Author Topic: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.  (Read 21971 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« on: November 17, 2018, 04:54:47 AM »
Enige verandering wat jou lewensgehalte beinvloed, is 'n uitdaging. Die enigste manier om dit te verbeter is met behandeling. Die hoofdoel van behandeling in die geval van 'n kroniese progressiewe toestand, is hoofsaaklik om jou lewensverwagting te verleng.

Ongelukkig is die kans dat hierdie behandeling newe effekte gaan inhou groot, soos met enige medikasie. Hierdie newe effekte is 'n uitdaging opsigself en die aanpassing kan weke tot maande duur.  In sommige gevalle selfs jare. Dit het my vier jaar geneem voordat ek vrede gemaak het met die gebruik van suurstof in die openbaar.

Die kere wat ek probeer byhou het sonder geleende asems was die nagevolge genoeg om my verleentheid in die sak te steek en dankbaar te wees vir hulpmiddels.

Behalwe die aanpassing van behandelinge en newe effekte is daar ook persoonlike, emosionele aanpassings.

Sonder om ondankbaar te klink is suurstofpypies nie die mees romantiese gesig nie  :icon_biggrin: Selfbewus het hierdie ou tannie meer aandag aan haar nagklere en persoonlike versorging begin gee saans sodat ek 'gesonder' voel en lyk as ons bed toe gaan. Vir my is dit belangrik. Dit mag dalk die laaste ding wees op jou lysie van aanpassings. Ek erken eerlik, dit is nie altyd maklik om na 'n lag dag van baklei teen die asemdief, nog sprankelend te lyk of voel nie. Asemnood, pyn en ongemak laat 'n merk al probeer jy hoe hard om braaf wees.

Wees kreatief as jou kragte kwyn....  :icon_biggrin:



Nie een van ons het hierdie toestand gekies nie en om aan te pas is al genade. Dit is geen skande om te erken dat jy hulp nodig het nie. Sommige prosedures kan angsvol wees...

 

Die hulp van ondersteuningsgroepe is vir sommige pasiente goud werd. As jy voorbereid en ingelig wil wees om te weet wanneer jou toestand drasties verswak, watter simptome aanduidings is dat dit wel gebeur, kan ander wat reeds in die omstandighede vasgevang is, van groot hulp wees en jy kan betyds jou dokter/spesialiste inlig dat jou simptome verander/vererger.

As jy twyfel, moet nie huiwer nie. Maak 'n afspraak.

Vir my persoonlik is hierdie kontak met mense wat in dieselfde oorlog veg, 'n bron van inligting en versekering dat ek nie alleen is met simptome wat jou soms onderkry nie. Die humor en omgee is 'n ware kruk vir my.

Maar - as jy eerder net kans sien op die oomblik om van dag tot dag te leef sonder om gedurig bewus gemaak te word op wat vorentoe DALK kan wag, kan hierdie groepe se openhartigheid oor wat hulle as pasiente ervaar, vir jou onstellend en te veel wees. Ons verskil elkeen. Vind 'n weg sodat die aanpassing vir jou die maklikste en hanteerbaarste is.



Brittany Foster het weereens 'n pragtige artikel saamgestel waarin sy verduidelik hoe uitputtend die aanpassing by nuwe medikasie en ingrypende behandelinge kan wees vir kroniese toestande soos o.a ook PH. Sy meld in haar laaste paragraaf: "I don’t have control over any of this. But I do have control over choosing to say “yes” to treatments, medications, and medical devices to live as well as I can."

Indien jy Brittany se bydrae wil lees oor haar aanpassing:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/11/16/pulmonary-hypertension-choosing-say-yes-treatments-not-easy-oxygen-therapy-noninvasive-ventilation-sleep-apnea/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal




























« Last Edit: November 17, 2018, 07:46:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #1 on: November 17, 2018, 05:36:42 AM »
Hallo Meraai en dankie vie die skrywe.  Dit het my diep geraak en ek glo dit is in 'n mate eintlik van toepassing op ons almal!
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #2 on: November 17, 2018, 05:39:08 AM »
Die voorreg om te deel as bewusmaking my voorreg Anton. Duisend dankies vir jou inloer.  :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: November 22, 2018, 01:23:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #3 on: November 17, 2018, 06:16:57 AM »
MitraClip

'n Klein toestel toon belowende resultate om oorlewing in pasiënte met hartversaking met lekkende hartkleppe te verbeter.

