Author Topic: Varinggroen oë  (Read 1822 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Varinggroen oë
« on: August 03, 2019, 02:05:26 PM »
Varinggroen oë

Hy kyk in haar oë. Groen soos varingblare, met die mooiste ooghare daarom. Lang, donker wimpers wat by haar donker hare inskakeer. ‘Sy gaan nooit grimering nodig hê om te sien waar haar gesig is nie,’ dink hy.

“Oom?” Haar stem laat hom besef dat haar trane baie naby is.

“Kan ek jou met iets help?”

Hy wil eintlik sê: ‘Ek is nie jou oom nie. Ek wil nie stil staan en luister nie. Ek wil nie mooi meisies raaksien nie.’ Maar sy praat weer.

“Oom, hier moes 'n bus gewees het waarop ek wou klim. Ek besef egter nou dat ek laat is, altans, ek dink so. Maar die bus is altyd laat, daarom was ek nie bekommerd toe die ou lendelambakkie 'n papwiel gekry het nie. Oom, kan ek asseblief saam met oom ry, net tot by die volgende dorp?” Haar stem raak al hoe sagter en sy wys na die bakkie wat 'n entjie van hulle af staan.

Hy wonder oor die lewe se draaie. Wonder hoekom moet alles om elke draai dieselfde bly. Sy kar is luuks. Nie sommer net 'n ou bakkie nie. Dis 'n luukse model ook nog, maar sy wiele kan ook pap word. Net soos die lewe jou vreugde kan blus. Of jy nou in 'n ou of luukse voertuig ry; of jou oë nou varinggroen is, of donkerbruin soos syne wat verdof het nadat sy geliefde vrou hom twee jaar tevore ontval het.

Want sy vlug van 'n man wat haar genadeloos mishandel, selfs al is hulle nog nie getroud nie. Sy het sy ring verpand om 'n buskaartjie te koop. Sy raak aan die slaap en hy ry verby die volgende dorp en die volgende…

Sy word eers wakker toe hy die stad binnery. Vervaard en ontsteld sit sy regop.

“Waar is ons? Waar gaan jy met my heen?” Histerie wil haar oorweldig.

Hy trek dadelik by 'n eetplek se parkering in toe hy die pizza-hangbord sien.

“Luister, luister,” sê hy dringend. “Vertrou my, asseblief. Ek wil jou help, maar jy het my genoeg vertel sodat ek kan raai jou verloofde sal jou volg waar jy ookal gaan. Wat is jou naam?”

“Surita, en gewese verloofde,” sê sy met 'n plat stem.

“Gewese verloofde, maar nogtans. Mensie, psigopate aanvaar nie verwerping nie. Jy sal 'n interdik teen hom moet kry.”

“Hoe en waar?” Haar oë skiet weer vol trane. “En in 'n vreemde groot stad? Hoe dink jy moet ek hier oorleef. Ek ken niemand hier nie. Vir soveel jare al was ek uit die lewe uitgesluit.”

Bernard sluit sy oë vir 'n oomblik lank. Impulsief het hy haar hierheen gebring. Skielik sien hy lig. Sien hy weer sin in die lewe. 'n Paar varinggroen oë het hom uit sy woestynlewe geruk.

“Suriet, As jy my gaan toelaat, sal ek dit vir jou doen. Ek is 'n advokaat. Maande lank het ek geswerf, toe teruggekom en my werk hervat, maar die leegheid het net dieper geword. Wat het ek jou vanoggend vertel? As ek nie die moed kan bymekaarskraap om 'n einde aan my lewe te maak nie, sal ek alles agterlaat en gaan kyk of ek by boemelaars 'n plekkie kan vind.”

Hy klim uit die kar en stap om, maak die deur oop en laat haar uitklim. Dan trek hy haar teen sy bors vas.

“Suriet? Sal jy my toelaat? Sal jy my vertrou en kans gee dat ons mekaar kan leer ken?”

Dan vee hy haar trane af sodat sy kan antwoord, maar sy knik net.

“Terloops, moet nooit weer vir my ‘oom’ sê nie. Ek is seker skaars twaalf jaar ouer as jy.”

Saam stap hulle die gebou binne en Bernard wonder wanneer laas het hy pizza geproe. Hulle het 'n ander, hoër, lewe geleef, maar skielik sien hy 'n vonkel in Surita se oë en ruik die pizza-geure na koningskos.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Varinggroen oë
« Reply #1 on: August 04, 2019, 05:23:00 AM »
As negende leser, het ek die voorreg gehad om deur jou lyne te dwaal.  :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varinggroen oë
« Reply #2 on: August 04, 2019, 05:32:56 AM »
 :toothy4: :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varinggroen oë
« Reply #3 on: August 05, 2019, 01:32:51 PM »
Dit is pragtig, maar ek hoop net die begin van 'n pragtige boek.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varinggroen oë
« Reply #4 on: August 05, 2019, 02:24:14 PM »
 Oeee, Hannah se storie was reeds 'n uitdaging aan my na die eerste storie net 'n kersverhaal was ....  :toothy4: maar ja, weet, dalk volgende jaar wanneer ek heeldag tyd gaan kry ......
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varinggroen oë
« Reply #5 on: August 05, 2019, 02:25:14 PM »
Gaan jy dan aftree lief vriendin?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varinggroen oë
« Reply #6 on: August 05, 2019, 02:27:33 PM »
Jip jip nog 179 dae as die Here my spaar
adéle  :grommit: