Author Topic: Hoofletters  (Read 2838 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Hoofletters
« on: October 24, 2018, 09:09:10 AM »
Ek het nou al gesien die reels van hoofletters het baie verander.
Kan iemand my inlig van die verandering van Naamwoorde as hoofletters en kleinletters.
Wanneer gebruik ek 'n naamwoord as kleinlettertjies.
Ek sien ook 'n tendens in die gebruik van Die Here se naam in kleinletter veral in gedigte. Veral as daar geskryf word van "U" "Liewe Jesus" "liewe jesus" "liewe Jesus"
Om eerlik te wees ek is op die oomblik so deurmekaas soos groentesop wat dit aanbetref.
Ek is al oor die vingers getik wat veral "Die Here" se naam aanbetref.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoofletters
« Reply #1 on: October 24, 2018, 10:13:17 AM »
Lekker om van jou te hoor Ans.   :wave:
Ek mag dalk verkeerd wees, maar ek glo nie dat die spelreëls amtelik verander het nie.  Mense skryf deesdae soos hulle wil en dikwels word dit “digtersvryheid” genoem.  Hier is ‘n deel uit die Universiteit van Stellenbosh se handlyding.
 
Algemeen
‘n Woord wat met ‘n hoofletter begin, behou as woorddeel sy hoofletter na ‘n
koppelteken.
amper-Springbokke, voor-BTW-prys, ultra-pro-Russies.
 
Na ‘n dubbelpunt kom daar nie ‘n hoofletter in die normale aaneenlopende volgorde
van ‘n sin nie, tensy die teks na die dubbelpunt met ‘n eienaam begin of ‘n volsin is.
Ons het die volgende visgereedskap nodig: katrolle, stokke, nette, hoeke en dobbers.
Drie van die beste spelers sal deelneem: Morné Steyn, Schalk Burger en Victor Matfield.
Dit het lank geneem voor die Vulgaat aanvaar is: Dit is eers in die 16e eeu as die amptelike
Bybel van die Rooms-Katolieke Kerk erken.
Eiename
Indien ‘n van uit drie los geskrewe dele bestaan, begin die eerste en die laaste deel
met ‘n hoofletter, tensy ‘n voorletter of voornaam dit voorafgaan.
Van der Linde maar Wouter van der Linde (W van der Linde)
De la Rey maar Anita de la Rey (A de la Rey)
dr Van der Merwe maar dr J van der Merwe
Uitsonderings:
Anel Janse van Vuuren (A Janse van Vuuren)
Johan Gey van Pittius (J Gey van Pittius)
 
Vanne wat uit losgeskrewe dele bestaan en as voorname gebruik word, begin met ‘n
hoofletter as die betrokke van as naam eerste of alleen voorkom. As só ‘n van na
ander name of voorletters voorkom, begin die eerste deel daarvan egter met ‘n
kleinletter en begin net die laaste deel met ‘n hoofletter.
De la Rey Theron, Van Wyk Louw, De Wet Botha
Jan de la Rey Marais, NP van Wyk Louw of NP vW Louw, JH de W Botha, Frederik van Zyl
Slabbert, Le Roux van der Westhuizen, PF de V Clüver, E de la H Hertzog

Kopiereg: Universiteit Stellenbosch Taalsentrum © 2012
Om te weet is om te verstaan.