Ongeveer 480 000 Australiese volwassenes het hartversaking, wat dikwels veroorsaak word deur koronêre hartsiektes, vorige hartaanvalle, hoë bloeddruk en kardiomyopatie.

"Hartversaking is 'n toenemende probleem soos ons bevolking verouder," het prof. David Muller, St Vincent's Hospital, gesê.

Mense met hartversaking kan 'n lekkende klep ontwikkel. Dit kom voor wanneer die linkerkamer van hul hart vergroot word en verhoed dat die dun kleppe van die mitrale klep behoorlik sluit.

Die klein toestel wat die MitraClip genoem word, word binne die kloppende hart geplaas om die terugvloei van bloed te stop.

BRON:
https://www.9news.com.au/2018/11/16/18/58/heart-failure-breakthrough-tiny-device-could-improve-patient-survival-rates?ocid=Social-9News&fbclid=IwAR0MBYGLi_xZdau85Bat-xtM3tXDKDuXmh8lSKXa9S6El1_vNC_RE8SH-Lg
« Last Edit: November 17, 2018, 06:59:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #4 on: November 20, 2018, 10:59:07 AM »
Lief PM, sit ek nou en wonder of jy toe al die kardioloog gesien het? Hoe gaan dit met jou? Onthou asseblief dat ons hier is en omgee.   :love1: :love10:  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #5 on: November 22, 2018, 01:22:36 AM »


Soms staan 'n mens met jou rug teen die muur as simptome en omstandighede jou asemteug vir asemteug en met elke hartklop wil knak maar onthou, in hierdie posisie is jou ruggraat gedwonge-reguit teen die muur en vertoon jy sommer sterker in postuur, so knyp ek dan maar weer die humorkrukke onder my arms vas -  doet voort in stadige aksie en skop gat as dit nodig is :icon_biggrin:

Grappies op 'n stokkie...  :hello:


*foto slegs geleen vir bewusmaking.

Of jy nou sistoliese of diastoliese hartversaking het, die simptome is feitlik dieselfde en daarom is die aanpassing vir almal 'n uitdaging.



Ek wil 'n bietjie verder uitwei oor diastoliese bloeddruk en die verband met hartversaking. Ons almal weet dat 120/80 mmHg die ideale bloeddruksyfers is. Vir baie jare het dokters net aandag gegee aan die sistoliese bloeddruk wat gemeet word tydens die hart se pompaksie en is die drukking wanneer die hart ontspan en bloed ontvang tydens die diastoliese fase, verontagsaam.

Dit was 'n groot fout. Die meeste van ons are voed jou organe tydens die sistoliese fase maar jou kroonslagare is anders - hulle omring die aortaklep en daarom ontvang hulle net bloed en suurstof wanneer die klep sluit - en dit gebeur in die diastoliese fase.

'n Diastoliese drukking van 60 tot 90 mmHg vir ouer persone is aanvaarbaar. Maar wanneer is laag TE laag?

Onder 60 mmHg kan jy ongemaklik begin voel. Duiselig word wat vir ouer persone altyd die wesenlike gevaar van val en ledemate/heup beserings, breke inhou. Te lae kroniese diastoliese druk vermoei die hart en kan lei tot hartversaking. Daarom moet 'n mens beide syfers in ag neem!

Dan is daar natuurlik die agteros genaamd 'polsdruk' wat baie min dokters en spesialiste se aandag geniet. Hierdie belangrike aanduiding van verstopte are en hartsiektes word gruwelik verwaarloos. 'n Eenvoudig aftreksom kan die lig van groen na rooi verander in jou bloeddruklesing. Jou polsdruk is die verskil tussen jou sistoliese en diastoliese bloeddruk. 'n Verskil van 40 mmHg is normaal en is nog aanvaarbaar maar meer as dit verg mediese aandag.

Ek het 'n foto van my eie bloeddruklesing gebruik as voorstelling.



