Author Topic: Diagnose: Hartversaking.  (Read 17165 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #15 on: December 13, 2018, 10:19:08 AM »
Dit is soos jy seg Raaitjie, 'n mens stap 'n pad en daar tel jy waarhede op wat jy op jou lewe kan toepas.  'n Mens neem daaruit wat vir jou kosbaar is en jy stap maar net verder.  Van nature is ek 'n baie ongeduldige mens.  Ek wil dit  NOU  doen, of  NOU  weet, of was dit gister al?  Dit is vir my moeilik, hierdie wag en wag dag na dag.  Ongelukkig is daar nie 'n ander uitweg nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #16 on: December 13, 2018, 10:45:53 AM »
Verseker mater. Ek het een van my gereelde toetse herdoop na 'steek-en-wag-dag'  :icon_biggrin: Vandag gesteek - Dinsdag sien ek Dok vir uitslae en daarvolgens word die dosis aangepas wat jou innerlike tikker aan die gang moet hou in sy oorlog teen die volume en klonttyd van die lewensgewende suurstofgevulde bloed wat na die res van jou liggaam gepomp word in 'n kringloop wat jou lewenslengte en kwaliteit bepaal.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #17 on: December 13, 2018, 11:51:23 AM »
Wat ek nog nie kan kleinkry nie, is hoekom gee hy nie vir my 'n bloedverdunner nie?  Dalk nadat ek deur die "bloedbadepisode" is?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #18 on: December 13, 2018, 09:20:27 PM »
Dit was eintlik die eerste behandeling wat jy moes ontvang na my beskeie mening ook PM  :dontknow:
« Last Edit: December 14, 2018, 12:25:12 AM by Meraai vannie Baai »