Author Topic: Muskietejag  (Read 4335 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Muskietejag
« on: January 16, 2019, 12:26:11 AM »
Net vir my en Outop...


           MUSKIETE  JAG
                 A.D. Keet
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
       Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
       Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry  -
       My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
       Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
      Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
     Nooit sien jy weer jou nasie...

Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
     Nòu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef!  Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer  -
My naam is van der Merwe.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Muskietejag
« Reply #1 on: January 16, 2019, 01:15:08 AM »
Ek gaan hom 'print & frame'  :notworthy: :hello2: :love7:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Muskietejag
« Reply #2 on: January 16, 2019, 06:55:59 AM »
Die blikslaer !  Vatso!  :icon_scratch:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Muskietejag
« Reply #3 on: January 16, 2019, 07:33:47 AM »
As Outop weer so met die kussing moord pleeg gaan ek hom snep. Dan die woorde daarby sit en vir hom stuur met komplimente van onse vrind Naas. Sien ek nou 'n plasing waar hulle die manne afraai om geweld te gebruik as die muskiet jou 'manlikheid' wil aanval :toothy4:
« Last Edit: January 16, 2019, 07:48:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Muskietejag
« Reply #4 on: January 23, 2019, 09:35:15 AM »
They say, great minds think alike . . . (los die res maar)
Oom AD was baie besig hier op die forum!  Ha-ha
Om te weet is om te verstaan.