die ander kant na die ingang. 1 maand voordat die plek sou open het die weerlig die strooidak raak geslaan en als het afgebrand, die 1500 jaar kremetart inkluis.
Hulle het weer gebou en die boom is vervang met ‘n 800 jaar oue kremetart wat op die foto is.




Dit is werklik ‘n baie mooi plek en hier is die ingang van die binnekant afgeneem op foto 211 F.



212 F wys die ontvangs.



Hulle “claim to fame” is Bill Clinton wat 29 tot 31 maart 1998 daar gekuier het.




214 F Alida lyk baie in haar noppies.



215 F ons het toestemming gekry om rond te kyk en hier is ons op ‘n 2 de vlak dek wat oor die river uitkyk. Hulle het ook een kamer oopgesluit dat ons kan loer hoe luuks dit is.


216 F uitgevrete vlakvark houtsnee werk. Daar is baie mooi houtsnee werk te koop by die winkel wat ek voel 2x te veel vir als vra.



217 F hier probeer ek die boesman bang maak of het hy vir my bang gemaak.



218 F wys ‘n mooi spuitfontein by die ingang waar die busse en taxis mense aflaai.



Hierna het ons op ‘n bootrit by die Chobe Marine Lodge gegaan en baie diere gesien. Sal in die volgende aflewering wys
« Last Edit: July 05, 2011, 06:17:14 PM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.