Author Topic: 3 januarie 2019  (Read 1479 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
3 januarie 2019
« on: February 05, 2019, 06:56:39 PM »
Wees gegroet liewe vriende

Die dag is vol hartseer in ons mooi land. Hartseer wat weerspieël word in honderde bosse blomme en kerse. Blomme en kerse wat die seer in ouerharte, vriende, boesemvriende en almal rondom hulle diep aanraak. Hoe gemaak as ‘n hele gemeenskap in rou gedompel is?

Maar dan tree satan nog tussen almal in. hy misbruik die kans - en mense wat nie weet dat hulle in sy listige, onmenslike kloue vasgevang is nie - om Christus aan te val. Die sosiale media is vol plasings van mense wat hulle siek, verdraaide persoonlike haat uitstort in lekkerkry-wense omdat mense van ander kulture en geloof as hulle, seergekry het en kinders vir altyd Huis toe is.

Vandag wil ek iets uitwys aan ons almal, mense van God se Volk en kinders van ons Vader. Liewe vriende, moenie dieselfde fout maak as daardie haatdraendes wat ongelukkig meehelp om ons mooi land te verwoes nie.

Met elke teenaanval van vloek en skelwoord na hulle toe, met elke doodswens, aaklige lyding en hulle in die hel inwens, doen jy presies dieselfde as hulle. Onthou mense, Christus se stilswye tydens sy verhoor en aan die kruis … en deel van sy laaste woord voor Hy sy asem uitgeblaas het en sy gees in ons Vader se hande oorgegee het …
“ … vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Daarom, (al moet die reg sy gang gaan, (maar) gaan heen en bid vir hierdie haters in ons land, bid vir en vergewe hulle, want as hulle nie vergifnis gaan vra voor hulle eendag, enige dag, aan die einde van hulle geweldadige lewe kom nie, gaan hulle God se Koningkryk verbygaan, die ewige verdoemenis in. Soos wat ons elkeen sou doen, as dit nie vir God se genade is sodat ons soos Hy, kan vergewe nie. Om in Jesus te glo, beteken ons lê die ou lewe af en stap ‘n nuwe Lewe saam met Hom.

Een van die ouers by Driehoek-skool het gesê, ek kan nie sy presiese woorde onthou nie, maar iets wat beteken Dankie Here, dat my kind U geken het. Dis ons enigste troos.

Evangelie-groete aan elkeen
adéle theron
adéle  :grommit: