Author Topic: Wanneer pyn jou onderkry  (Read 1611 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Wanneer pyn jou onderkry
« on: April 03, 2019, 04:57:29 PM »
Wanneer pyn jou onderkry, gooi dit jou lewe omver. Kan dit wees?      ?     Kan dit?
Beslis. Sy is buite aksie! Weens pyn? Nee, weens die ontdekking dat iets buite haar normale daaglikse gang van lewe, haar innerlike kalmte gesteel het. ‘n Eenmalige aardbewing met gevolglike tsunamie sal vir seker die mat onder meeste van ons uitruk. Net, sy het nie onlangs ‘n diepskeurende aardbewing ervaar nie. Maar in die opeenvolging van ‘n paar dinge die laaste paar maande, waarop sy nie voorbereid was nie, het die spreekwoordelike laaste strooitjie die hooimied laat omtuimel.

Haar lewe is rustig beplan. Sy bou die laaste jare aan haar huis, haar lewe, haar aftree-toekoms. Sorgvuldig bou sy steen vir steen op ‘n klipfondasie, of wat sy vir klip aangesien het, met genoeg vensters en ‘n dak waardeur sy snags sterre en volmane kan volg. Maar nou kom sy agter die stene is van strooi, die vensters se rame van rottang en die dak? Die dakriete lê en vrot in die vlei. Die moerasvlei waarin geen fondasie staande kan bly nie.
Dis waartoe daelank se alleengedagtes haar gebring het …

Moenie jou lewe vooruit probeer beplan nie. Gee dit oor aan jou Vader en volg soos wat Hy jou lei. Dit sê nie jy moet van dag tot dag leef sonder enige toekomsverwagtinge nie. Maar, dit sê dat jy vir elke moontlike en onmoontlike draai en swaai in jou lewe, alle eer aan God moet gee. Beplan enige daaglikse of toekoms-aktiwiteit, met die volgende in gedagte: As die Here so Wil.
Dié wonder-wete het, vir die soveelste keer, weer rustigheid in haar lewe gebring, vertel sy my.

Geen ander wete mag vir jou belangriker wees nie. Gaan die dag in met sy gewone roetine, of dalk ‘n nuwe kinkel daarin, of beplan ‘n nuwe werk of vakansie, maar nie sonder dat jy God om sy raad en wil vra nie. Leer jou kinders om van kleins af te bid om raad vir ‘n studierigting of werk of huweliksmaat, en bid jy ook elke dag vir die beste maat wat God sal volg, saam met jou kind.

Wees baie versigtiger vir die klein dingetjies wat ‘n hooimied aan die brand kan steek - daardie rusies, tydjies van onvergenoegdheid, klein afdwaalpaadjies – as vir die groot tsunamie-skok wat jy dink al is wat jou geloof kan laat twyfel. 

Vul jou dag met mooi musiek!

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wanneer pyn jou onderkry
« Reply #1 on: April 08, 2019, 11:03:04 PM »
Ek buig nederig.  :notworthy: