Author Topic: sonsondergang van die jaar  (Read 1596 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
sonsondergang van die jaar
« on: December 12, 2019, 04:43:08 PM »
sonsondergang van die jaar

die see se ongeduld
raas in my ore
sproei
uit eeue se wysheid
'n mantel om al my vrese

skepe van twyfel
droom op haar bodem
en koraalriwwe
kleur my fynste
geheime diep weg

soveel dekades al
huppel en juig ek
deur die genadevalleie
wat my omvou
ná elke krans
waaroor ek kaalvoet klim

en aan die einde van die dag
sit ek op die grootste Rots
vou die hartstogtelike vrede
uit die sonsondergang
van die jaar om my skouers

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: sonsondergang van die jaar
« Reply #1 on: September 13, 2021, 10:36:12 AM »
Het ek heerlik gestap deur jou verse en saam met jou na die sonsondergang gekyk.  Altyd, mooi geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: sonsondergang van die jaar
« Reply #2 on: September 13, 2021, 12:27:56 PM »
 :love7:  :love7:
adéle  :grommit: