Author Topic: 'n Lekker kuiertjie saam met PM  (Read 3201 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
'n Lekker kuiertjie saam met PM
« on: November 21, 2018, 05:18:38 PM »
Ek was so bevoorreg om vanmiddag vir Petra en haar man te ontmoet en 'n lekker beker koffie saam te geniet!   Dankie Petra dit was nou lekker en ons het nie genoeg tyd gehad om al die gesels in te werk nie - ons sal maar weer plan moet maak!



Ek laaik die Antie kwaai!  :toothy4:
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #1 on: November 21, 2018, 06:18:19 PM »
Die voorreg was ons s'n Anton.   :hello2:


Julle ouens, wat mis julle tog nie.  Maak 'n plan en laat weet vir Anton waar julle is op privaat-e-pos sodat julle saam kan koffie drink. 
Dankie Anton, dit is soos jy seg, ons het net nie genoeg tyd gehad nie.  Maak asseblief gou weer so.   :bootyshake:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #2 on: November 21, 2018, 11:43:20 PM »
 :love7: :hello2: :notworthy: Wat 'n wonderlike voorreg dat julle hierdie kosbare oomblik met ons ook deel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #3 on: November 22, 2018, 03:09:46 PM »
Kyk daai neus!  My pa het altyd geseg:  You never get a fool behind a big nose!  (Lag)
Ons kon nie ophou gesels nie.  Ek wag vir nog 'n kuier! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #4 on: November 22, 2018, 05:39:31 PM »
Hahaha  -   ek het ook 'n lekker neus, so 'n vet dutchman een!   :toothy4:
Kamp is koning!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #5 on: November 23, 2018, 08:06:43 PM »
 :toothy4:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: oo neeee, Anton, jy doen dit verkeerd... julle gesinnetjie moet oornag "inboek" by die Smitte en dan regmaak vir 'n deurnagkuier, gebraaide mielies 12 uur middernag, en braaivleis daarna. Teen 4 uur die oggend kan julle dallllkies verwag dat Petra jul bed toe sal jaag ....  :love7:  verlang darem na kuier, julle.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #6 on: December 12, 2018, 01:16:03 PM »
Nee, teen vieruur maak ons eers koffie.   :hello2: 


Jy sal maar moet kom kuier my lief vriendin.  Ek het nou eers weer my kop in 'n bynes gedruk.  Julle weet mos ek doen eers dan dink ek.  As ek alles uitgesorteer kan kry dan vlieg ons die 4de Februarie NZ toe. 
Jannas het laat weet dat daar "goedkoop" vliegkaartjies beskikbaar is, maar ons moet voor 12 uur die nag bespreek.  Met 'n paar wyne agter die blad (baie braaf)  en 'n moederhart wat breek van verlange gryp ons toe die aanbod aan. 
"Ag liewe heksie, wat het jy nou weer aangevang!"
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #7 on: December 12, 2018, 01:17:54 PM »
Mooi, anders het jy noooit sover gekom mie. Gaan geniet!
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #8 on: December 12, 2018, 01:21:43 PM »
Dit is daardie "drie dae en nagte" op die vliegtuig wat my nie aanstaan nie.  Dit neem so 40 ure vandat jy van jou huis af vertrek totdat jy jou bestemming bereik.  Manne, dit is uitputtend.  So ver reis is nie vir sussies nie. 
Ek is ernstig.  Kry 'n viend om saam te kom en kom kuier vir ons. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #9 on: December 12, 2018, 10:54:07 PM »
Eish! Ek stem, daardie laaaaaaaaaaang vlug soontoe en terug is ERG maar die mooiste eiland maak op vir dit ne en natuurlik  heel dit so stukkie van die filange (oortreffende trap van verlang) na hartspunte. Oeeeee ons ken van!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Lekker kuiertjie saam met PM
« Reply #10 on: December 13, 2018, 11:59:38 AM »
Ons het nou my pragtige vriendin (soos 'n suster vir my) en haar man, ons dogter, haar man en twee seuns, en ons jongste seun met sy vroulief en twee dogtertjies daar. Ons skoondoggie se twee broers met hulle gesinne is ook daar.  Ons skoonsus is op-pad om permanent daar te gaan bly.  Ons is te arm, sal dit nooit maak op ons ouderdom waar jy nie meer werk kan kry nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.