Author Topic: Liefste Tannie ons bring rosies...  (Read 3616 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Bestuur

  • Guest
Liefste Tannie ons bring rosies...
« on: April 06, 2011, 09:15:55 PM »
MET 'N MANDJIE ROSE

Woorde: A.G. VISSER
Musiek: JOS. SCHUMACHER; verwerk: G.G. CILLIÉ

Liefste Tannie, ons bring rosies, rosies blink met môredou.
Liefste Tannie, ons bring rosies, rosies blink met môredou;
mooie kleurtjies, soete geurtjies, en dis alles net vir jou!
Rosies fluister: "Liefde, soentjies", in verbloemde blommetaal;
rosies fluister: "Liefde, soentjies", in verbloemde blommetaal.

Rosies wat ons uit ons tuintjie, liefde uit ons hartjies haal.
Rosies wat ons uit ons tuintjie, liefde uit ons hartjies haal.
Maar die soentjies ... in geen mandjie; nêrens in wil dit geluk.
Liefste Tannie, ons is raadop: soentjies moet jy self maar pluk!
Liefste Tannie, ons is raadop: soentjies moet jy self maar pluk!