Author Topic: Om te groet  (Read 1989 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Om te groet
« on: August 01, 2019, 11:24:37 PM »
Die seer van groet is nooit maklik nie. Vandag wag dit weer vir ons. Outoppie gaan elf uur gou wegloop by die werk (met toestemming) want hierdie ouma sien nie kans om skoondoggie en kleingoed alleen te groet nie. Drie hemelse wekies lank was hulle by ons maar nou het dit tyd geraak om die tasse te pak en  die 15 ure vlug aan te pak terug Amerika toe. Hulle nuwe skooljaar neem 'n aanvang en ons sal die kersfees in Julie saam, fotogewys koester vir ewig enne biekie!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Om te groet
« Reply #1 on: August 02, 2019, 03:18:07 AM »
Knus gevou
In die arms van familie
Rus ons nog 'n bietjie
Al is dit net
Op 'n kiekie.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Om te groet
« Reply #2 on: August 02, 2019, 04:40:04 AM »
Oeeeeeeee dit is kosbaar Assie. Ta Raaitjie gaps die ene.  :love7: :hello2: :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Om te groet
« Reply #3 on: August 02, 2019, 06:35:27 AM »
Toe ek na die laaste fototjies kyk van ons kiddies wat ek geneem het, was Assie se kosbare gediggie vir my die perfekte afskeidswoorde. Ons prinsie dra sy hartjie op sy mou. Die afskeid se seer so sigbaar met onbyt vanoggend. Hy het my en Outop vasgegryp en net oor en oor gese dat hy nie terug Amerika toe wil gaan nie.  Ons prinsessie vertel: "Oumie I don't have the energy to cry..." (sy het nog 'n baksel gemmerkoekies aangemaak vir haar Uncle Adrian) en toe baie braaf vertel: "I really gonna miss you - although I'm not crying!"



« Last Edit: August 02, 2019, 06:37:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Om te groet
« Reply #4 on: August 05, 2019, 01:39:06 PM »
Groet is beslis die slegter van sleg.  :crybaby2:



Om te weet is om te verstaan.