Author Topic: DROOGTE  (Read 1496 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
DROOGTE
« on: July 28, 2019, 08:22:54 PM »
EK was vanoggend voor sonsopkoms al in die veld, so deur die dag ook buite rondgestap. Ek skielik besef ek hoe stowwerig die lug is. Die oggende is baie koud hier langs die dam, maar die ryp is net effentjies. Is dit omdat daar so min dou is? En dan lê daar ‘n donker sirkel van stof rondom op die horison en die son klim bloedrooi oor die kim. Ek het later gedink aan die tyd van droogte in Israel.

EN Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! (1 Konings 17: 1)

Vir daardie land waar dou noodsaaklik is vir vog, moes dit verskriklik droog geraak het. Geen dou, geen reën nie; droogte soos in Egipte se sewe maer jare?

Na hoeveel droogtejare in ons land, loop my trane wanneer ek nog ‘n video raaksien oor die velde van Upington af tot naby aan die Boland. Daar is niks oor nie. Geen grassprietjie nie en geen blaartjie aan die droë geraamtes wat eens ‘n karoobossie of dalk iewers ‘n boom was nie. Die topkuddes is lankal verswak. En hulle moet almal gevoer word met bale wat van baie ver aangery word. Skape hardloop agter die bakkie aan, hoopglo daar is voer op. Van kuddes van duisende is daar net klein groepies oor. Vyf jaar gelede het dit laas daar gereën, maar nie so dat daar vir sewe maer jare voorsiening kon gemaak word nie.

Here, ek kom weer en smeek U vir uitkoms en genade, vir krag aan daardie mense, daardie boere en hulle werkers en vee, om te kan uithou en aanhou tot U mildelike reën gee. Maar nie net reën nie, VaderHeer, daarmee saam ook ekstra sterk groeikrag vir elke saadjie in die grond. Ons bemoedig mekaar, Here, en roep uit dat ons U nogtans sal loof en prys, al sou daar niks meer oor wees nie. Omdat Christus ons lief het en soveel vir ons gely het. Amen amen Here.

adéle theron
adéle  :grommit: