Author Topic: Glimlag jou ou skoene oor aan 'n ander  (Read 1582 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Glimlag jou ou skoene oor aan 'n ander
« on: December 03, 2018, 09:32:12 PM »
Ek sien die laaste dae van die jaar op die almanak raak en dink aan ons. Ons wat in meer of mindere mate soveel het om voor dankbaar te wees. Ons wat elke dag iets het om te eet, soms te veel. Ons wat kan kom waar ons moet (nie wil nie) en wat soms kan kom waar ons graag wil, al is dit net na 'n winkel, parkie of kerk toe. 

Ek sien ook die laaste dae van die jaar raak wanneer mense wegkruip. Wegkruip vir ander wat wil vra wanneer hul dan kersinkopies  gaan doen. Wat hul kinders weghou van die lewe sodat hul nie kan agterkom dat daar meer is as hulle vierkanthuisie en stukkie-erfie sonder heining nie. Hulle wat wens vir die krummels wat van ons tafels afval. Ook hulle wat nie eers weet dat daar sulke krummels is nie. Ek sien kinders wat krane water probeer leegdrink om die hongergevoel 'n rukkie te laat versag.

Ek sien ook die laaste dae van die jaar raak wanneer ander mense in hulself toeskulp. Hulle wie se seer te seer is om met ander te deel. Hulle wie se seer so diep lê, dat die koue kronkel-ingang van 'n skulp verkiesliker is as die warm kerssangkuiers by vriende en hul kinders.

Toe sien ek 'n ma raak wat met die sagste gelaat en 'n grootste vreugde-glimlag, oor ‘n krip buk, haar Kind optel en weer op 'n sak strooi gaan sit. Dan sing sy vir Hom, terwyl Hy suig-sluk sy magie vul, tevrede sug en weer aan die slaap val.

Glo en vertrou Hom met elke stukkie seer en in angstye wanneer vrees jou keel laat toetrek en jou hartklop onrustig laat rondspring. Gee eer aan Hom, vir elke kleinste vreugdetjie en geringste redding wat jy nie eers kon droom nodig sou wees, vir iets wat op jou pad sou kom nie.

Vergeet van jou sukses, jou rykdom waarvoor jy hard gewerk het … wat dalk in jou skoot geval het omdat jou beplanning en keuses op die regte tyd reg was. Besef jy dit was genade? Kan jy dit agterlaat, deur die nou poort stap en Christus volg?
 
Kom juig saam met die engele vir elke glas water, vir elke droë korsie, vir elke uur sonder pyn, vir elke glimlag van iemand onbekend, vir elke paar skoene wat iemand aan jou gee. Maar jubel met lofsang vir elke paar skoene wat jý aan iemand kan gee. Vergeet dan van enige trots, planne en eiewaan en volg Christus.

Onthou hoe verskriklik seer daardie einste mammahart was, hoe stukkend haar binneste geskeur het, jare later waar sy effe eenkant uit die gedrang, moes toekyk hoe sy stukkende liggaam se hartklop gestil het.  Stap jy, as dissipel, net in sy voetspore die Ewige Lewe in.
 
adéle  :grommit: