Author Topic: botswana deel 5A  (Read 4530 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana deel 5A
« on: July 01, 2011, 02:31:51 PM »
DEEL 5

Volgende oggend (Donderdag ) (sjoe al reeds 1 week weg van die huis) het ons opgepak en verder gery om die aand in Savuti te slaap.

By die vliegveld het ons vir Genosi gewaar en besluit om hom te groet.3

Foto 122 A sit waric op ‘n olifant skedel.





Foto 122 F hier groet ons vir Genosi, 3 de van links. Warick sê die rooi hemp wat die man langs Genosi aanhet is een van die hemde wat hy geskenk het.



Foto 123 K



Ons het tussin ‘n klomp olifante beland en die een het so effens ore geswaai.

Foto 124 K en 125 A wys die 2 bakkies aan weerskante van die dam water wat in die pad gestaan het. Gelukkig is daar ‘n pad om die water wat ons gebruik het.





Foto 126 A watergat langs die pad.



Foto 127 brug oor Rivier Kwai net voor die noordhek. Ek het darm opgelet dat daar onderhoud aan die brug gedoen was want ek het nuwe bloudraad gesien wat die pale vahou.





Foto 129 F wys olifant bene wat ons vashou, ons het dadelik aan  Fred Flintstone gedink.



Foto 131 A Ek en Albertus by park ingang en olifant kopbeen.


Foto 132 K wys dis 112 km savuti toe en dit neem sowat 4 ure





Foto 133 K ons kry baie water poele in die pad en mense van waterwese sê ons moet ompad agter hulle aan ry. Nie lank nie of hulle draai af na hulle bestemming en daar kom toe safari voertuig aan. Ons ry agter hom aan en lank daarna kom ons weer in die grootpad.



Ons het heelwat diere op verskillende plekke gesien.

Foto 134 F



Foto 135 K



Die pad was sand en 3 de rat lae strek was maar die spoed teen sowat 30 na 40 km/uur omnie vas te sit nie. Gelukkig geen sinkplaat pad nie maar die pad maak sulke klein sanduine. Op ‘n kol kyk ek in die spieël en sien daar  trek die jerrykan deur die lug, was met rek vasgemaak en vol.Gelukkig nie oopgegaan of gebreek nie. Nou weet ons al lyk dit nie nodig nie maak maar met ‘n band vas.

Op Foto 136 F maak ons die kan weer vas, hopelik sal hy nou vas staan.



Foto 137 A. Pitstop Mababehek doen ons ‘n pitstop. Dit was vrek warm gewees en ek bederf ons elkeen met ‘n ½ liter waterbottel wat ysstukkies in het (ipv bier.)



Foto 137 K Mababehek





Nog verder noord gery en baie diere gesien:

Fotos:
138 K



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.