Author Topic: Desember!  (Read 5017 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Desember!
« on: December 01, 2018, 07:39:33 AM »
 :hello: Goeiedag alle mense en welkom hier op die eerste dag van Desember!    Mag julle almal 'n lekker laaste maand van die jaar hé!  Hopelik gaan dinge vir meeste van ons nou bedaar en kan ons meer tyd saam met familie en vriende spandeer.
Ek dink ook aan diegene vir wie Desember en kersfeestyd dalk nie iets is om n uit te sien nie, sterkte vir julle ook en mag dinge spoedig weer na normaal terugkeer vir julle  :angel8:
As jy gaan kuirer, toer, vakansie hou of kamp? veilig reis!  Die wat moet vrugtekoek bak en groot kook vir die families, genieg dit.

'n Lekker, geseënde, voorspoedige, geseende, pretvolle en sommer net ' n spiekeries Desember maand vir almal!  :toothy4:
« Last Edit: December 02, 2018, 04:25:02 PM by Anton Louw »
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #1 on: December 02, 2018, 01:58:50 AM »
Heerlik om in te stap met soveel mooi wense. Duisend en tien dankies Anton. Ons het so pas teruggekeer na ons weeklange wegbreek langs die kus. Nou vir die groot regmaak vir ons kersweek by die natuurlike warmwaterbronne saam met geliefde familie en vriende. Mag julle ook veilig ry en alles geniet kampmater. Emmers vol seenwense.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #2 on: December 02, 2018, 06:25:46 AM »
Ek sal maar op die draaibank kwyl terwyl julle kamp. My vrou werk die hele Desember, soos gewoonlik, en ek het nie geld om 'n stokkielekker te koop nie. So my kampplek is onder die lekker warm sinkdak van my werkswinkel waar ek hopelik 'n paar kersgeskenke vir my mense aanmekaar kan timmer.
Julle maak my net jaloers. Sies vir julle.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #3 on: December 02, 2018, 07:21:35 AM »
In die gees gaan Outop en ek daar wees saam met jou onder die sinkdak liefste mater van ons. Sal wat wou gee om te sien hoe jy woel met die hande in die skeppingsproses van daardie hartsgeskenke  :hello2: :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #4 on: December 02, 2018, 07:27:19 AM »
Ek het al moed opgegee om hier prentjiesvte plak maar sal op gefreetboek wys wat ek gemaak het. natuurlik eers na kersfees.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #5 on: December 02, 2018, 07:28:44 AM »
Ons plekke geboek in voorste gestoeltes  :notworthy: :headbang:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #6 on: December 02, 2018, 07:32:26 AM »
Dalk kan jy die fotos vir my met messenger stuur Naas, dan kan ek op die lang manier probeer vassit. Dit vat my ewigheid maar op die ou end kry mens darem ietsie geplaas om te kan wys.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #7 on: December 02, 2018, 07:41:39 AM »
Ek kan om die dood nie verstaan hoekom die forum se prentjies nie n maklike manier het vir plasing nie. Op Woes was dit net twee klikke oppie muis en siedaar. selfs die kampforum se prentjies plak maklik. Maar, nee, hier waar dit saakmaak moet ons mos ompaaie loop soek.
Ek drink sommer my badwater...




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #8 on: December 02, 2018, 07:46:44 AM »
Ek gebruik photobucket maar die rompslomp laat my soms gryp na soet koffie  :crybaby2: vir my al genade om iets geplaas te kry. Ek kan Anton se fotos sien en geniet maar die res sien ek pornografiese kale woorde - nikse prentjies.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #9 on: December 02, 2018, 07:57:52 AM »
Van koffie gepraat... Dis al laat oggend hier by ons en ek besef nou my keel is droog en ek moet nog my handvol pille sluk.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #10 on: December 02, 2018, 09:53:14 AM »
Sluk mater, sluk. Hier is dit vrek warm so ek gaan ietsie koels skink diekant van die aardbol.  Ons hou die nuus dop om te sien waar die brande trek. Verlede jaar het almal wat in ons omgewing geraak was hier in die cowboydorpie kom skuiling soek. Spesiale plek was ingerig vir die ouens wat moes ontruim. Stuur maar sebliefie so skietgebedjie op dat die rook ons nie oorval nie.  :notworthy:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #11 on: December 02, 2018, 05:35:52 PM »
OE Ta Raaitjie, dis vreeslik. Ons was net so benoud dat die groot brande by George in die kloof op sou waai. Ek dink aan Ta Raaitjie en Oom Outop.



