Author Topic: As jou moed soek raak  (Read 1568 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
As jou moed soek raak
« on: November 26, 2018, 06:14:23 PM »
Laat jy jou lei deur die Heilige Gees? Is Hy in jou binneste?

In Rom 1:9-10 skryf Paulus aan die gelowiges in Rome … “Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie.” ... maar noem dan dat hy ook nog ‘n verpligting teenoor die Grieke het, “teenoor ontwikkeldes en ongeleerdes”.

Is jy tevrede daar waar jy bly, en werk? In ‘n groot plek moet alles in ‘n span gedoen word, en wanneer ander afdelings nie hul deel wil nakom nie, bou ‘n muur voor jou op. In die begin kan jy nog oorklim, of gate inkap, maar mettertyd word daardie muur so ondeurdringbaar en onoorkombaar, dat jy omdraai en met jou rug daarteen afsak … plat in die modderslyk wat daar vorm, gaan sit. Dan begin jy spartel om daaruit te kom, voor jy verswelg word en daarin versmoor. En jou werk is ‘n gemors waarop jy glad nie meer trots kan wees nie. Jy moet gedurig verskonings uitdink om verduidelikings te regverdig.

Vra jy dan, soos Paulus, aan God of jy nie iewers kan heengaan nie; vreet frustrasie jou op teen die tyd wat jy tuis kom? Of verstaan jy, soos Paulus, dat jy nog ‘n verpligting het teenoor jou kollegas en vriende en kennisse, kortom, teenoor jou ‘naaste’ daar om jou. Teenoor geleerdes en ongeletterdes, ook in die geloof.

Ons Vader het alles in plek. Sy planne en besluite oor hierdie wêreld staan vas en seker. Dit verander nie, maar in sy groot ratwerk is ‘n klein plekkie waar jy inpas. Daar moet jy na die beste van vermoë wat Hy jou gee, jou deel doen want Hy het jou daar nodig. Hy kan maklik iemand anders daar gebruik, maar Hy het op jou besluit.

En daar waar Hy ons plaas, daar is die grootste taak nie die geld wat jy inbring, of die komplimente of bevordering wat jy kry nie. Nee, dis om elke uur met jou lewe, in daad en jou woorde, sy Evangelie te verkondig op elke plek waar jy is. Daar moet jy Hom loof en prys, sy Naam grootmaak soos die engele om sy Troon doen. As jy Hom met jou hele hart lief het, sal Hy jou krag gee om aan te hou. Dan kan jy vra, maar ook uithou tot Hy Ja! antwoord.

Maar wat as jy, in hierdie wete en met jou mosterdsaadjie geloof in jou hart, nog ingee?

Here, seën ons asseblief met genoeg genade om uit te hou en nog steeds ‘n glimlag aan elkeen naaste aan ons te gee. Om soos ‘n kind te vertrou en U te volg.
Amen amen Here.

©adéle theron
adéle  :grommit: