Author Topic: Gotiese bangmaak- skryfkultuur in Afrikaans  (Read 572 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2854
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Gotiese bangmaak- skryfkultuur in Afrikaans
« on: January 18, 2019, 06:15:15 AM »
My eerste kennigsmaking met 'goties' was reeds in my kinderjare. Grootgeword met die bangmaak spook- en goëlstories.  Die was eie aan die delwersgemeenskap. Tot vandag toe spyt dat ek dit nie aangeteken het nie. Dit sou voorwaar 'n eiesoortige skatkis vol spookagtige onheil gewees het.

In 'n Artikel oor die Gotiek in die Afrikaanse letterkunde deur Gerda Taljaard-Gilson noem sy dat “Goties” impliseer spitskatedrale met klipbeelde van spuierduiwels, spookgeteisterde herehuise met krakende trappe en nokke vol vlermuise.

Maar hoe lyk ons unieke Gotiek in Afrikaans? Sy haal die volgende aan: Hier kom die duiwel in die mielieland aan; hy seil op sy maag; hy’t ʼn macintosh aan; en hy jaag sy dissipels dat die stof so staan.

Uit ons eie geledere het Assie se oupa, sy weergawe:
Twee tarrentale en ‘n afkop haan.
Daar kommie duiwel innie appelboord aan.
Hy jaag sy dissipels dat die stof so staan.
Twee tarrentale en ‘n afkop haan.

Gerda beskryf dit so: Ons Goties is ʼn blatjang met allerlei skeute inheemse bestanddele soos toordokters, reënmakers, poltergeeste, tokkelosse, afkop Voortrekkernooientjies, giggelende hiënas, zombi’s en slinkse Slamaaiers. Want ril en gril en gru en sidder dié wil ons, reeds sedert Afrikaans se babaskoene: dink maar aan AG Visser se koplose ruiter van Skimmelperdpan: “Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?” (“Dis geen plek vir ʼn Christenmens daar in die nag.”)

Pragvoorbeelde kan gevind word in Langenhoven se bonatuurlike verhale in die kortverhaalbundels 'Geeste op aarde' en 'Die wandelende geraamte en ander verskynings'. Asook in Leipoldt se bangmaakbundel 'Waar spoke speel' bevat verhale soos “Die wit hondjie”, “Lammervanger”, “Koranna se kopbeen” en “Gat in die kamer”.



« Last Edit: November 12, 2019, 04:45:36 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2854
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gotiese bangmaak- skryfkultuur in Afrikaans
« Reply #1 on: January 18, 2019, 06:16:33 AM »
Pragtige voorbeeld uit die pen van ons eie Langenhoven - Assie se oom Naas:

Verstaan my nou mooi. “As hierdie vrou ‘n bang haar op haar se kop wil het, dan moet sy nou staat en pruik dra.” Maar die versigtigheidse vir die dooies, daai’s nou vir jou ‘n annerse versigtigheidse.
Ek is nou nie een vir lang storietjies gesels nie maar die storie gaat nou eigentlik so:
Ek kom da vannie Noordkaap af. Annerkant Springbok is my geboorte mos op Nababeeb gepleeg. Myse familiese bly nog doeriekant toe uit.
Myse eksman is vannie Kaap en hy het my doer innie Noordkaap by myse ma-hulle gaan wegsteel. Dertien jaar later los hy my mos wragtag virrie anner meid vannie Kaap self af en ek sit met ‘n kjend wat moet skool klaarmaak en ek bly toe maar hieso in Lot se Sodom en Cremora, die land van poeiermelk en trane.
So het my ma se oom se tante se niggie se seun, Gert, ook agter ‘n stukkie Kaapse vy aan hiernatoe getrek.
Smoorverlief, so smoorverlief, iemand was weer ‘n hartedief… (Almal het hom teen die Eva gewaarsku maar liefde het mossie gehoorstukke nie.) Smoorverlief en halfpad mal, iemand het weer pens en pootjies innie gat geval.
Skaars drie maande hier los sy hom vir ‘n anner meisie.
Drie uur die oggend gooi myse ma my met die langlyn. Ek skrik myselwers in ‘n ander bevolkingsgroep in toe die phone hier neffens my skreeu en weet sommer, die tyd vannie nag is dit net duiwelsgeselsies.
Gert het die ding met die meisie glad nie verwerk nie en homself met ‘n rewolwer in die kop verongeluk, vertel my ma my. Ek is nou die naaste familie en sal ek asseblief die lyk gaan naamgee daar by die dooiehuis in Mowbray in. En sy gee vir my ‘n nommer om te bel vir die afspraak.
Bang ek maak die dooies wakker bel ek die nommer eers tien oor nege die oggend en vra wanneer dit dan nou gepas sal wees om vir Gert Koch te gaan kuier.
Enige tyd deur die dag kan ek maar kom, maar ek moet vra vir nommer een zero sewe want hulle inwoners het nie name nie.
Ek trek net da myse beste rompie en bloes aan, paint myse lippies met daai duur lipstiffie wat oorle Madam se dogter vir my gegee het omlat oorle Madam nie meer daarvan gebruik sou makie en ek gee myselwers somma da innie voorhuis van myse eie kaia ‘n mannikeer. My laaitie probeer nog vir syse ma te vertel dat die rok darem nie ‘n begrafnisrok is nie maar ek seg net dat Gert nie meer gaan omgee hoe my rok lykie. En ek klim daar innie taxi wat Mowbray toe gaan. Ek ry nie gewoonlik taxi nie maar dink toe nou so dat, as die taxi dit nou nie vandag tot innie Mowbray maak nie dan sal ek darem sekerlik met die rooilig vleiswa by Mowbrey afgelaai worre.
Gelukkig maak die taxi dit al die pad en laai my lewend voor die dooiehuis af.
Ek swaai my boude da deur die voordeur en loop na die anti agter die toonbank toe.
“How can I help you Doll?” vra die aunti terwyl sy haar lang rooi naels deur haar wimpers inspeckt.
“Nei Aunti, ek kom kyk net of number one zero sewe en Gert Koch dieselfde dooie man is.”
“Ek issie djou Aunti nie. Was Gert Koch family van djou?”
“Skiestog Aunti. Ja Aunti, aan my ma se kant Aunti, maar die res van die family is te ver van hier af om self te kom kyk.”
Daai Aunti druk daar ‘n knoppie en ‘n man in swart klere met ‘n stokstywe gesig kom van agter af in.
“Dis ‘n besoeker vir one zero sewe. Is sy reconstruction en makeup al kla?”
Die man kap vi Aunti ‘n flat ignore.
“Kom saam asseblief.” Wys die stywegesig man my die pad sonder om sy lippe te beweeg.
Hy vat my daar in ‘n yskoue kamer in en ek wens dadelik ek het liewer ‘n langer rok aangetrek. Die een muur is vol stainless steel deure met nommers op. Hy stap tot by one zero sewe en trek. Dis toe al die tyd ‘n laai en oppie laai lê Gert in sy adamspak. Ek weet dadelik dis hy want my naam is op sy binnebeen getattoo.
Ek kry hom sommer jammer omlat hy nou sou vyeblaarloos in die koue kamer moet lê. Dan kyk ek na sy kop want dis mos waar hy van loodalergie omgekom het.
EK vra vir die man wie Gert se kop so mooi reggemaak en hom so lifelike gemakeup het.
“Ek doen alle rekonstruksie en grimering self op al ons kliente.”
Ek wonder in my binniste of hy na ure beskikbaar is. Met sulke werk op ‘n dooie gesig, dink net wat hy met my gesig en my bubbling personellity kan uitrig. Ek kan dalk ‘n kans staan om weer vir seun ‘n ordintlike pa te vang.
“Is u seker dat dit die liggaam van ene Gert Koch is wat voor u lê?”
“Dis beslis Gert daardie.”