 :mumum:
« Last Edit: December 02, 2018, 08:15:46 PM by Naas »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Desember!
« Reply #12 on: December 03, 2018, 12:28:10 AM »
Dankie dierbaarste ou Assie  :love7: Ons nog veilig en die brande hele ent weg van ons af. Ek het my as afgeskrik toe Outop 'n waarskuwing lees dat die Millmerran pad (ons dorpie) geraak gaan word, maar dit van dorpie meer na Outbacks se koers hierheen wat geraak is. Meisiekind se sy het dadelik gegoogleloer om seker te maak presies vanwaar dit brand voor sy gil en begin pak  :icon_bigsmurf:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Desember!
« Reply #13 on: December 03, 2018, 08:20:22 PM »
Desember! liewe Anton, dankie vir jou insig. jy het sommeersommerso ingeval by ons groepie en laat my dink aan Woesforum se dae. Heng, ons het darem daar gekuier. Iewers in die kuberruim moet daardie dae vasge'stêr' wees. Niks wat eenmaal die ruimte ingestuur is, raak mos helemal weg nie.

Ek werk ook die hele Desembermaand. My werksmandjie en werkslading raak voller en hoër, wanneer ander mense wil vakansie hou. Dit het nog nooit so swaar op my gerus as hierdie jaar nie. Dis asof ek smag na aftyd in hierdie dae om saam met my geliefdes deur te bring. Maar ek het 'n werk en elke keer as ek wil wegloop, vertel God aan my dat Hy nog iets hier het wat ek moet doen, al besef ek dit nie eers nie.

Wat 'n voorreg het jy nie, liewe Naas, om handgemaakte geskenke vir jou geliefdes te kan gee nie. Hoe bevoorreg is hulle nie om jou te hê nie, wow.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #14 on: December 04, 2018, 02:46:35 PM »
Dit is 'n voorreg om handgemaakte geskenkies te kry.  Ek het 'n juwelekissie wat my pappie vir my mammie gemaak het, jarre der jarre gelede.  Ek pas dit soos goud op.  My jongste broertjie het 'n tafeltjie gemaak toe hy op skool was, in die houtwerkklas, ek het die voorreg om dit te hê en ek pas dit baie mooi op.  In ons huis het ons 'n skildery wat Naas gemaak het.  DIT IS MYNE!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #15 on: December 24, 2018, 06:29:17 PM »
Oom Naas skilder hopeloos te min. Dis more kersfees. Hulle moet maar verskoon maar die tyd van die jaar maak moles mos nes in Ta se kop en dan is dit asof moeilikheid geil in die aar staan op die plaas. Oupa moet net erg keer dat dinge nie wes draai nie.
Ek hoor hoeka dat die kersopvoering in die Parlement gekanselleer is. Hulle kon nie n maagd of drie wyse manne daar opspoor nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #16 on: December 26, 2018, 01:55:38 PM »
Daar het ons dit nou!  Kersdag is verby, sonder die opvoering.  More is dit nuwejaar en oormore is dit Februarie.   :icon_biggrin:
Ons maak nou reg vir 2019.  Ek hoop van harte dat dit 'n wonderlike geseende jaar vir almal sal wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Desember!
« Reply #17 on: December 26, 2018, 05:34:16 PM »
As 2019 so geseënd soos kersfees 2018 gaan wees gaan ek nou in 'n gat kruip en 'n klip oorrol. Kom ons sê maar ek probeer die kersfees met mening vergeet.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Desember!
« Reply #18 on: December 28, 2018, 10:29:42 AM »
Dit klink na 'n storie wat vertel moet word.  Herhaling is nie net goed vir die geheue nie, dit is ook goed vir die genesing.  Ek is net bly jy het dit oorleef Liewe Naas. 
Om te weet is om te verstaan.