Author Topic: Die lief (en leed) van ons dierekinders  (Read 1749 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Die lief (en leed) van ons dierekinders
« on: February 04, 2019, 12:52:36 PM »
Vir my, meestal, sien en verstaan diere (en ja, lees katte) die diepste in my siel. En ek, glo ek, in hulle s'n. Alhoewel, kan enige 'cat whisperer' hulself OOIT daarop roem om die siel van 'n kat volkome te kan verstaan?  :) Die misterie, bv, van die deur - sal ek ingaan, of uitgaan! En waarom hulle in jou oë kan kyk en jou geliefde blompot afstamp!

Dit alles op 'n ligter noot. Ek het, sedert ek seker so 7 jaar oud was, groot vreugde (eers uit my hasie, Wollie) en daarna uit my katte geput. My eerste kat was Felix. En na hom 'n groot nageslag van katte wat my lewe sinvol en lekker gemaak het.

Ons dierekinders maak ons so 'vulnerable'. By gebrek aan die Afrikaanse woord wat dieselfde kan sê. Want, soos die Bybel ons tereg vertel, vir alles is daar 'n tyd. En so ook met ons katkinders.

Lizzy het in my lewe gekom in 2003. Sy en haar broer Sproet was net eendag daar. Saam. Afgelaai, glo ek. Omdat almal van die 'mad cat lady' geweet het. Ek het toe al moeilik begin loop. En het 'n eetkamerstoel ongeveer 200meter gesleep om hulle uit 'n boom te gaan haal. Waar hulle geskuil het teen honde. Maer. Vreeslik maer. Maerder as wat ek ooit geweet het 'n kat kon wees.

Pas na die eerste maaltyd verdwyn het, het hul elk 'n naam gehad, en die katpopulasie in ons huis na 6 opgeskuif. Sy is die enigste wat deur al my eie menslike dramas was. En altyd steeds maar daar was. 'n Bondeltjie katpels om my gesig in te druk, om soms trane mee te droog.

En vandag, na lank sukkel, kos aandra, spesiale versorging en wik en weeg, het Chris haar gevat om die uiterste liefdestaak namens sy ma te gaan verrig. Haar graffie staan gereed. As sy tuis kom, rus sy sag skuins oorkant my venster waar ek al my skryfwerk doen. En sal ek en sy saam uitkyk oor die see.

My plekkie is neffens haar bespreek. Vir eendag. Daar sal my assies rus. En sal ek weer my gesig diep in katpels kan laat wegraak.

Rus sag my dierbare klein Lizzy. Jy met jou snipneus, en ewe snip geaardheid. Jou plekkie gaan leeg wees hier met net die drie stout katseuns, sonder 'n tante wat haar vinnige handjie soms gebruik het om straf uit te deel as dit nodig was.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die lief (en leed) van ons dierekinders
« Reply #1 on: February 08, 2019, 09:22:31 AM »
Dink aan jou mater. Stywe drukkie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lief (en leed) van ons dierekinders
« Reply #2 on: September 17, 2021, 05:08:55 AM »
Hier lees ek ook nou van Anastasia se hartseer.  Die liefde wat 'n mens vir jou diere het! 
Gesels ek vandag met my makelaar, vertel hy hoe sy vrou vir bykans 2 jaar delke dag 'n bakkie kos buite die hek vir 'n kat gegee het.  Hulle het probeer om die kat te vang en veearts toe te neem, aangesien die dingetjie siek gelyk het.  Hulle het al wat 'n rondloper kat in die buurt was gevang, maar nie die "hekvretertjie" nie.  Eendag het die kat net nie opgedaag vir sy bakkie kos nie en die hadidas het oorgeneem.  Toe "join" die kraaie.  Hy sê hulle voer nou so 15 hadidas en 20 kraaie.   :notworthy:


Om te weet is om te verstaan.