Author Topic: paraseil nr 1  (Read 3375 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
paraseil nr 1
« on: July 01, 2011, 02:41:29 PM »
Paraseil:

Ek het lank gelede een van die paraseil valskerms gekoop nog voor ek begin duik het.
Het baie gevlieg met dit en net op ‘n tyd op gehou agv vlieg maters wat getrek het en ander belangstellings gekry het ens.
Laaste wat ek kan onthou van vlieg was op 2 Okt 1998 op Sruisbaai op my 40 ste verjaardag

Toe op 13 sept 2008:

Ons 2 de seun Anton verjaar vandag en 3 maters kom kuier by hom. Gisteraand kry ek sommer die gedagte en vra of hulle wil vlieg vanoggend en die antwoord was natuurlik ja.

So gesê so gemaak en ons is na ‘n stuk veld langs Worcester se vliegveld.
Daar is so gedagte van ‘n pad maar dit sal werk.

Hier is die benodighede uitgepak:



Ek moes eerste gaan om hulle te wys hoe: groot surprise van hoe die goed krimp in die kas in 10 jaar se tyd. Die harnas wat ek meeste van hou pas nie meer nie.

Selfs die overall wat 10 jaar in die kas was pas maar baie knap.



Lyk of ek daaaar bo gaan draai



Als lyk reg vir die vlug:



Weer in die lug na 10 jaar, sjoe dit het lekker gevoel



Gooi sommer die vlag ook af vir die lekkerte



Maak reg vir landig



Anton kry sy eerste solovlug. Het 10 jaar gelede saam met my tandem gevlieg toe 5 jaar oud was.

Pa vertel mooi hoe om te maak en nie te maak nie.



Anton is gereed



Shenco se beurt : ek gaan jou so trek:



Hy het dit gemaak in die lug in

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.