Author Topic: Rooiwyn en rekenaars  (Read 1707 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Rooiwyn en rekenaars
« on: January 15, 2019, 07:09:34 PM »
Nou-ja, ek het al baie dinge probeer en daarmee het ek al hogere hoogtes bereik, maar terselfdertyd ook lagere laagtes.
Nou - die ouens wat my ken weet dat wanneer ek 'n paar wyntjies agter die blad het, dan praat ek "fast en furious".  Man, dan het ek mos nou nie tyd vir speletjie nie. 
So kom dit dan dat ons lekker kuier en Ouma beduie met handgebare dat die biesies bewe en daar spring die verdomde rooiwynglas vol rooiwyn voor haar hand in en sy bad haar neukenaar met rooiwyn.  Dit het haar duur te staan gekom.  Daar raak die muis so gesuie hy ken nie die pad na die inbox toe nie.  Hy wil net ontvang, maar niks uitstuur nie.  Dit was ook nie hoe lank nie toe raak alles geslinger en niks wil meer werk nie.  Dood soos 'n dro... dronkaard. 
Herwaards en derwaards, maar die enigste oplossing was 'n nuwe neukenaar.  Tot Ouma se ontsteltenis het dit net twee dae geneem vir haar ou neukenaar om nugter te raak!  Blerrie hell!  Ouma, sal jy dan nooit leer nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Rooiwyn en rekenaars
« Reply #1 on: January 15, 2019, 08:28:08 PM »
Gelukkige rekenaar  :toothy4:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Rooiwyn en rekenaars
« Reply #2 on: January 15, 2019, 11:21:46 PM »
Geen beter manier om my dag mee te begin nie hahahahahaha. Nooit te oud om te leer nie ouma  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rooiwyn en rekenaars
« Reply #3 on: January 16, 2019, 10:32:35 AM »
Die laaste twee weke was skrikwekkend!  Gelukkig lyk dit of dinge nou sal bedaar. 
Die ou rekenaar is in elk geval al sewe jaar oud en pla kort-kort.  Nou sal dit seker beter gaan.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.