Oorle Gert se planting is bespreek vir die Saterdag en die stywegesigman laat my weet dat hulle Vrydagoggend so 10:00 se kant die lyk Springbok toe kan vat vir R4900. Ek sluk so groot wind, dit smaak my ek dryf soos ‘n ballon ceiling toe.
Ek bel my eks man se halfbroer. Hy het mos sy eie Taxi. Hy se dis reg, hy sal die Taxi se agtersitplek uithaal vir die kis.
Half sewe namiddag stop daai Taxi voor my deur, kis klaar gelaai.
Ek vra vir halfbroer of hy seker is dis one zero sewe innie kis.
Hy sê nei dis reg.
Ek en drie vriendinne, wat lief is om agter die lyk aan te loep, klim in en daar trek ons.
Ek het die company saamgenooi want halfbroer kan ma lekka vatterig raak en met die swaarte vannie omstandigheidse is ek mos nou nie lus vir rokoppas ok nog nie. Djy wiet mos.
Dis warm maar ons vorder goed tot by Citrusdal. Daar moet ons stop want van daar af tot op Springbok is dit ‘n stop-ry storie omlat hulle aan die pad werk.
By die eerste stop kom ek agter daso is ‘n klankie innie taxi. Amper soos iemand wat gjestraand kool gevreet het en nou met ‘n stukkende skejous sukkel. Ek kyk vir Martha maar haar gesig vertel vir my issie sy gawiesie. Ek skuif maar ‘n venster oop want dit raak hoeka bedompig daso innie taxi.
Terwyl ons ry waai da ‘n lekka fris windjie by die venster in en die gesels tel lekker op.
By die tweede stop swets halfbroer ‘n woord wat ekkie kan herhaal nie want kjenners onner 18 mag dalk ok hieso lees. Wat’s fout vra ek hom.
“Spietkop.” Is al wat hy uitkry.
Nou wiet ek mos alle taxidrywers is allirgies vi spietkopse maar ons is mos nie oorlaai nie so wavoor sallie verpesting ons nou stop.
“Net omla ons ‘n taxi is.” Laat weet halfbroer.
“Ma djy hoef mossie bang te wiesie. Ons doen mos niks vekeerd nie.”
“Ek hettie ‘n liksens om die lyk te vevoerie.”
Nou moet ons planne maak.
Die spietkop klim uit sy kar uit en mik onse kant toe net toe daai bortjie vir ons omdraai na ry toe en halfboer wat voor innie tou staan trek da weg soos Mykel Skoenmaker in Monakoe. Ek sien so innie vibygaan hoe die spietkop in sy kar spring ma daar is nou ‘n hele string karre tussen ons en hom en dis gelukkig net ‘n enkelpaaidjie.
Toe ons die stop-ry uitry sien ek ‘n plaat bome met ‘n aftrekplek en ek skrou vi halfbroer “agterie boeme in!” ma hy het hoeka ok kla daai move gescheme en ons verlaat die pad dat djy net sien klippe spat en skuif letterlik dwars agter die bome in. Met die lat die taxi nou so bokspring hoor ons net ‘n helse slag soos daai kis agter innie taxi hop en dit klink kompleet of Gert wakker geword het van die skielike rowwe behandeling en nou teen die binnekant vannie kis hamer. Ons vyf ruk daai taxi se skuifdeur oop en pribeer almal gelyk wegkom vannie lyk af. In ons haas is ek en Samantha gelyk in die deur en dit wil nog lyk of ons daar gaan vassteek toe stamp die tweede golf van drie ons van agter en ons skiet soos jolige sjampanjeproppe al skrouende by daai deur uit. Ek sien nie vir halfbroer wat toe al klaar buite issie en hardloop hom uit die gond uit in my haas om afstand vannie taxi af te kry.
Dit vat ‘n goeie tien minute om die spulletjie tot bedaring te kry. Die spietkop is saam met die string karre verby sonner om ons te sien en ons maak reg om terug te klim innie taxi in.
Samantha eerste. Sy steek innie deur vas en sak soos ‘n vrot vel inmekaar. Met die lat sy voor my val sien ek oor haar skouer die man oppie agterste sitplek sit. Ek skrik myself spierwit en wonder of ek nou vir ‘n blanke ID kan aansoek doen, draai om en spring net daar terug in halfbroer se arms in. Die ander drie hol pad toe. Ons het hulle later drie kilometer verder weer gekry en na lang gesukkel ooreed om weer innie taxi te klim. Al drie opsluits langs halfbroer op die voorste sitplek.
O ja! Die man.
