Woordskuur > Lewenswaarhede

Oudword is nie vir sissies nie

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
*Kom vul aan asseblief  :book1:

Raakgelees:
Rice Crispies gebeentes - alles crack, snackle of pop as jy soggens opstaan.

Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieë begin kraak.

Alles pyn, wat nie pyn nie, werk nie.

Jou geheue, oë, ore en knieë is nie meer wat dit was nie. Mense bewonder nou jou persoonlikheid, en nie jou lyf nie.

Die glinster in jou oog is die sonlig op jou dubbellens bril.

Jy raak uitasem van kaartspeel.

Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.

Angelica:
Die ouderdomrotte byt aan my hakskene.

Naas:
Om alles te kroon kan ek nie eers uitsien na aftrede nie. My finansiele adviseer het my net laas week geadviseer dat ek op hierdie stadium ten minste vier jaar, dertien maande en sewe honderd dae na my dood nog sal moet werk om al my skuld af te werk.

 :headbang: :icon_biggrin: :bootyshake:

PM:
My grootste probleem is dat my snor weelderiger groei as Hannes s'n. 

Naas:
Ek maak lankal reg vir die ouderdom ding. Het al 'n loopring, 'n rolstoel, 'n stel valstande en 'n tweedehandse pruikie by Elmarie se werk gekry. O ja en 'n paar dosyn oumensdoeke wat ek uitgewas en in die spindroer droog gemaak het. Ek soek nou nog net 'n paar blou pilletjies maar hulle is maar skaars.



 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek is bly ek weet nou van die doeke, ek sal jou help bymekaarmaak.   :icon_biggrin: 
Jammer ek kan nie help met die bloupilletjies nie.   :dontknow:
Die vergeet is net so erg.  Ek moet dink voor ek kan antwoord wat my naam is.   :crybaby2:

Meraai vannie Baai:
Julle!! Ek het nou baie onvroulik gebulder diekant van die aardbol. Daar is so hier en daar 'n oudwordskeet wat my kleinkinders laat proes het en hulle het hard probeer om nie te voor ons te lag nie. Dit het glo geskied toe hulle Moederlief ingelig het oor oupa en ouma wat nou regtig oud word lol.

Ons koop kruideniersware en soos gewoonlik drentel ek net agterna. Outop pak in wat hy voor lus het om gaar te maak. My persoonlike goedjies pak ek in en dit wat ek vergeet haal hy van die rak af en pak in. Kom ek verby pakkies met gesnyde biltong maar op die Ausie manier gemaak en dit is afgemerk.

Dadelik pak ek sommer twee pakkies in vir padkos oppad huistoe. Outop nog besig om die pakkies in die kattebak te laai, toe skeur ek al die eerste pakkie biltong oop. Dit lyk bekend maar die geur is effe vreemd.  Die lus oorval my en ek prop een in my kies. Dit proe eintlik na niks. Vat tweede enetjie en dink my myself hierdie Ausies kan leer biltong en wors maak by ons.

Die tweede happie proe wragtag nes saagsels. Ek bied vir Outop ook aan en hou hom dop. Hy rol dit so van kies tot kies soos ek herkou aan woorde.  Ek vra hom of hy nie ook dink die goed proe pure houtsaagsels nie (nie dat ek regtig al aan hout geproe het nie).

By die huis gekom besluit ons nee wat, die goed gaan asblik toe. Bedink my en se nee wag, ons gee dit vir Meisiekind se hondekind.

Kom die mannetjies en woefter kuier en ouma dog ek gaan die hondjie bederf. Sy verwag dit half as hulle hier is. Sy swiep een pakkie Ausie biltong dat kleinkind later benoud raak en wil bere.

Hy vat die pakkie en ek waarsku dadelik moenie probeer nie my darling. Dit is pure hout.  Hy vat die pakkie en begin lees....

Toe kyk hy met so jammer uitdrukking na my en oupa. "Ouma, you know this is dog food?"

Ek en Outop gryp altwee na die pakkie en sluk swaar....... Really??????? Dog food???

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version