BRON: https://www.uab.edu/mix/stories/diastolic-blood-pressure-how-low-is-too-low 



« Last Edit: November 22, 2018, 02:17:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #6 on: December 06, 2018, 09:07:39 PM »
Ons liefste forummoeder het 'n treffende uitdrukking gebruik om die moegheid wat 'n hartversakingspasient ervaar, te beskryf:
'Slegter as sleg'.

Hoe waar is dit nie  :crybaby2:

Ek lees oor die skouers van baie ander pasiente wat almal getuig dat hierdie simptoom hulle kniege ook knak. Gewone takies voel soos 'n berg wat jy kaalvoet moet uitklim, selfs om te stort is sommige aande 'n uitmergelende taak en verkies ek om op slegte dae liewers te stort/bad deur die loop van die dag, terwyl energie nog hou.

« Last Edit: December 12, 2018, 11:19:38 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #7 on: December 11, 2018, 11:31:21 AM »
Soms moet 'n mens met jouself spot. Ek kan nie onthou hoeveel keer in die verlede ek al op my tande moes byt as iemand 'n aanmerking maak oor my 'rondheid'. Wens ek kon 'n afdruk van hierdie ene by my dra, op so aanmerking dan net swyg en wys met 'n smile  :icon_biggrin:


Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #8 on: January 08, 2019, 01:59:25 AM »
Die ongemak as jou liggaam vog terughou is 'n nagmerrie wat jou bloots ry dag en nag 😭 Wat gebeur as jou liggaam immuun raak teen die medikasie wat voorgeskryf is om te help met vogretensie? Ek het vandag 'n artikel ontdek waarin 'n nuwe terapie bespreek word.

Aquadex FlexFlo System - Aquapheresis Therapy designed to remove excess salt and water from the body safely, predictably, and effectively from patients suffering from fluid overload who have failed diuretics. It removes excess salt and water and helps to restore a patient’s fluid balance (or euvolemia)

Hier is 'n skakel na die berig:
https://www.dailymail.co.uk/health/article-2177918/Draining-gallons-fluid-body-left-new-woman.html

Vir meer inligting:
https://www.chf-solutions.com/aquadex-flexflow-system/
« Last Edit: January 08, 2019, 02:01:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #9 on: January 14, 2019, 04:32:55 AM »
So bietjie T-hemp-humor as jou kragte faal vandag en dreig om jou dag vaal te maak  :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #10 on: January 15, 2019, 06:38:48 PM »
Geniet ek toe nou hierdie t-hemphumor.  Ek weeg nou 100 kilogram, gelukkig is die meeste water.  Ha-ha!!!!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #11 on: January 15, 2019, 06:42:45 PM »
Toe lees ek nog en nog en ek weet wat dit beteken om te rus nadat jy gaan stort het.  Mense, moeg is moeg.  Ek weet wat dit is om moeg te wees, dit is baie moeg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #12 on: January 15, 2019, 11:28:16 PM »
'n Pad wat jy moet stap om te verstaan inderdaad lief PM  :crybaby2: Die aanpassings is feitlik daagliks. Vogretensie is een woord maar elke ou wat paaie gekruis het met hartprobleme kan hoofstuk vir hoofstuk aanhaal uit eie geledere.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #13 on: January 16, 2019, 11:23:38 AM »
Eish!  Praat jy!  Dit is een groot gemors om so moeg te wees.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die aanpassing na diagnose van hartversaking.
« Reply #14 on: October 25, 2019, 06:02:57 AM »
Ek het die afgelope paar weke vandat die hittegolwe ons weer gereeld in sy kloue beet gekry het, nie kon hou by die voorgeskrewe 1 liter vogbeperking nie. Dit was net te warm en die suig van ysblokkies en gevriesde vruggies kon net nie my dors les nie. Dit was 'n nagmerrie. Hierdie moegheid kan 'n mens regtig nie eers probeer beskryf aan iemand wat nie self daar deur gaan of kennis gemaak het met 'hartversaking' nie.

Gewone huistakies is 'n berg wat jy kaalvoete aanpak en die tog breek jou spoed so dat jy later voel jou energie het vasgesteek in tru-rat.