Author Topic: Waar is julle??  (Read 3590 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Waar is julle??
« on: March 19, 2019, 07:27:20 AM »
Vaderland, waar is almal. Ek voel skoon naar om elke keer in my skete-plasings vas te kyk as enigste nuwe plasing. A nee a maters! Daar is mos nog baie om oor te skerts en lag. Sebliefie kom maak my agtermiddag en plaas ietsie wat ons kiewe van twintig oor agt na kwart voor nege gaan trek :icon_biggrin:.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Waar is julle??
« Reply #1 on: March 19, 2019, 07:53:14 AM »
Hallo Meraai!

Ja ek sien die skaarste hier oppie afrikaanse blad.    Petra kuier seker so lekker dat sy heeltemaal van ons vergeet het?

Ek was vir so 'n rukkie in Vietnam gewees vir werk, so kan darem dit as 'n verskoning gebruik vir my afwesigheid?  :toothy4:

Ek moet se daardie pasteitjies wat jy vanoggend op FB geplaas het, het darem lekker gelyk , maar nadat ek van nader gekyk en lees het weet ek nie of ek ooit weer 'n sausage roll sal eet nie  :pottytrain2:

Groete!  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is julle??
« Reply #2 on: March 19, 2019, 08:06:47 AM »
Praat jy wat rondvlieg soos 'n besige by  :toothy4: Ek wil nooit weer in die spieel kyk nie man. Net nou werk dit soos 'n X-straal hahahahahah. Die stofies was stil vandag. Outop vra so ewe: wat eet ons ouvrou? Fish & Chips sir??

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is julle??
« Reply #3 on: March 20, 2019, 08:36:19 AM »
Fish and chips will do nicely, thank you. Ek loer so nou en dan maar as die stilte my doof maak gaan ek maar weer.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Waar is julle??
« Reply #4 on: March 20, 2019, 09:45:29 AM »
Hallo Naas  :wave:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is julle??
« Reply #5 on: March 20, 2019, 01:00:50 PM »
Oe my aarde vanaand slaap ek lekker. Naas het weer kom inloer. Ek maak sommer gou nog 'n klompie fish & chips vir ons almal. Ek het julle gemissssss maters.  :love7: :hello2:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is julle??
« Reply #6 on: March 25, 2019, 11:10:01 AM »
En hier sit ek ...stoksiel alleen op 'n Maandagaand. Ouens, as ons so aanhou gaan die forum later net uit gaste bestaan wat stomkuier. Ons het elkeen verpligtinge so ek verstaan. Wys nie vingers nie hoor raak net effe bekommerd oor die gang van die forum.  Petra..... het jy ons vergeet mater?

:crybaby2: :dontknow: :icon_scratch:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar is julle??
« Reply #7 on: April 04, 2019, 08:38:37 AM »
Ek is net so skuldig, kom ook min hier, soms loer ek in maar gaan ook verder wanneer ek niemand anders sien rondsluip het nie .... Ek is so jammer hierdie platform het nooit werklik ontwikkel tot wat ons by woesforum gehad het nie. Wanneer ek die nuwe webwerwe so bekyk, sien ek net belangstelling waar mense blootstelling kry vir hul skryfwerk, hetsy plasings met BBP terugvoer of wedstryde.
Ek sou weer net graag wil kuier, soos hierso. Maar ons moet genoeg wees sodat as iemand net twee/drie keer per week kan inloer, dit ook goed sal wees.

'n Maand gelede het ek 'n whatsapp-groepie begin met die voorwaarde. slegs eie tikbriefies, geen aanstuurboodskappe en GEEN prente nie. Wat 'n gesukkel. Ons het vergeet om self te skryf .... vergeet om met eie woorde goeie môre te sê  :dontknow: .... daar is net 9 mense op, ander stel nie belang nie en van die 9 skryf elkeen so een keer in drie dae of minder ...  :crybaby2:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is julle??
« Reply #8 on: April 08, 2019, 11:01:23 PM »
Ek het moed opgegee lief mater. Selfs die langste kers brand uit as niemand 'n oog hou oor dit nie. Verstaan so goed wat jy bedoel en self ervaar. Hartseer waarheid vir my, dit voel of ek die forum se graf besoek met elke inloer sniksnik.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar is julle??
« Reply #9 on: April 09, 2019, 08:40:08 AM »
dis waar, ai, help nie om iets kunsmatig aan die gang te hou nie  :crybaby2: 
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Waar is julle??
« Reply #10 on: April 16, 2019, 07:29:27 AM »
Hello!    Ek sluip nog hier rond.

Ons kampforum se deelname het ook ietwat afgeneem, maar dit tel weer op.  Dit gaan so, so 2 of 3 maal per jaar - en ek probeer nog vasstel hoekom?    Dit is assof daar tye kom wanneer mense minder aanlyn sosiaal verkeer en dan verander dit en tel dinge weer op?    Ek het onlangs gewonder of dit dalk iets met die politiek en komende verkiesing te doen het? (die onlangse gebrek aan aanlyn gesprekke?)     

Andersins wonder ek of dit te nie dalk aan die maan toegeskryf kan word nie?   Einde Januarie en begin Februarie maande neem dinge ook gewoonlik af - ek vermoed dit is wanneer die jaar se dinge en werk ge- "kick start" moet word en almal vir 'n slag moet werk en beplan?
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is julle??
« Reply #11 on: April 17, 2019, 04:12:28 AM »
Sluip ook gou so bietjie rond in die forum se gange. Vermoed julle slaap nog diep en vas. Anton baie baie volmane gelede het ek 'n reeks klere ontwerp waarvan 'n deel toe vir pasiente met ernstige brandwonde gebruik was. Die gewone kerk-/werk- en dansreekse se bestellings het tydens Januarie/Februarie so afgeneem dat my gatsakkie net so leeg was soos al die ander gesinne met die aanvang van 'n nuwe skooljaar en natuurlik die kersfeesmallemeule.

Nooit opgelet of die maan betrokke was of nie  :icon_scratch: :dontknow: :headbang: 
« Last Edit: April 17, 2019, 04:14:43 AM by Meraai vannie Baai »