Author Topic: Desember!  (Read 5033 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #15 on: December 24, 2018, 06:29:17 PM »
Oom Naas skilder hopeloos te min. Dis more kersfees. Hulle moet maar verskoon maar die tyd van die jaar maak moles mos nes in Ta se kop en dan is dit asof moeilikheid geil in die aar staan op die plaas. Oupa moet net erg keer dat dinge nie wes draai nie.
Ek hoor hoeka dat die kersopvoering in die Parlement gekanselleer is. Hulle kon nie n maagd of drie wyse manne daar opspoor nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #16 on: December 26, 2018, 01:55:38 PM »
Daar het ons dit nou!  Kersdag is verby, sonder die opvoering.  More is dit nuwejaar en oormore is dit Februarie.   :icon_biggrin:
Ons maak nou reg vir 2019.  Ek hoop van harte dat dit 'n wonderlike geseende jaar vir almal sal wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #17 on: December 26, 2018, 05:34:16 PM »
As 2019 so geseënd soos kersfees 2018 gaan wees gaan ek nou in 'n gat kruip en 'n klip oorrol. Kom ons sê maar ek probeer die kersfees met mening vergeet.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #18 on: December 28, 2018, 10:29:42 AM »
Dit klink na 'n storie wat vertel moet word.  Herhaling is nie net goed vir die geheue nie, dit is ook goed vir die genesing.  Ek is net bly jy het dit oorleef Liewe Naas. 
Om te weet is om te verstaan.