Nee, toe ons nou ‘n tweede keer so skrik toe klim hy uit en ek sie in die skemering dis issie Gert nie. Hy verduidelik dat hy onder die bome gesit het om te rus. Hy het solank ingeklim terwyl ons so buite ronddans. Hy soek ‘n geleentheid Springbok toe en dit is mos ‘n taxi. Maar hy sal maar eerder wag virrie volgende taxi want hy sal dit nooit hou in die doodsreuk wat in hierie taxi hang nie.
Hy’s toe reg. Die reuk innie taxi is swaarder as voorheen. Die kis het oopgespring met die dat die taxi so gehop het. Halfbroer moes eers die deksel weer mooi terugsit en ons tasse bo-op die kis pak om te keer dat die deksel weer afkom. Ons hou hom mooi dop want nie een van ons het lus om met Gert oppie skoot te eindig nie.
Oop vensters ry ons, vier voor en ons anner twee so ver vorentoe as moontlik.
Dis by die vierde stop-ry wat die spietkop sy kans kry. Gelukkig is die ou ook al moeg en al wat hy wil weet is hoekom daar vier van ons voor innie taxi ry terwyl daar net twee agter innie taxi is. Halfbroer hap nog innie lug rond toe vertel ek daai spietkop hy mos kan sien dis vol voor, dis hoekom ons twee maar agter sit.
Ons ry by twaalfuur verby. Niemand maak ‘n oog toe nie.
Tien oor twaalf toe kom daar snaakse geluide agter uit die taxi uit. Eers saggies en toe al harder. Dis snorkgeluide. Ons raak stil en daai lyk snork al harder. Ek sê vir Samantha ek ken vir oorle Gert goed. Dis sy snork daai.
Halfbroer willie stop ie. Hy sê solank Gert snork slaap hy, en ‘n slapende lyke kannie spook nie.
Die taxi gaan deur ‘n slaggat. Ek kyk om en gil. Daar sit wragtag ‘n vrou in ‘n wit trourok op die agterste sitplek. Sy waai vir ons.
Ons baklei nou al gillende en histeries met halfbroer.
Hy moet stop.
Ons wil uit.
Hy kyk in sy spiëel en wil weet waaroor ons so aangaan. Gert slaap nog.
Ons kyk terug.
Die bruid is weg. Dis net die rustige gesnork agter innie taxi. Moes my verbeelding gewies het.
Soos alle vroue weet raak mens mos nou maar later aan die man se gesnork gewoond en dan sluimer jy ok mos maar in. So raak dit dan ook stil voor innie taxi en net halfbroer is nog wakker.
Ek raak wakker met ‘n swaar hand op my skouer. Ek fokus stadig. Dis wragtag Gert wat oor my staan en wys ek moetie skreeu nie. Hy praat niksie maar beduie na homself en dan na agter inne taxi en skud sy kop heen en weer. Hy probeer vi my laat vistaan issie hy innie kis nie. Ek skud my kop op en af. Ek verstaan. Gert flikker uit en verdwyn.
Dis toe ons Springbok inry wat alles gelyktyrig passeer.
My foon lui.
Die lyk hamer teen die binnekant vannie kis en die geraas maak die man onder die agterste sitplek wakker.
Halfbroer stop en ons is weer twee twee by die taxi se deure uit.
Ek antwoord my foon. Dis die dooiehuis wat wil weet waar ons is. Ek lig hulle in dat ons nou net in Springbok gestop het en dat die lyk benoud raak in die kis.
Die lykswa met Gert (one zero sewe) is tien minute agter ons en ons moet onder geen omstandighede die kis in die taxi oopmaak nie. Dit is one zero nege wat gister middag ingekom het en hulle het per ongeluk die verkeerde kis oppie verkeerde taxi gesit.
Toe begint ek te vistaan. Die ou innie kis is vir dood opgetel omlat hy al so gestink het en by die dooiehuis afgelaai Toe die dokter kom om die sertifikaat uit te maak dat hy dood is kom hulle agter hy is saam met ons. Dit lyk nou of hy noggie vi Petrus ontmoet het nie en nou uitgeslaap in die kis le en raas.
Die man van “agter die bome stop” het toe maar ingeklim omlat hy bang was hy kry nie ‘n anner lift nie en onner die agterste bank aan die slaap geraak. Hy klim nou uit die taxi uit, skud sy klere reg, bedank ons vir die lift en gaan padop.
Al wat my nou nog pla soos ons terugry huistoe na die begrafnis is: “Wie was daai vrou innie trourok op die agterste sitplek wat vir my gewaai het?”
« Last Edit: January 18, 2019, 08:37:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: Gotiese bangmaak- skryfkultuur in Afrikaans
« Reply #2 on: January 23, 2019, 08:19:40 AM »
Pragtig geskryf en mooi uiteengesit.  Ek het dit geniet Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.