Author Topic: Taalskatte  (Read 4831 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Taalskatte
« on: January 17, 2019, 01:43:33 AM »
Ek lees hierdie raak en het myself verkrukkel in die omvang van ons taal. Hoop jy geniet dit saam. (Dankie pinterest - jy was 'n slagoffer van die woorddief.)

Ek het nou net Jaws op DVD gekyk. Dit was in high definition.

En toe kyk ek 'n film oor tuingereedskap. Dit was baie grafies.

Ek wou 'n grappie oor boomstompe maak maar dit is afgesaag.

Om taai biltong te eet is nie 'n straf nie, dit is 'n sening.

Ek wil jou 'n Eskom grap vertel maar ek het nie krag nie.

Hierdie load shedding ding sit my net so liggies af...

Ek het my hond iewers op 'n groot sandhoop verloor. Dit was 'n great duin.

As jy geld by 'n bank leen is dit jou eie skuld.

Bly kalm en vloek saggies.

Hulle maak 'n TV series oor al Zuma se vroue - Game of vrouens.

Gehoor van die ou wat 'n almanak gesteel het? Hy het 12 maande gekry.

Iemand het die plaaslike tuisnywerheid beroof. Van al die misdade vat die een die koek!

 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Taalskatte
« Reply #1 on: January 17, 2019, 06:00:18 AM »
Ek wou n kaartspel hiervan maak
Maar ek moet erken ek is getroef.
Ek gaan nie my hand ingooi nie
Sal later nog n pot probeer.

 :icon_bigsmurf: 
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Taalskatte
« Reply #2 on: January 17, 2019, 07:08:54 AM »
Ek like  :hello2: ek like  :notworthy:

As jy hard werk sal jy eendag die vrugte pluk, as jy nie hard werk nie gaan jy eendag vrugte pluk.
Ek wou mos studeer om 'n veearts te word, maar na 'n jaar word dit 'n dier storie!
Vanoggend toe ek op die skaal klim toe sien is daar is 1% btw bygevoeg.
Navorsing het bewys dat dit nie die ooievaar is wat verantwoordelik vir babas is nie, dit is 'n baie kleiner vogeltjie.

« Last Edit: January 17, 2019, 07:16:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Taalskatte
« Reply #3 on: January 22, 2019, 02:41:42 PM »
Pragtig gedoen.  Naas, jy sal moet werkmaak hiervan, jy kan nie toelaat dat iemand met jou kallers ploeg nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Taalskatte
« Reply #4 on: January 23, 2019, 09:50:55 AM »
Ek dink nou weer aan die straattewe in die Kaap en hul nuwe TV program - Stoot vir 'n Noot. 
Toe wou die tantes in die huis vir bedaardes ook 'n gesellinklub oopmaak. Na lang berading noem hulle dit - Looi 'n plooi.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Taalskatte
« Reply #5 on: January 23, 2019, 09:52:42 AM »
Ek lag dat die stof om my pad vat  :headbang: :toothy4:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Taalskatte
« Reply #6 on: January 23, 2019, 10:03:50 AM »
Weet nie of Oom Naas die al op die forum vertel eht nie maar Oupa wou hom dood lag.

Die ou omie in die ouetehuis het 'n nota op sy deur gesit. Seks: Op die mat - R10.00.     Op die stoel - R15.00.   Op die bed - R50.00
Later kom die ou tante na hom toe met R50.00.  Hy se sy kan maar solank op die bed klim.
"Nee Pappie" se sy. "nie op die bed nie. Vyf keer op die mat"


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Taalskatte
« Reply #7 on: January 23, 2019, 10:08:56 AM »
Hier by ons stoot hulle vir 'n brood.  Dit is nou karre. 
Dit laat my dink aan die grappie (of was dit 'n ramp) van die twee wat uitgeklim het om te stoot en toe hulle terug kom is die kar weg.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Taalskatte
« Reply #8 on: January 23, 2019, 10:14:40 AM »
O my wereld, ek bulder alweer fiskriklik onvroulik diekant van die aardbol. Nou ja, ek moet gaan pak. Outop wil more oggend vroeg wegtrek. Darem nou orals gou opgevang waar julle ingeloer het.  :love7:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Taalskatte
« Reply #9 on: January 23, 2019, 10:15:38 AM »
Van stoot gepraat:-

'n Laatlam - oorstoot drie in beseringstyd of 'n ou padda wat met 'n slap riem gevang is.


 :mumum: