Woordskuur > Praglyne

Tongknopers

(1/3) > >>

Naas:
Se so vinnig as moontlik...

Wat weet wilde woelige Willemien van warm waatlemoene en wurms wat Willem Wabeke nie weet nie?

Leef Neef Nieuhout nog in die ware wilde weste?

Tante Tattie trou tien teen een teen die tiende

Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?

Sewe seemonsters swem elke Sondag in die see.

Drie dronk dansende duiwels dreun deur donker drome.

Daar dryf drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam.

Nege nukkerige nagapies jaag nege jeukerige jakkalsies heelnag om die naboomboom.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek is bly dat hier niemand naby was toe ek hulle een vir een probeer het nie.  :angel4:

PM:
Die tongknopers was nog altyd groot pret.  Dankie Naas.   :love7:

Assie:
Wie weet waar Willem Wessels woon
Willem Wessels woon waar woeste weste winde waai
Wie weet waar woeste weste wind waai
Woeste weste winde waai wes.


 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Jare gelede by die ou forum het ons hierdie vervolmaak! Duisend dankie vir deel Naas. Jy is 'n ster.  :icon_biggrin: :`ip2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version